Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die K@kste ding van hierdie RR is dat dit een of ander tyd gaan ophou.....  dis soos 'n ou Frits Deelman boek... jy wil nooit die einde bereik nie.... Epic storie en amazing foties !!!
 
Dankie Weskus en kie, geniet dit moerse. Het al die voorreg gehad om in Angola te ry met manne wat dit ken, maar nie die gery waar julle was. One day......!
 
Manne, nou kuier ons so lekker saam met Josè en sy bike pelle by die pub, die eienaar van Brazil, sit ook aan en ons kuier lekker, hulle Franse vriend kuier lekker saam met ons en prt mooi Engels.. Die grootmense is tevrede..
IMG_0376.jpg

Hier is die fotos wat ek nou-net gesoek het... Bob kry maar weer die sleep-beurt, want Nico het vir Richter omgeruk..
IMG_0368.jpg

Kyk hoe asvaal is die bra..
IMG_0366.jpg

Ons geniet mekaar se geselskap..
IMG_3203.jpg

Nico het sy crocs op een of ander onverklaarbare wyse verloor, die Fransman dring daarop aan dat hulle ry om vir hom te gaan skoene soek...en Nico mag nie betaal nie, dis op hom, ons eet lekker en drink ruim bier, ek en Bob gaan kry groceries en Abri en Nico ry saam met die Fransman om steak te soek by die vleismark, ons kry mekaar weer daar en nooi vir Josè om 'n bier te kom drink, hy ry die 18km uit na Humpata met sy Varadero sonder sy helmet, en stoot plek-plek...Ek't lus om die ou te jaag maar die ou-manne koel my af, daai f@kken sprocket moet nog huis toe loop hoor ek..
 
Manne, die pub is hoogs'aanbeveel, nice mense..
IMG_0378.jpg

Ons gooi gou petrol in Lubango voor ons ry, môre beur ons suid grens toe so vêr ons kom..
IMG_0379.jpg

Josè neem saam met ons 'n foto, en hy vertel dat hy graag nou SA wil kom toer.. Ek gee hom 'n Buff present en Nico gee hom 'n Buffalo Rally 2011 hemp, hy's moerse impressed..
IMG_0381.jpg

Josè vertel ons hy het help landmyne sweep en ly nou die polisie-manne ook op, een-of ander gevegskuns, ek steek vir Richter op en hy storm hom, woep-wap en daar lê die bra op sy naat van sy rug, ek pis amper in my rok..
IMG_3225.jpg

Josè sien my bekfluitjie lê en vra of ek kan speel, voor ek kan ja sê sê al 3 die ander manne nee.. hy sê hy gaan sy guitar haal en dan kom hy met die kar terug..lekker man!!
Ons gooi gou ons steak(wat lyk of dit doodgery is) opppie kole, Staaldraad maak 'n mash na baie oortuiging en ek maak tamatie-en uiesmoor, koningskos saam met 'n wit Portugese Vinho Verde en Nico vat 'n Rooi outjie..
IMG_3228.jpg

Hulle kom later terug en bring die UK biker wat Afrika toe ook saam, Staaldraad volg sy stories..hy ry GS 1200, dink 18000km al gery..
IMG_3232.jpg

Die volgende oggend gaan wys Gary vir Abri die Dorsland trekkers se grafte daar op die plaas..
IMG_0637.jpg


 
Ek moet se hierdie RR is die hoogtepunt van 'n kak dag sover , en ek dink dit kan net afwaarts gaan van hieraf ! ''my dag bedoel ek ''  :thumleft:
 
Sorry, hier is die UK Biker..
IMG_3231.jpg

Hy lyk ook maar valerig vir my, ons hom saamgenooi, maar sy bors was op daai stadium ook redelik warm vir Angola en hy wou kortste pad grens toe, en dit MOET teerpad wees, sorry maat, ons gaan nie daai roete nie..
 
Weskus... jou en die ekspidisie span ballas soos coconuts... nee wag ball bearings so groot soos coconuts!!!  :thumleft:

AWESOME RR!!!!  :ricky:
 
Dankie Weskus en Kie...........die storie is soos "Haas Das" doerie dae op TV, 'n mens mis nie 'n episode nie!!!!

( Die jonger manne sal seker nie vir "Haas Das" ken nie, maar anyway...!!! :thumleft: )

Nee..beter....soos Dallas!!
 
weskus gooi nog fotos van daai pratley steel sprocket asseblief
 
Ons gooi die volgende oggend deur Lubango en beur suid, gooi petrol langs die pad, nou't ons so 140km teerpad en dan draai ons af na die track na Ruacana..as die sprocket nou breek tou Bob my, maar ek hoop hy hou want dit kan moeilikheid voorspel agetr daai jong..petrol cue.
IMG_0386.jpg

...die teerpad is maar gehawend plek-plek en dis makliker langs die pad, maar sanderig, eerder dit..
IMG_3251.jpg

Hierdie ou met die container het seker 'n pothole raakgery..
IMG_3248.jpg

Richter verlang nou sy vrou erg, hy's besig met jags-makkou dans..so tussen die potholes deur!
IMG_0397.jpg

Langs die pad kry ons hierdie polisie-depot, hulle check passpoorte..
IMG_0388.jpg

Ons mag nie eintlik fotos neem nie maar skiet maar so enetjie uit die heup uit..
IMG_3237.jpg

Net anderkant die grenspos is die plekkie, nou gaan ons lunch en bier vat...en ek maak sommer gou hierdie kollekteer-oproep want ek begin spaar vir wheel'hub, en ek verlang my meisie..
IMG_3244.jpg

IMG_3239.jpg

IMG_3238.jpg

Ons koop vis en Viennas maar Richter koop so voor die f@k gekookte hoender-eiers en prop 4 in sy kies, ek sweer die goed lê al 2 weke daar..
IMG_0391.jpg

Ons kry 'n pad wat selfs 'n KTM se suspensie minderwaardig laat voel, ek probeer bietjie vinniger...nee, die ooi sal my oorboord gooi, ..stadiger, ek't te min gegym, dis veeleisend, maar ek het bier vir die pad gekoop..
Dan kry ons weer sand en die cruiser hardloop die pad vol en ons moet verlê, ek en Bob slaan die teer voor Xangongo en wag vir Abri en Nico.
IMG_3253.jpg

Abri trek gou in maar toe Nico aankom sien jy die moegheid op sy gesig, ons soek kampplek en koue bier..
Na vreeslike onderhandel-skills kry ons 'n plek by 'n Hotel'erige ding..wat $100/persoon sou wees is darem toe later $100 vir almal, maar net 2 kamers. Abri en Nico het 2 enkelbedjies maar ek en Bob het dubbelbed en daai man hou vas my heelnag, ek is te bang om te roer.. Ek't belowe ek sal nie uitprt nie maar ek kan dit net nie meer vir myself hou nie!!
Ons tuiste..
IMG_3258.jpg

Daar is wasbakke en storte maar f@kkol water, hierdie word voor die deur ge'komstaanmaak, en hulle trekl dit daar voor ons onder die grond uit met emmers (uit 'n put wat met sinkplaat toegemaak is) Ons lag maar eerder net..
IMG_0644.jpg

IMG_3256.jpg

Gelukkig boek daar 'n Porra in langs ons en hy help bestel 'n stuk steak met 'n eier en chips... Ons skiet paar koues plat en pak daai vetterige besigheid weg. Die ouer manne se gestel kon dit nie lekker hanteer nie en die jonger manne moes maar noodgedwonge daaronder lei..'Môre sleep ons Ruacana toe' en dan Nam, ons sien uit daarna.. 'F@k hierdie h@ernes hoor ek daar onder in die gang'..





 
As julle mooi kyk links agter in die hoek op die 3de laasste foto is die put, Nico of Abri amper nog daarin geval toe een van hul in die donker daaroor gery het..
 
En op die 5de laaste foto is n kwart bottel Johnny red oor, die ousie vat seker mar iets deur die dag! Thanks De waal, lekker sover, wonder wat bly oor na die bakkie toe... :thumleft:
 
Dankie Weskus !! Ja, daai Lubango Jose-hulle is darem ma goeie mense. Sal goed wees as ons hulle bietjie hier kan uitvat.
 
Dodo said:
Wat doen daai wit skerwe op die foto van die Dorsland grafte ??

Ek raai dis "Ek was daar" klippers
 
Daai sprocket. sorry tandrat was nie met Pratley Steel reggemaak nie, maar oeskynlik met n Wynn's produk. Wynn's or lose.
Weereens, lekker RR, sal graag saam met julle wil toer een of ander tyd.
 
Top