Augrabies

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,391
Reaction score
979
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Dinsdag tot Vrydag Augrabies toe gery van Hermanus en terug, 4 dae, 2 170 km, 99 % teerpad
Eerste keer dat ek dit sien en wat 'n belewenis
Ongelooflik hoeveel water daar vloei, 1994 cumecs per sekonde - 1 994 000 liter per sekonde, amper te veel om in te neem en te verstaan
Dag 1
Hermanus, Worcester, Wolseley, Porterville, Citrusdal, Clanwilliam, Vanrhynsdorp, Garies, Kamieskroon, oorslaap op gasteplaas

Good to see you are still riding Martin, was just thinking the other day about your visit in Cape harbour.

Subscribe
 
Very nice pics. There's so much diversity in our country. Thanks for sharing.
 
  • Like
Reactions: TVB
Die doelwit was Augrabies se waterval
Dit was absoluut dit werd, die pad is lank en eentonig
Sou lekker gewees het om dit dalk oor 6 dae te doen en meer in te pas, maar tyd was 'n faktor
Ongelooflike lekker trip gewees
Dag 1 was temp gemiddeld 32 grade
Dag 2 - gedraai by 43 grade
Dag 3 - gemiddeld 34 grade
Dag 4 - gemiddeld 32 grade
So ons het seker nie uitgebraai nie
My eerste keer so vêr Noord, maar beslis nie laaste keer nie
 
Bly omte sien julle het tyd gemaak vir die Letterklip bokant Garies. Interessante plek. (y)
 
Lekker saamgery, baie dankie.

Dis duidelik dat hierdie roete baie, baie goed beplan was - wel gedaan! Ek sou nooit kon dink dat alles wat op die mooi fotos is, op die roete en in so kort tyd besigtig kon word nie. (y)
 
Hoe vinnig moes jy ry om al die mooi foto's te kon neem, en steeds daardie afstande te haal? Sjoe, pragtig! Ook 'n plek wat ek baie graag wil besoek.

Ek wonder of my nuwe Puff City Pêlle kan help.
 
Hoe vinnig moes jy ry om al die mooi foto's te kon neem, en steeds daardie afstande te haal? Sjoe, pragtig! Ook 'n plek wat ek baie graag wil besoek.

Ek wonder of my nuwe Puff City Pêlle kan help.
Ons het so 100 tot 120 km/h gehadhaaf, nie nodig om te jaag nie, stop en mik en druk en daar gaat ons weer
 
Baie nice. was al 'n keer of wat by Augrabies, maar nog elke keer met 'n vooertuig. Die volgende besoek moet met die 2 wiel ysterperd wees.
 
Dinsdag tot Vrydag Augrabies toe gery van Hermanus en terug, 4 dae, 2 170 km, 99 % teerpad
Eerste keer dat ek dit sien en wat 'n belewenis
Ongelooflik hoeveel water daar vloei, 1994 cumecs per sekonde - 1 994 000 liter per sekonde, amper te veel om in te neem en te verstaan
Dag 1
Hermanus, Worcester, Wolseley, Porterville, Citrusdal, Clanwilliam, Vanrhynsdorp, Garies, Kamieskroon, oorslaap op gasteplaas

Awesome pics as usual!
 
Dankie vir die mooi foto’s!
Lekker wêreld daardie en al het ek al paar keer daar rond gery, het ek plekke gesien wat ek nou wil gaan kyk!
 
Dankie vir die mooi foto’s!
Lekker wêreld daardie en al het ek al paar keer daar rond gery, het ek plekke gesien wat ek nou wil gaan kyk!
Absoluut.
Ek het die afgelope naweek my vrou van hierdie trip vertel en kan steeds nie glo wat alles te sien is nie! Ek sal dringend op 'n trippie moet gaan, maar sal bietjie moet werk aan my vooraf roete navorsing.
Ek is geneig om op te klim en so vinnig as moontlik van punt A na punt B te ry en in die proses mis ek alles. Ek weet nie hoekom is mens geneig om altyd haastig of gejaagd te wees?
 
As ek nie vir werk ry nie, verdwaal ek baie maklik! Ek draai enige interessante plek af en gaan kyk. Lewe is gejaag genoeg.
 
Top