Langpad Huistoe 2 - Pics added

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Frannarossi

Race Dog
Joined
Jan 23, 2008
Messages
3,705
Reaction score
22
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS Adventure
4764 Km
10 Dae
1150 GSA (Francois), 950 S KTM (Nico), 660 Super Ténéré (André), 650 KLR (Francois van Stilbaai).
Ek skryf weer in afrikaans anders vat dit my hopeloos te lank om als te vertaal!
Die hele idee het oujaarsaand begin toe die klok 12 slaan.Met die voorspoed wat ons mekaar almal toewens vra ek toe vir my pa “wat gaan ons die jaar doen wat anders is?”, toe antwoord hy “kom ons doen weer ‘n trip Suidwes toe”.Nou ja,die moeilikste ding na dit was om my vrou mee te deel dat ek weer Nam toe gaan en dit na ek haar na die vorige keer belowe het volgende keer wat ek daai kant toe gaan gaan die hele gesin saam!
Ek het 2 vriende gebel wat ek weet sou wou saamgaan (wat nog nie daar was nie) en so het die beplanning begin.

Dag 1 : 665 km Teer
Op 29 April so kwart oor 6 die oggend vat ons toe die ad uit Stilbaai.Lekker in die reën tot in Worcester!Glad nie my idee van hoe om ‘n trip te begin nie maar nou ja (uitstel was ‘n elkeval buite die kwessie!Na ‘n onbyt by die Ultra City is ons verder in die ysige koue nat weer en voor Porterville na ons deur ‘n moerse wind is het die sonnetjie begin skyn.Vandaar was dit net ‘n kwessie van kry die teer agter die rug.Ons was so net na 4 in Garies en het die karavaanpark ingery (na ek bespreek het vir die nag).Wat ‘n gemors!Met niemand by die hek in sig nie besluit ons toe om te gaan kyk hoe die ablusie lyk aangesien die die bietjie gras wat daar is ‘n halfmeter hoog staan.Na ons toe sien die water wat al ‘n sloot deur die grondpaadjie geloop het kom uit die toilette (knippe wat nie teruggedruk is nie) besluit ons toe dat niemand lus is om snaakse siektes op die 1ste dag van ons trip op te tel nie en gaan boek toe in by Garies Gastehuis.Flippen nice plek met al die nodige in en ‘n nice buite braai by die agterdeur.Na ons gekuier het vir die dood (dis mos maar aand 1 se ding altyd) het ons so half 1 in die bed geklim en mekaar uitmekaar probeer snork!
Parkering by die braai by die gastehuis
Photo0135640x480.jpg


Dag 2 : 436 km (336 Teer / 110 Grond)
Die lekker ding van so trip is dat jy kan drink soveel jy wil,jy staan amper nooit met ‘n babbelas op nie want die excitement van wat voorle elke dag sorg dat daar nie tyd is vir sleg voel nie.Ons is so net na 7 weg uit Garies en het by die Wimpy in Springbok gestop vir ‘n Mega ontbyt.
Net buite Kamieskroon
DSCN0044.jpg

Daarna was die die res van die teer tot by die grens.Die grenspos aan ons kant was vir ‘n verskil ‘n walk in the park.Almal was baie vriendelik en behulpsaam en ons 4 was seker net ‘n kwartuur daar toe ry ons.
Op die brug oor die Oranjerivier
Oranjerivier.jpg

Aan die anderkant was ook geen probleem en ons was seker binne ‘n halfuur aan die ry weer.Petrol gegooi by die BP en die Ténéré se lugfilter oopgemaak om te kyk wat aangaan want hy het begin swaar raak op petrol.Als was fine en ons het dit toegeskryf aan die feit dat hy bietjie hard geloop het (die KLR bv het maar baie gesukkel om by te bly).Die pad tot na Ausenkehr is nou geteer en die res van die pad langs die Oranje na Rosh Pinah se kant is maar taamlik uitgery maar niemand het te veel gekla nie want dit was ‘n fees om ‘n slag van die teer af te kom.Ons het petrol gegooi op Rosh Pinah en vleis en ys gekoop (ons het die een pannier van die BMW en een van KLR uitgeline met blink bubble papier (daai tipe wat bo in die store se dakke gebruik word vir ‘n coolbox vir ys).Weereens was dit teer uit Rosh Pinah na Aus se kant toe ( gelukkig net b50 km) tot by ‘n vriend van my pa se plaas.Ongeveer 1 km van die plaashuis (die huis is so 3 km van die teerpad) toe sit my pa die Ténéré neer op ‘n sanderige draai.Skakde was darem nie te erg nie (’n kraak of 3 op die fearing was die ergste).Ons het  afgepak en die Stormers se game op die radio probeer luister terwyl ons vuur gemaak het waarop ‘n bees gespit kon word maar moes maar tevrede wees met sms’e van die huis elke kwartuur oor die jongste telling.
Plaas by Witputz
Hennieseplaas.jpg

Ys vir die aand se kuier
DSCN0091.jpg

Groepfoto by die vuur op die Stormers!
Vuurmaakopiplaas.jpg
 
Top