Dorsland trek Tankwa toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis Vrydag en Nieuwoudtville raak al vroeg woelig. Ek wil ry voor die wyn té hard met die manne beginne praat.

Soos met baie dinge in die lewe moet mens nie dié wêreld té vlak kyk nie. As jy bietjie mooi oplet dan sien jy sommer maklik die mooi raak.

63b324c28dd4222af1b420bd58d64cd3.jpg


b8a5c30e96d652342294af74e568adb8.jpg


En waarvan kan 'n boer se hart voller raak as wanneer daai koringare so volop staan en die stroper hulle in 'n dik geel stroom inoes.

19dd47db871c89a2fa64d2db12309da9.jpg



Die wêreld raak weer wyer en meer oop hoe verder suidwes ek ry. Die son trek dooierus op my en ek suig kort-kort aan my Camelbak se speen.

7e027ae46aff1d1f5dd327cb77ce217b.jpg



Na sulke uitgestrekte vlaktes, sien ek uit na die Botterkloofpas. Skielik is die vlaktes weg en val die pas hier vlak voor my weg tot daar doer onder.

b6d1c9ceff08fb2b994f83888b4caa53.jpg



6ff48cecbf4bc7502058fe90201a6acc.jpg



6096b434921257c6a80c619e52946e79.jpg



Dis 'n ongenaakbare stuk wêreld dié wat vir 'n ou kan slae gee as jy windgat is. Dit beginne effe ongemaklik warm raak en is ek nou terdeë daarvan bewus dat as ek nou teëspoed optel, gaan daai Camelbak se voggies my nie lank hou nie. Ek ry maar so 80 km/u en probeer my oë op die pad hou.

f12c6eb09c6bce61f86987efb240ed7b.jpg
 
Hierdie is mooi, jy vat ons in en laat ry ons saam

Baie dankie
 
Ek druk deur want voorentoe is lafenis. Ek is darem nie op Moedverloor se vlakte nie.

201c23b72517046bca5a34b803a0d4d8.jpg



Dié boer ook nie omdat hy werklik woeker in die dorre wêreld. Dis lusern en koring, skaap en pekanneute. Spilpunte wat die water lewensaar op sy gewasse lewer.

e5c074c3a1bacdcea368dbf8030d6a7b.jpg


05b43b520f4219c5ce3f299a79729258.jpg




En toe is die ergste koue gebreek  :eek7:


59e97a856a25c731c93f2f8e9e61c048.jpg



Kêrels,  dit raak warm! En binne my ryklere kan ek al amper aan die sweet gaan. Die son sit nog hoog en bak op die aarde neer. Dis 'n versengende hitte wat als uitdor en skroei. Hier hang selfs die Suidwes Dorings lusteloos en probeer in hulle eie skaduwee verligting kry. By die Wuppertal afdraai kry ek 'n klompie flou fietsryers. Hulle kwê is uit want hulle groet nie eens terug nie.

Ek ry die pas af, anderkant uit, trotseer die padwerk spanne wat nou laat spaander vir die naweek wat op hande is, en kyk uiteindelik af op Wuppertal wat doer in die vallei lê.

76995994dee8ac63b5c597e9110e8ebf.jpg




Onder aangekom, gaan hou ek in die koelte stil, koop vir my 'n Coke en 'n vrugtesap "chaser"  en gorrel daai twee vinniger as 'n 3 duim aflooppyp weg. Goeie hel maar dis warm. G'n blaartjie roer nie. Selfs die donkies op die rugbyveld wei maar half lusteloos daar rond.

a644b2d16d9b7e04bd03972588a24adf.jpg



66558149dfc945253ef7d35a2d9f5dfa.jpg



f3590754234455d0dcb4113c97544018.jpg



7f2a44fd98108888e1166b4653661a8a.jpg




Na ek my asem weer gekry het, vat ek die bitter steil beton twee spoor oor die berg tot op die Sederberge.

1956ac99bdc59efc2e8486fd775e057b.jpg



02b81ea760d795fd740d9eefb183d83e.jpg



02cd3cf5bc11a164ac451e9f679f5f19.jpg
 
Hier bo is dit 'n sprokiesland van wit sand, ruwwe klippe en kronkelende tweespoor padjies. Suikerbosse en fynbos lok suikerbekkies by die dosyn en hulle flits met hulle helder kleure kort-kort hier voor my verby.  Die stuk pad is kwaai opdraande, kronkelend en redelike dik sand op plekke. Dis die eerste keer wat ek nog my huidige óf vorige 800 se waaier aan die waai gery het.

30133d089e0ddd06d787584687e93fb5.jpg



1400f9ce3367d8ad39b7e6323842e75a.jpg



b7b79b4a3b67d94686a2859b76653404.jpg



734fc56134d036290c6da9452139d06c.jpg
 
Ek vat nou eers weer die pad. Later kom nog. Dankie vir die kommentaar ouens, ek ry lekker saam julle.
 
Baie mooi. Ekself is n hele paar jaar laas daardeur  :thumleft:
 
Waaaaat??? Die hele affere is dan nou gepave? :eek7: :eek7: :eek7: :eek7:

Hygend Johan, dit het lekker warm geword, jou pics bly mooi
 

Attachments

  • ap.jpg
    ap.jpg
    102.2 KB
Genade maar daardie pad is behoorlik steil! Was jy nie by die vername velskoen makers gewees nie  ???
Ek wil nog eendag by daai winkel n draai gaan maak en so paar vellies koop.
Veilig ry!  :thumleft:
 
Is soos om down memory lane te ry - het so baie fotos van amper dieselfde plekke geneem op daai hele roete so oor drie jaar se trips  :thumleft:
Dankie vir die deel  ;)
 
Kettingsaag said:
Het ou Koos darem vir jou petrol gegooi daar op Loeries?? My oom besit die drankwinkel wat net oorkant die kooperasie sit, en sy broer en nog 'n man man of 3 het onlangs die motorhawe waar jy petrol ingegooi het gekoop.
Ek het gesien daar word gebreek en gebou Ketting. Lyk my die nuwe besems vee nou daar skoon
 
Draad said:
Dorsland jy skryf wragtig mooi man  :thumleft:

PS.. Toe ek lees van jou kasernearres en boots wat nie " gebone " was nie gaan my gedagtes so amper 35 jaar terug toe ons daar saam in die bos op 3 SAI was ( en nog in n size 30 jean gepas het ) en n bietjie "Drybrite" oor daai ge bone de stepouts gesmeer het met die kans vir n extra stempel in die "dom pas " vir n naweek uit  :imaposer:

Lekker verder ry en bly veilig  :thumleft:
Hehehe, ja ou Draad hoe ver terug neem jy my nou jong. Dit was 'n ander era daai gewees né. Bly jy geniet dit.
 
Hey dis nou tyd om te gaan werk jong. Ek hoor die BLOU bokke vreet weer jou bome in die voortuin. :peepwall:
 
Hehehe, my bestuurder is oppie job en alles is onder beheer. Ek boer so remote control terwyl ek nog innie bed lê  ;) :ricky:
 
Ek gaan nou nou my ontbyt in die bed kry terwyl my fiets gewas word. Jy moet nie té hard werk nie Woody :)
 
Lekkerte lekker. So 3 weke terug daar deur gewees met die bakkie. Maar nie naastenby so warm nie
 
Dorsland said:
Ek gaan nou nou my ontbyt in die bed kry terwyl my fiets gewas word. Jy moet nie té hard werk nie Woody :)

Ek is nou by die company vir die PAY... net soos die ander 40 000  :imaposer:
 
Hy is klaar MOERTOE... ons wag nou maar dat die ander goed wat ons in ons lewe opgebou het ook maar sommer VERKRUMMEL.....  :imaposer:
 
Top