Drie nagte en toe ... Tyd om te trek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Colyn

Race Dog
Joined
Sep 4, 2007
Messages
1,295
Reaction score
0
Location
Nelspruit
Bike
BMW R1200GS
Nouja en nou is ek innie Kaap in en Maandag is 'n mal dag. Twee kollegas vlieg in van Johannesburg af vir twee lang vergaderings en die tyd vlieg. Laataand sit ons by Maestros en die dag se gebeure word bespreek oor 'n lekker bord kos. Dinge gaan so lekker dat my vriende hulle vlug terug mis.

Dinsdagoggend vroeg vat ek my fiets in vir 'n nuwe voorband en sy 10,000km diens. Terwyl die bike gediens word sit ek maar by die Waterfront rond en vang so bietjie administrasie op. Oor 'n periode van 10 jaar het ek my lewe so gereël dat ek alles kan doen wat ek moet kan doen net solank ek 'n internet connection het. Tans opereer ek met a Dell Mini, Blackberry en Dell XPS 13 Studio as ek op die pad is. Die twee Laptops klink dalk vreemd maar jare se ondervinding het my geleer om nie op die pad te gaan sonder 'n backup nie.

Dinsdag middag word gespandeer saam met my Kaapse kollegas en ons doen die auditing van 'n tricky stuk code. Net na 18h00 verkas ons Blouberg Strand toe. 'n Man kan mos nie in die Kaap wees en nie die son gaan sien sak by Blouberg nie. Dis lekker om te weet ek is nie op die fiets aangewese om by my slaapplek te kom nie en die kelnerin is fluks met die aandra van die koeldrankies. Die plek is Karoo Cattle and Lamb en ek moet sê dat die kos wraggies lekker is. Ek eet hoendervlerke vir 'n voorgereg en toe kry ek die lekkerste Bobotie wat ek nog ooit geproe het. Jissim ek kan liries raak oor goeie kos en hierdie bobotie was uit die heel boonste rakkie.

Wel die lekker dinge kom mos gewoonlik te gou op 'n einde en so neem ek afskeid van my vriende en seil in die bed in.

Hier is nou 'n klompie fotos wat die gebeure mooier beskryf.

20100126_MG_2125.jpg

Lekker gesellig by die V&A Waterfront terwyl my bike in is vir sy diens.

20100126_MG_2160.jpg

En toe is daar nie 'n sonsondergang nie maar net mis by Blouberg strand.

20100126_MG_2161.jpg

Maggies maar die meisie het mooi vir ons gesorg by ons tafel.

20100126_MG_2162.jpg

Die koeldrankies was baie lekker en gladnie goed vir die bike nie. Gelukkig was ek nie
op die bike nie anders was daar dalk probleme.

20100126_MG_2163.jpg

Lekker hoendervlerke.

20100126_MG_2164.jpg

Bobotie uit die boonste rakke.

20100126_MG_2165.jpg

... en toe is die aand en my tydjie in die Kaap verby.

 
Top