Een van daai "nou moet ek ver gaan ry, anders slaan ek iemand dood" ritte

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 19, 2019
Messages
1,549
Reaction score
1,428
Location
Cape Town
Bike
KTM 950 Adventure S
Hierdie is net n vinnige kort verslag - niks diep denke, fency taal gebruik en daai klas dinge nie, maar geniet die fotos

So teen Vrydag 2pm het ek genoeg gehad van n sleg week en ek besef HKGK as ek nie nou vinnig stoom afblaas nie, en ek is elk geval nie die Mavericks tipe ou nie, so besluit toe op die ingewing van die oomblik ek moet gaan ry.  En ver ry.  Maar ek het net 2 dae.

Ry toe inderhaas om 2 spaar tubes te gaan koop en begin so 15:30 gou olie en filter ook vervang. Ketting en sprockets het ek darem die vorige week gedoen, en met die oorspronklike 15t voor en vars olie loop die X weer soos warm stroop.  Teen 8pm het my dogtertjie my klaar als help inpak, en ek besluit toe laat aand ek gaan weer plaas toe - plek waar my siel die beste herlaai.  Maar die spinnerakke en goeters in my kop is baie so ek gaan n wyer draai moet ry - goed wyd.

Saterdag 6:30 is alles gelaai en ek vat koers N1 langs Du Toitskloof pas oor, Slanghoek deur Ceres toe, waar ek gou inkopies doen (my plan was om te kamp), weer die bowzer volmaak en vetkoek saam met n koffie geniet.
 

Attachments

  • IMG_20210314_182027.jpg
    IMG_20210314_182027.jpg
    107.7 KB
  • IMG_20210313_065906ed.jpg
    IMG_20210313_065906ed.jpg
    78.3 KB
  • IMG_20210313_074722.jpg
    IMG_20210313_074722.jpg
    699.9 KB
  • IMG_20210313_074639.jpg
    IMG_20210313_074639.jpg
    219 KB
  • IMG_20210313_073504.jpg
    IMG_20210313_073504.jpg
    176.2 KB
  • IMG_20210313_072338.jpg
    IMG_20210313_072338.jpg
    159.6 KB
  • IMG_20210313_070622.jpg
    IMG_20210313_070622.jpg
    486.1 KB
  • IMG_20210313_070148.jpg
    IMG_20210313_070148.jpg
    135.9 KB
MildlyWild said:
vat koers N1 langs Du Toitskloof pas oor, Slanghoek deur Ceres toe

My meeste 'vat die pat om stoom af te blaas voor ek my medewerkers slegsê' trips begin ook op dieselfde manier

:biggrin:
 
volg


Gewoonlik as ek so besluit en die pad vat....is ek maar na die tyd spyt/voel skuldig vir hoe ek my gedra het met die petrol hand.
 
Met 25L in die tenks, bande op 1.8 en 1.7 (ja, ek het dit koud by die huis gedoen) en inkopies vir my beplande kamp ry ek Ceres so 9am uit.  Die pad is stil - al die anders ryers is seker al op die grond.  Theronsberg oor, Karoopoort deur, swaai slap regs rigting Sutherland en hier op die grond begin ek dieper asem haal, ontspan en aan niks dink nie
Van hier af sien ek vir n paar 100km niemand nerens nie - dis hemel
By Bizansgat kap ek links en die pad is mooi en lekker.  Dit is baie droog hier, woestyn eintlik en ek is nie spyt dat ek 3L water saam ry, buiten wat nog in my Camelbak oor is nie.

Ek het lankal besluit ek vat nie die Ouberg Pas kortpad Sutherland toe nie, maar net na die afdraai wil ek nog gou n foto neem, so ek swaai sommer so deur die veld om.  Die grond lyk lekker hard.  Dit is - omtrent soos bruin babapoeier - so ek slaan daar om, maar raak darem net vol stof.

Nou is Gannaga pas in my visier
 

Attachments

  • IMG_20210313_101148.jpg
    IMG_20210313_101148.jpg
    361.5 KB
  • IMG_20210313_103447.jpg
    IMG_20210313_103447.jpg
    136.9 KB
  • IMG_20210314_174520.jpg
    IMG_20210314_174520.jpg
    95.2 KB
  • IMG_20210314_174827.jpg
    IMG_20210314_174827.jpg
    386 KB
  • IMG_20210314_175034.jpg
    IMG_20210314_175034.jpg
    53.6 KB
  • IMG_20210313_120655.jpg
    IMG_20210313_120655.jpg
    376.7 KB
  • IMG_20210313_120840.jpg
    IMG_20210313_120840.jpg
    144.3 KB
Ek verstaan nie altyd hoekom mense se motorfietse is gevaarlik nie.  As ek jou RR so lees dan besef ek net weereens dat om NIE motorfiets te kan ry nie, vir ander mense lewensgevaarlik kan wees.

Waar is julle grond?
 
Gannaga pas is mooi, maar maklik en ek sal n Hyundai I10 of Merc C180 ook daar op vat - geen wonder daai ou met die interlink het gereken hy kan ook daar af nie. Bo op ry ek maar verby die lodge se bier, want my pad le nog ver so ek stop eers by die winkel in Middelpos.
Regtig, Die Winkel, vir in geval jy nie weet nie :)  Ek kry toe maar n gemmerbier.

Uit Middelpos ry ek rigting Sutherland, maar vat n links Williston se kant toe en by die volgende opsie kies ek weereens die langer roete.  Plek plek is dit baie groen en het hulle goeie reen gehad



 

Attachments

  • IMG_20210314_175442.jpg
    IMG_20210314_175442.jpg
    125.9 KB
  • IMG_20210314_175521.jpg
    IMG_20210314_175521.jpg
    472.6 KB
  • IMG_20210313_143212.jpg
    IMG_20210313_143212.jpg
    122.3 KB
  • IMG_20210313_132634.jpg
    IMG_20210313_132634.jpg
    121.5 KB
  • IMG_20210313_125140.jpg
    IMG_20210313_125140.jpg
    147.2 KB
  • IMG_20210314_175235.jpg
    IMG_20210314_175235.jpg
    114.9 KB
  • IMG_20210313_124356.jpg
    IMG_20210313_124356.jpg
    146.7 KB
  • IMG_20210313_141451.jpg
    IMG_20210313_141451.jpg
    506.1 KB
Dorsland said:
Ek verstaan nie altyd hoekom mense se motorfietse is gevaarlik nie.  As ek jou RR so lees dan besef ek net weereens dat om NIE motorfiets te kan ry nie, vir ander mense lewensgevaarlik kan wees.

Waar is julle grond?

Jy weet dit Dorsland - motorfiets ry dink ek het al baie moord of selfmoord voorkom

Is my neef wat tussen Sutherland, Merweville en Fraserburg boer - 6de generasie Blom's
 
Dit begin effens laat raak en ek sien reen in die wolke so ek kies eindelik koers Fraserbrug toe, met die wind wat my nogal sleg van die kant af druk.
In Fraserburg is die strate nat en die mense se gemoed is goed.  By die vulstasie gesels ek met n paar boere wat kom voer oplaai het - blykbaar het 18 lorries met vragte hawer van Roberston se kant af gekom en dit sal help, want alhoewel dit stuk stuk mooi groen is is baie dele maar sleg droog nog.

Ek maak klaar vol terwyl sulke groot druppels wat mens baie gou nat maak weer begin val en weerlig hier en daar n silwer streep maak.  My neef se plaas is nog so 82km weg en ek is al reeds op 530km vir die dag, en ek is nie lus vir nat en koud wees nie, vernaam met die kampery in gedagte.  Nota vir volgende keer - pak maar altyd reenklere in...
Ek ry gelukkig so na 5km uit die reen uit en geniet die Rantepad baie.  Oppad vang n bekende gesig my op n werf so in die verby gaan en ek draai om om gou met Piet te gesels. Het hom so paar maande terug ontmoet erens, en hy help n ander boer gou van daai voer aflaai.  Lekker mense, soos boere mos meestal is.

Sleep daar weg, en met die reen wat weer lyk of dit wil val en baie ure se ry onder my is ek dalk te haastig en te gemaklik. En te vinnig.
En so stoot n ruk windjie my net so effens op die gruis op n slap regs draai, en met my steeds beperkte ry vernuf besluit ek ek gaan nie daai draai maak nie so ek slaan ankers (ABS darem af gesit) en gaan reguit.  Gelukkig is daar nie klippe nie, maar so 10m voor ek sou stop skiet n walletjjie my in die lug in en ek slaan daar neer.  Al skade is darem die een lussie wat van my pannier bag afgeskeur het, en n paar seer ribbes.  Nog n nota - ry maar stadiger op die grond...




 

Attachments

  • IMG_20210314_180426.jpg
    IMG_20210314_180426.jpg
    51.7 KB
  • IMG_20210314_180532.jpg
    IMG_20210314_180532.jpg
    519.9 KB
  • IMG_20210314_180248.jpg
    IMG_20210314_180248.jpg
    108.4 KB
  • IMG_20210314_175803.jpg
    IMG_20210314_175803.jpg
    173.1 KB
  • IMG_20210313_154357.jpg
    IMG_20210313_154357.jpg
    422.5 KB
  • IMG_20210314_175850.jpg
    IMG_20210314_175850.jpg
    354.4 KB
  • IMG_20210314_175723.jpg
    IMG_20210314_175723.jpg
    130.5 KB
Amper begrawe hulle my daar langsaan die 9 Britse soldate van die Marshalls Horse and Sutherland District Mounted Troops, maar darem nie.
Die laaste paar km is net teen die Nuwevelds berg af tot by my neef se plaas, waar my rubber arm toe maklik gedraai word dat ek eerder daar oorslaap na n lekker braai.

Laas was die nuutste troeteldiertjie n stinkmuishond (wat intussen weggeloop het) - die keer is daar n meerkat en 2 maande oue koedoe bulletjie op die werf, buiten die mak gemsbok wat dink hy is n perd.

n Lang dag op die fiets - so 614km, waarvan 180km teer was.  Maar ten spyte van die plank wat BMW op n XChallenge n saal noem was dit net lekker
 

Attachments

  • IMG_20210314_181259.jpg
    IMG_20210314_181259.jpg
    122.1 KB
  • IMG_20210314_180731.jpg
    IMG_20210314_180731.jpg
    445.3 KB
  • Dag 1.jpg
    Dag 1.jpg
    323.4 KB
Na ons Sondag oggend tot so 12:30 nog gesels het kon ek eers voor 7 uit die bed klim om die mooi sonsopkoms te kyk.  Na saam ry om diere te voer, water te skuif en ontbyt eet kom ek toe eers net voor 1 daar weg, na ek met die 1ste druppels wat begin val alles op die fiets moes laai.

Van daar af het ek maar hoed vasgedruk (sonder om te vinnig te ry), want huis is nog ver en die reen dreig heeltyd om te val.  Sutherland se strate was nat en in Verlatekloof het die water my vir so 5 minute gevang en vinnig koud gemaak.  Met die wolke wat donker le regs vat ek toe eers die 2de afdraai Ceres toe, op klam grond wat lekker klou. En toe, gelukkig net vir so 20 minute was dit net reen en water en modder. 
Buite Ceres was die lug weer lou en die myle het vinnig op die teer verby gegly tot ek weer so na 5 by die huis gestop het met n glimlag en moee lyf, maar sonder die spinnerakke

Nou hoe sing daai ander liedjie nou weer? Mis, eet, slaap, herhaal...  Wens ek kon dit met die ryery doen...
 

Attachments

  • IMG_20210314_181625.jpg
    IMG_20210314_181625.jpg
    247.9 KB
  • IMG_20210314_181819.jpg
    IMG_20210314_181819.jpg
    206.8 KB
  • IMG_20210314_181945.jpg
    IMG_20210314_181945.jpg
    127.2 KB
  • Dag 2.jpg
    Dag 2.jpg
    448.7 KB
Pragtige fotos en woorde van 'n area waarvoor mens nooit moeg raak om deur te ry nie  :thumleft:
 
Vrek mooi MW, dki vir deel maat .... leer eerder regte  tegnieke dan hoef jy nie stadiger te ry.... :thumleft:
 
Roxtar said:
Vrek mooi MW, dki vir deel maat .... leer eerder regte  tegnieke dan hoef jy nie stadiger te ry.... :thumleft:

Dis nou presies wat ek wil doen. Net nie altyd seker prakties hoe nie?
Tyd op die saal help, maar nie genoeg nie
 
Top