Ek mik Oranjerivier se kant toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Jislaaik - hoe lus kry ek nou vir daai karoo paaie.

Ek ry saam. Ry Veilig Dorsland.
 
Dorsland said:
Ek gooi nog 'n houtjie of twee op julle leeslus se vuurtjie. Net om hom aan die brand te hou totdat ek tuis is en my vertellinge kan deel.

d6fbaf05b974f6d26591bc488ae96221.jpg

4f160f88d4289eec31c1719b11465d22.jpg


f8bc23bdd11674186ef88786bda681d0.jpg

Jo, hierdie is onbeskryfbaar pragtig, en diep sielskos as mens self daar is.
Dis nogal moeilik om te dink die meeste mense rondom ons, selfs die wat sou kon, sien en ervaar nooit enige van dit nie. Dis net karre en winkels en rekenaars en rotresies elke dag
Drink diep Dorsland :)
 
2StrokeDan said:
Ek kyk maar ek sien geen spinmerke op daai vlaktes nie, Johan, maak plan ou maat.
DCT is mos automatic sukkel omte spin!! ;) :peepwall: :lol8:
 
Jou ou bogger  ;D
Ek sien nou eers waar jy rondrits.Dit lyk bitter lekker :thumleft:
baie mooi fotos en nou is daar miere in my agterwereld :ricky:
Kom weer veilig terug sodat jy weer kan.
 
As mens jonk is, is die wêreld ’n baie groot plek, vol avontuur, opwinding en nuwighede.  Namate ons ouer raak, krimp hy al meer tot hy naderhand soos ’n bekende agterwerf word waar gevee, natgelei en tee gedrink word; als bekend en mak. Sy tande getrek en kloue afgestomp. Hy smaak dalk meer na slap pap as na biltong wat self gedroog is.

’n Man veral, is geskape om, wel, mansgoed te doen. Nie om agter ’n rekenaar te sit of in a winkelsentrum rond te dwaal agter naskeermiddel nie. Rugby op die TV kyk terwyl jou vrou vir jou elke nou en dan ’n bier en ’n handvol chillie bites in die hand druk is ook nie mansgoed nie. Ons is bedraad om daai bier se spoor te sny en dan met een spiesgooi te dood sodat die res van ons stam vir die volgende paar dae kan eet (of drink).

Die veld en die ooptes is ’n uitdaging en ’n avontuur, die sitkamer en kantoor nie so erg nie.

Nouja, so vaar ek die vlaktes in. Opsoek na iets wat ek eintlik nie mooi neergepen kry nie maar wat ek gans en al té min van kry in my alledaagse lewe.

Nuwe ervarings, nuwe paaie, nuwe mense, dalk ’n papwiel of ander teëspoed wat my weer sal rek. Dinge wat ’n man weer diep laat asemhaal en besef dat die lewe oor baie meer gaan as dít wat ons elke dag ervaar (of verduur).

Op dié vlakte kan enigiets gebeur.
 

Attachments

  • IMG_6374.jpg
    IMG_6374.jpg
    198.1 KB
  • IMG_6367.jpg
    IMG_6367.jpg
    198.5 KB
Ek het dié rit nie verskiklik beplan nie. Ek het ’n kaart nader getrek, die gebied waarin ek in die volgende paar dae kon rondry, bepaal en verder dit aan die Genade oorgelaat.

Wat ek wel wíl doen is êrens teen die Oranjerivier kamp, baie grondpad en oor groot vlaktes ry en Verneukpan om. Op my eie tyd.

Dis al. 

Ek hou van sulke padtekens.  Hulle gee mens ’n wyer keuse as dié wat eintlik ’n dorp, stasie of rivier aanwys.
 

Attachments

  • IMG_6382.jpg
    IMG_6382.jpg
    500.4 KB
En dié is eintlik al te veel reëls en regulasies na my smaak.  Ek ry maar vinnig verby.
 

Attachments

  • IMG_6381.jpg
    IMG_6381.jpg
    344.7 KB
Met die inryslag op Vosburg, kom ek Johan tee by die koöperasie waar hy gou bande pomp voor hy uitry plaastoe. Hulle het ook 'n gastehuis op die dorp waar ek vanaand gaan oorslaap.  Na 'n vinnige bier in die hotelkroeg, trek hy weg plaastoe en ek gaan pak 'n stuk af vir die aand.
 

Attachments

  • IMG_6388.jpg
    IMG_6388.jpg
    301.7 KB
  • IMG_6399.jpg
    IMG_6399.jpg
    707.7 KB
  • IMG_6398.jpg
    IMG_6398.jpg
    586.3 KB
Wat is nou lekkerder as om 'n windpomp in jou agterwerf te hê.
 

Attachments

  • IMG_6401.jpg
    IMG_6401.jpg
    589.4 KB
Die Saterdagoggend is dit 'n lekker koue 4ºC maar die son skyn helder en dit gaan binnekort 'n lekker warm dag wees. Ek kry sommer so lekker hier in my kiewe toe ek die stil en rustige dorpie uit is en die oop vlaktes noord van Vosburg oppad Pampoenpoort toe ry.
 

Attachments

  • IMG_6414.jpg
    IMG_6414.jpg
    408.8 KB
  • IMG_6411.jpg
    IMG_6411.jpg
    434.9 KB
Met die aankomslag sien ek sommer dié is nie meer 'n goed versorgde plaas soos die ander waardeur ek ry nie.  Als is stukkend en verwaarloos, die naambord weg (seker genadiglik); die projekbord wat trots aankondig dat dit 'n grondrestitusieplaasprojek van PLAS en Grondhervorming is, is self stukkend en omvallerig.  Niks werk nie, geen vee, net rommel en skroot oral waar mens kyk.  Ai.

Ek ry vinnig verby voor my opgeruimde bui aangetas word.
 

Attachments

  • IMG_6406.jpg
    IMG_6406.jpg
    402.9 KB
  • IMG_6407.jpg
    IMG_6407.jpg
    413.5 KB
Daar moet sommer nog baie kom Johan.Jy is nou nog net uit jou agterplaas uit ;D
 
Dankie kêrels, julle moenie so vinnig lees nie.  My skrywes kan nie byhou nie.  :biggrin:
 
Top