Ek mik Oranjerivier se kant toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis 'n baie mooi kampterrein met groot ou koeltebome.  Ongelukkig rumoer die aangrensende druiweplaas se werkerskampong Saterdagaand erg tot so 03h30 en toe weer vir 'n kort ruk hier van 05h30.  Dit het Saterdagaand bederf.  Sondag was weer doodstil en sou mens nooit kon dink dié spul was so handuit geruk gewees nie. Ek was baie jare gelede in dié geweste gewees en kan my oë nie glo nie hoe dit uitgebrei het.  As die druiweboere so voortgaan gaan die Oranjerivier binnekort net 'n stowwerige lopie wees.

Kyk dié tamaai ou kameeldoring en koorsboom.
 

Attachments

  • da67442f8a94306b78cac904faa6ac79.jpg
    da67442f8a94306b78cac904faa6ac79.jpg
    598 KB
  • 8d1aa1e19f594eba36be16c978c3392e.jpg
    8d1aa1e19f594eba36be16c978c3392e.jpg
    692 KB
BAIE nice man, thanks vir die RR!!!!!

En ja Mamma is ook seker lekker uitgerus na die paar dae sonder jou innie huis............ >:D >:D
 
Maandagoggend is ek BAIE traag om op te pak en die grondpad die dorre wêreld in te ry.  Dis waaragtig so groen en salig en rustig hier.  Ek kan maklik nog 'n dag hier deurbring.

Maar ek beginne so stadigaan oppak.  Ek breek per ongeluk die een D-ring op my Wolfman panniersak en moet toe eers 'n boereplan beraam.  Dit werk goed.  Toe ek al my sakke en baggasie op die fiets het en ek dit net nog met die RokStraps moet vastrek, besef ek ek het die RokStraps onder in een van die nou volgepakte sakke vergeet.  Kos my ek moet elke flippin sak en elke pannier en elke tassie uitpak om hulle te vind.  En natuurlik is dit die heel laaste sak wat ek uitpak waarin hulle is.

Kyk, toe was ek waaragtig vir myself die wetter in gewees.  Dit was hittitte of ek het net daar weer my tentjie opgeslaan en basta daarmee.

Na 'n draai op Kakamas dorp self om Superglue (om my rystewel te herstel) en 'n paar ander proviantitems vir my volgende kamp te koop, is ek weer oppad Kenhardt toe.  Dié slag ry ek hom lekker rustig en geniet dit.

Ek stop in die koelte van 'n kameeldoring vir my middagete.  Hier kom ek agter my linker vurkseël lek.  Blykbaar is die AT bekend daarvoor.  Ai.
 

Attachments

  • IMG_6514.jpg
    IMG_6514.jpg
    313.4 KB
  • IMG_6513.jpg
    IMG_6513.jpg
    381.5 KB
  • IMG_6515.jpg
    IMG_6515.jpg
    393.9 KB
petri oosthuizen said:
BAIE nice man, thanks vir die RR!!!!!

En ja Mamma is ook seker lekker uitgerus na die paar dae sonder jou innie huis............ >:D >:D

Dankie Petri.  My vrou wil al poskaarte beginne stuur so verlang sy.  Ek het maar so 'n uitwerking jong  :peepwall: :lol8:
 
Van Kenhardt af, vat ek die Verneukpanpad.  Kan mens nou so gelukkig wees dat die skraper onlangs daar verby was.  Die rooisandpad ry soos 'n droom.

Dis 'n warm 31ºC, ligte briesie van agter af.  Man, nou weet ek hoe voel voëls.  :)
 

Attachments

  • IMG_6516.jpg
    IMG_6516.jpg
    405.1 KB
Ek ry by die plaashuis aan om, volgens ChrisL se aanwysings, in te klok.  Die man daar kuier eintlik by sy broer wat so 20km verder aan boer, en wis van niks nie.  Ek ry aan en kry vir dié broer se vrou daar op die werf.  Nes ek afklim, kom hy met sy CRL250 met 'n boerebullbar hier voor die enjin, daar aan.

En daar trek ons weer met die geselsery los!  Ons praat oor als.  Oor die filmspanne wat al hier was, hoeveel mense hulle al poer des merdes op die pan geval het, hoe hulle al vir 'n lugambulans in die nag moes ligte maak dat hy 'n beseerde ou kon wegvlieg.  Hy vertel hoe mense hulle goedgesindheid misbruik.  Boere wat as gevolg van die droogte in elk geval baie swaar trek.  En ek dink ja, dis die verskil tussen mens en makmoer.

Ek dink oor hoe hulle min en niks hulle mens maak, en hoe dié stadspul se als hul eintlik niks maak.

Ek vul my water aan, kry aanwysings na my eksklusiewe oornag veldverblyf (dis nie sommer vir enige jan raap en sy maat nie, hoor julle)  :peepwall: :lol8:

Ek het my tentjie, my Wet Wipes dat ek darem ook kan gaan skoon slaap, nog 2 Stackers en salami, neute, droë vrugte, sardiens, koffie en watnog.
 

Attachments

  • IMG_6539.jpg
    IMG_6539.jpg
    643.6 KB
Dié slag is ek eintlik bly ek is effe laat om kamp op te slaan.  Dit gee my die geleentheid om die allerpragtigste fotos te kan neem.  Willie het my beduie waar ek so 3km van die pan self af, onder 'n groot olienboom uit die wind - wat onplesierig sterk waai - kan kamp. 

Kêrels, as julle al van saligheid gehoor het, is dit waaragtig hier.  Ek is baie vêr van als en almal, stoksielalleen op die Noord-Kaap se vlaktes.

Ek slaan my tentjie in die droë loop op.  Ek neem stelling in om die aand se stilte te kan geniet en om na die nag uit te sien.

Ek kan moeilik beskryf hoekom dit vir my so lekker is.  Ek kan tog presies net so op my eie plaas kamp.  Maar hier is dit, wel, anders.  Kêrels, dis naby en ek gooi my foon weg en julle sien of hoor nooit ooit weer van my nie.

Inderdaad Into the Wild.
 

Attachments

  • IMG_6518.jpg
    IMG_6518.jpg
    317.8 KB
  • IMG_6519.jpg
    IMG_6519.jpg
    230.3 KB
  • IMG_6520.jpg
    IMG_6520.jpg
    232 KB
Dorsland said:
petri oosthuizen said:
BAIE nice man, thanks vir die RR!!!!!

En ja Mamma is ook seker lekker uitgerus na die paar dae sonder jou innie huis............ >:D >:D

Dankie Petri.  My vrou wil al poskaarte beginne stuur so verlang sy.  Ek het maar so 'n uitwerking jong  :peepwall: :lol8:

Hmmm......sy se maar net so.

Myne help my gewoonlik sommer pak as ek wil pad vat >:D.........kannie WAG om die ou knorpot weg te kry nie.

Ek sou ook nie kon nie, moet, moet se >:D
 
Daai nag is 'n skouspel.

Die wind het gaan lê en ek lê maar so en luister elke nou en dan hoe roer die nagluggie die olien se blare hier bokant my.  Ek staan so 23h30 op om 'n draai te loop en staan verwonderd en dankbaar dat daar nog sulke stilte en alleen en vrede in 'n mal wêreld kan wees.

Terug in my tent kan ek nie slaap nie.  Ek skakel my klein flitsie aan en lees my All the Pretty Horses boek kant en klaar.  Ek is warm en knus op my spoggerige opblaasmattras. Hier skuins voor 03h00 raak ek weer aan die slaap.
 

Attachments

  • IMG_6523.jpg
    IMG_6523.jpg
    63.5 KB
Daai oggend is ek vroeg uit die vere.  Ek wil die wêreld se wakkerword beleef en inasem.

Wat is lekkerder as om rustig met 'n beker warm koffie so voor jou tentjie te sit en die wonder van die Skepping te beleef.
 

Attachments

  • IMG_6524.jpg
    IMG_6524.jpg
    297.6 KB
  • IMG_6521.jpg
    IMG_6521.jpg
    274.2 KB
  • IMG_6528.jpg
    IMG_6528.jpg
    517.7 KB
Dis bewolk maar glad nie koud nie, volgens die fiets 22ºC. As ek 'n sein gehad het, het ek my vrou gebel en laat weet ek verleng my rit met so 4 dae dan bly ek net hier.  Net hier!

Maar helaas, ek is soms erg gestraf met 'n oorgroote sin vir verantwoordelikheid.  :-\

Ek pak op.  Maar eers skeer.  :lol8:

Dié kiekie is spesenjaal vir [member=1597]DUSTRIDERS[/member]  :biggrin: O0 :deal:
 

Attachments

  • IMG_6538.jpg
    IMG_6538.jpg
    658.1 KB
Jy vertel op so lekker rustige trant, in my geestesoog sien ek hoe jy 'n stukkie biltong afsny so tussen die gesels deur en lekker kou aan hom vir 'n rukkie, voor jy aangaan om jou storie te deel.

Te lekker. :thumleft:
 
Die Velcro op my een rystewel het losgetrek.  Ek plak hom gou weer vas met die Super Glue Gel wat ek op Kakamas gekoop het.
 

Attachments

  • IMG_6540.jpg
    IMG_6540.jpg
    344.4 KB
  • IMG_6541.jpg
    IMG_6541.jpg
    329.5 KB
  • IMG_6542.jpg
    IMG_6542.jpg
    286.9 KB
OomD said:
Jy vertel op so lekker rustige trant, in my geestesoog sien ek hoe jy 'n stukkie biltong afsny so tussen die gesels deur en lekker kou aan hom vir 'n rukkie, voor jy aangaan om jou storie te deel.

Te lekker. :thumleft:

Dankie [member=15022]OomD[/member].  Man, om eerlik te wees, ek lei vandag bietjie aan bomskok.  Ek wil waaragtig nog daar op die vlaktes wees, al soekend na ek weet nie wat nie.  Sielerus? Eenvoud? Alleen?  Wildernis?

Ek weet nie.  Maar vandag wil ek eintlik nie hier wees nie.
 
Ek ry lekker saam.  Baie mooi kiekies en storie.

Die dag toe ek saam met die Vinke en Arende vanaf Kenhardt Kakamas toe gery het, was ek so bly om die teerpad te sien, ek het hom sommer gesoen van blydskap.

Toe ek opstaan toe kom stop 'n boeretannie by my en vra of als reg is.

Nou ja - nodeloos om te se nadat ons aan haar verduidelik het hoekem ek dit gedoen het, is sy daar weg, al kop skuttend  :biggrin: :biggrin:
 
Doer na die weste toe, val daar 'n paar verdwaalde druppels wat nie eens die grond raak nie.  Virga, reën wat nie op die grond uitkom nie. Ek wens so dit wil hier waar dit so erg droog is, kom stortreën.  Die boer vertel my op sy grond van so 7000ha het hy slegs 69 skaap.  :'(
 

Attachments

  • IMG_6543.jpg
    IMG_6543.jpg
    282.9 KB
Nou moet ek eers Verneukpan gaan ervaar.  Altans, die klein deel waarvoor ek tyd het.

Dis bitter indrukwekkend.  57km lank!  11km wyd!  Dis 'n moerse vlakte kêrels. Moerse!

Julle was al daar gewees.  Ek kan maar net my kiekies plaas want ek kan eintlik nie beskryf hoe groot plat stuk aarde dié is nie. Nét Julias se kop is platter.
 

Attachments

  • IMG_6549.jpg
    IMG_6549.jpg
    166.1 KB
  • IMG_6550.jpg
    IMG_6550.jpg
    273.4 KB
  • IMG_6555.jpg
    IMG_6555.jpg
    485 KB
  • IMG_6546 (1).jpg
    IMG_6546 (1).jpg
    439.1 KB
Top