Flatout en Lindsay ry stadig deur die Knysnawoude

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Hierdie tyd van die jaar moet mens maar noodgedwonge vir jou inhou op die paaie as gevolg van radar kameras om elke hoek en draai en verby stekers van voor wat maar min van padreëls weet. Dwaal jy af op die grondpaaie verbeter die omstandighede nou nie juis veel nie want nou’s dit weer die Dakar ryers wat blindelings aan die verkeerde kant van elke draai kom of die Internasionale Vaakvisvereniging se lede wat in die middel van ’n twee- spoor- pad stop om ’n foto te neem. Maar ten spyte van alles kry die lus toe weer die oorhand oor my en daar ry ons, sommer so skielik en half onbeplan.
Ons probeer so vinnig as moontlik wegkom van bekende kontrei en jaag met die teerpad tot by Laingsburg. Om die verkeer te mis gooi ons petrol in by ’n vulstasie aan die noordekant van die dorp. ’n Pragtige ou dingetjie in ’n sjoe-broekie speel hier petrol-joggie en ek kyk so lekker dat ek skoon vergeet dat ek ’n kamera het.

As Lindsay in 1981 in Laingsburg was sou sy nou definitief onder water gewees het. Ek en my vrou is twee weke na die vloed daar deur op ’n CX500 en ek kan nog die trouma van die ramp aanvoel.

KnysnaWildernis001-Copy.jpg


Die ou klip kerkie het  heelwat gemeentelede asook ’n dominee verloor in die ramp.

KnysnaWildernis002-Copy.jpg


Nou is  dit reguit Seweweekspoort toe. Aanvanklik is die pad geteer maar die landskap deur die Rooinekke is iets besonders en kort voor lank ry ons lekker grondpad. Hier kyk Lindsay op na die asemrowende rotsformasies van die Seweweekspoort.

KnysnaWildernis005.jpg


In die ou dae het ons naweke lekker resies gejaag in die Huisrivierpas as ons op pad huis toe was vanaf Infanterie skool. Nou is daar ’n belaglike spoedbeperking geldig en die teer oppervlak laat ook veel te wense oor.

KnysnaWildernis008.jpg


Ons probeer by die Kangogrotte in kom maar die waglys is amper drie uur lank en so beland ons toe maar by Wilgewandel op soek na iets te ete. Die ganse was nou nie baie gasvry nie en ek het net net ’n knyp by die ou vrygespring.

KnysnaWildernis013.jpg


Hierdie Lamatjie lyk of hy van “pipe cleaners” aan mekaar gesit is.

KnysnaWildernis015.jpg


Later beland ons by die Wild Animal Ranch waar die snaakse voël sommer met die intrapslag op my skouer kom sit. Eers dink ek die kêrel is darem vriendelik en smile mooi vir die kamera maar toe hy darem die derde keer probeer om my oor af te skeur word hy tot op die grond gehelp sonder om ’n klap van die vlerk in te kry.

KnysnaWildernis020.jpg


Ek het nog nooit so baie vissies in een tenk gesien nie.

KnysnaWildernis024.jpg



Hierdie ou se naam is seker Knopkop.........hoekom klink dit nou so bekend?

KnysnaWildernis027.jpg


Twee skytbang manne sak tussen die krokodille in.  

KnysnaWildernis043.jpg


Dis warm in Oudtshoorn en die Katte “pass” uit terwyl die Kraaie gaap.

KnysnaWildernis055.jpg


KnysnaWildernis064.jpg



Hierdie meerkat het definitief wildehond geruik.

KnysnaWildernis070.jpg


Hierdie is die grootste krokodil in die park maar gelukkig heel onskadelik.

KnysnaWildernis075.jpg


Die volgende dag mik ons George toe. Lindsay by Amanda se graf.

KnysnaWildernis076.jpg


Die indrukwekkende Montagu-pas met die Outeniekwapas in die agtergrond.

KnysnaWildernis077.jpg


Vanaf George draai ons af op die ou Knysna pad wat oorgaan in die Sewe Passe-Pad. Hierdie was een van die hoogte punte van ons rit. Die pad kronkel deur digte woude en diep klowe. Daar is oral voorbeelde van ou boogbrûe wat al vanaf 1878 staan.

KnysnaWildernis082.jpg


KnysnaWildernis084.jpg


KnysnaWildernis091.jpg



Dit is opmerklik hoeveel Geelhoutbome mens nog steeds hier sien.

KnysnaWildernis092.jpg



Lindsay ken nie dié Tarzan woude nie en sit maar versigtig op die rots, Petrus Pofadder kan dalk naby wees.

KnysnaWildernis093.jpg


Die verkeer is so erg by Knysna dat daar nie foto’s geneem word nie en ons beland in die Diepwalle woud waar onsigbare slaggate ons voorland is. Dis ’n misterieuse plek en na wat soos ’n ewigheid gevoel het is ons uiteindelik bo uit. Alles is nou los geskud en ons gatte is nou nie meer lus vir sit nie. Die bergreeks lyk nog oneindig ver en ek begin wonder of ons nog op die regte pad is. Wat ’n aangename verassing toe ons skielik om ’n draai vir Angie’s G-Spot ontdek. Hier staan Lindsay by Harold en Angie.


KnysnaWildernis100.jpg


Hier word sommer lekker kos in die bos-kombuis gemaak.

KnysnaWildernis103.jpg


Die kroeg se ingang.

KnysnaWildernis104.jpg


Ek sal graag die geskiedenis van die ou bus wil hoor.

KnysnaWildernis108.jpg


Die pad hier vandaan na Avontuur is ’n plesier en die natuurskoon ook iets om te onthou.

KnysnaWildernis109.jpg


Ons is nou heel bo en amper by die Langkloofpad.

KnysnaWildernis114.jpg


Na amper tien uur in die saal kom ons skoon Bliknêrs by die Yamkela gastehuis in Oudtshoorn aan.

KnysnaWildernis117.jpg


Daar is lank laas geëet en ons kan nie wag om by die Spur te kom nie. Die kalmerende effek van ’n paar Black labels maak darem dat ek myself in toom kan hou toe die kos uiteindelik kom.


KnysnaWildernis121.jpg



Dag drie en na ontbyt is dit direk grotte toe voordat die hordes weer opdaag. Hierdie keer is ons gelukkig en kry vinnig plek.

KnysnaWildernis131.jpg


Wat ’n hoogtepunt was dit nie. Dis net skokkend as jy sien hoeveel skade al deur vandale aangerig is.


KnysnaWildernis150.jpg


Nou’s dit die Swartbergpas en daar waai ’n stormwind. Swaar gelaai slaag ons egter daarin om redelik maklik die kruin te haal. Dis egter toe ek hier stil hou dat die wind ons amper af ruk aan die ander kant.

KnysnaWildernis155.jpg



Die Transalp blyk nog in een stuk te wees ten spyte van alle foltering wat hy al moes deurleef.

KnysnaWildernis157.jpg


Die kloof af na Prins Albert lyk amper onmoontlik maar te danke aan Thomas Bain ry almal nou deur.


KnysnaWildernis159.jpg



Aan die einde van die pas neem ons vir ou laas die foto’s.


KnysnaWildernis163.jpg


KnysnaWildernis164.jpg


Hier vandaan was dit die stormsterk dwarswind en die berugte N1 reguit huis toe. Die totale afstand gery was net onder 1500 km in drie dae wat ons program effens te gejaagd gemaak het na my smaak maar ’n kans om te ry moet benut word en is altyd ’n genotvolle ervaring met baie mooi herinneringe.
 
Sjoe, maar dis mooi wereld! Dankie vir moeite met die RR en ook v d mooi fotos! :thumleft:
 
Dankie vir die RR en mooi fotos. Wat is die storie met Amanda se graf?
 
Has Been 9 said:
Dankie vir die RR en mooi fotos. Wat is die storie met Amanda se graf?

Glo maar net iemand wie se wens dit was om daar begrawe te word.
 
Die titel sê Flatouten Lindsay ry stadig deur........hoekom klink iets nie lekker in daai sin nie?
Mooi julle twee. Julle bou stunning memories. :thumleft:
 
julle het verby ons gery oppad af van montagu pass af donderdag wat nou verby is....
 
Dis nou 'n cool pa en dogter aktiwiteit.

Hoe geseend is julle om dit te kan deel.


Ek moet sê daardie wind in Swartberg pas kan woes wees as hy die dag tyd het (Trailrider sê Swartberg is waar hulle die SuidKaap se wind maak)
Ek is self eenkeer amper daar afgewaai oppad terug uit die hel uit - veral aan die Prins Albert kant los die pad se breedte nie te veel ruimte vir foute of glipsies nie.

Dankie vir die fotos en RR post!

 
"Hier staan Lindsay tussen Harold en Angie."  8)

Lekker gelees!! :thumleft:
 
Laban said:
"Hier staan Lindsay tussen Harold en Angie."  8)

Lekker gelees!! :thumleft:

Laban jou skerp ding! Gelukkig het Harold dit nog nie gesien nie. Lekker gelag :imaposer:
 
Wou kommentaar lewer oor die mooi meisiekind wat so lang baard gegroei en verrimpel het...  :imaposer:
 
Stunning RR :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Thanks so much for sharing it with us ;)

Hopefully you'll still be able to make it for our trip that I told you about.
 
Mooi so Flatout. Ook die area gedoen in Desember. Baie lekker. Julle moes sommer Die Hel ook gedoen het terwyl julle daar was. Een extra aand seker????

Thanks for sharing, Great pics.
 
Baie nice RR ! Ek sal graag ook so iets met my dogter wil doen eendag , maar ek moet nog net 'n rukkie wag want sy word eers eiende Februarie gebore !  :imaposer:
 
fat b said:
Baie nice RR ! Ek sal graag ook so iets met my dogter wil doen eendag , maar ek moet nog net 'n rukkie wag want sy word eers eiende Februarie gebore !  :imaposer:
Jy moenie so lekker lag nie, ry eerder daai bike van jou voordat die verantwoordelikhede van dogters grootmaak hom dalk soos mis voor die son laat verdwyn .  :eek:
 
Top