"HtB"se recovery TRIP

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
OP pad deur die Karoo!!! EEEN wie gaan nie vir my se HY is ook nie mooi nie :patch: :patch:
 

Attachments

  • WD105.jpg
    WD105.jpg
    282.3 KB
Die volgende aan slaap ons toe by "THE GREEN DOOR"by Gariep dam!!! Nice en goedkoop!!! Net toe ekke daai vuurtjie beginne aan pak toe sak daar n bui reen uit!!! Amper oorweeg of ekke dit n "wolkbreuk"moet noem!!! En ons stoei in daai gietende reen dat die watertjies nie ons ou vuurtjie verspoel nie!!!! Ons nat........pap sop nat!!!! Maar ons dierbare ou vuurtjie "SURVIVE :ricky: :ricky: :ricky: :ricky:
 

Attachments

  • WD107.jpg
    WD107.jpg
    350.4 KB
Ekke wag toe die volgende more!!!! Want die OU mense het mos altyd gese!!!!! Die MORESTOND het GOUD innie mond :ricky: :ricky:
 

Attachments

  • WD108.jpg
    WD108.jpg
    262.7 KB
En sooo vat ons die more toe weer pad!!!! Nou mense van julle wat weet sal nou verstaan!! Die stukkie pad van Colesberg af Gangsters Paradise toe is :dousing: :dousing:  Nou die GROOT MEESTER moes baie kwaad vir ons BIKERS gewees het toe HY daai pad laat bou het!!! Hy is reguit....laaaaank......eentonig en in plein BOERE taal gese :patch: :patch: :patch: KAK!!!! So mik ons toe vir Heidelberg want Willemse is blykbaar nie lus vir daai stad se trafic en daai pers stillasies wat hulle soos spinnekoppe oor Gauteng se se paaie gespan hettie :patch: :patch:
 
NOU Manne en Manninne!!! Hierso MOET ekke julle weer so n bietjie agtergrond gee :patch: :patch: :patch: Nou DIE Uncle GLO nie in spoke nie maar Ouma wel :peepwall: Sy hoor gereeld goete en reuke en ekke fokkolie!!!! Nou ekke is van staal :peepwall: :peepwall: DIE aand boek ons toe by DIE ou leplekkie in Heidelberg in!! Toe ekke die plekkie sooo van buite af bekyk toe lyk hy sooo n bietjie "suspect"ma ekke issie n pissie nie en ons gaan voort met die in boekery :patch: :patch: Binne gekom en ekke die furniture so bekyk toe wil ek my mos verbeel dat ekke enige tyd n tante met n voortrekker rok en kappie ga sien verby kom :peepwall: :peepwall: MOETIE my mis verstaan die DIE plek is pragtig en die mense uiters gaaf :thumleft:
 

Attachments

  • WD109.jpg
    WD109.jpg
    263.9 KB
Na ete die aand besluit Willemse en sy Vroulief om vir kennesse te gaan kuier want DIE plek was sy uithang plek in sy jong dae!!! Ek is toe nie lus om hulle te join nie an na so n kouetjie of 2 gaan vang ek toe n reiniging in die shower en gaan le toe maar!! Ekke wou wou so aan die slaap raak toe hoor ekke mos nou geluide!! Tiepies soos n gekrap aan deure!!! Ek dink toe so by my selwers :patch: :patch: :patch: NOU da het jy dit OUDSTE!!! JY is mossie eene wat se sulke goete bestaan nie!!! Ek roer toe maar nie innie bed nie en probeer GLO!! As ekke hulle NIE pla nie dan sal HULLE my nie pla nie :patch: :patch: So onner die gekarring aan die deure raak ek toe aan die slaap!! Seker het die J&B darem so n bietjie gehelp!! Ek word toe later wakker toe my Mater hulle inkom en net toe dit so beginne stil word is ons mater wat krap by die deure terug!!! Die volgende more kom ek agter Willemse het ietsie oppie hart maar willie eintlik praat nie!!! Ma ekke het ook ietsie oppie hart en toe ek later vir my ou Mater vra???? HET JY DIT GEHOOR!!!! Toe se hy "HET JY DIT OOK GEHOOR :patch: :patch: :patch:
 

Attachments

  • WD110.jpg
    WD110.jpg
    273.6 KB
Van Heidelberg af huis toe was dit  :thumleft:toe maar net weer Hi-ways!! Heel un-eventfull!!! Soo kom stop ek toe weer na so 18 dae weer by die huis en die BUFFEL is weer terug in sy stal!
 

Attachments

  • WD111.jpg
    WD111.jpg
    281.1 KB
Thanks aan almal wat saam my gereis het!!! :thumleft: :thumleft: Sorry aan die wat ek ge-boar het :patch: :patch: Na die trippe het ek agter gekom!!! Na n laaang afwesigheid van mekaar is ekke en die BUFFEL nog MAATS!!!! GOEIE maats! :thumleft: :thumleft: AND the "FAT LADY HAS SUNG :peepwall:
 
Ek het lekker saam gery HtB, dankie dat jy julle ervarings met ons gedeel het.
 
Harry the Buffalo said:
Thanks aan almal wat saam my gereis het!!! :thumleft: :thumleft: Sorry aan die wat ek ge-boar het :patch: :patch: Na die trippe het ek agter gekom!!! Na n laaang afwesigheid van mekaar is ekke en die BUFFEL nog MAATS!!!! GOEIE maats! :thumleft: :thumleft: AND the "FAT LADY HAS SUNG :peepwall:

Hierdie klink meer na 'n re-union trip as recovery :thumleft:

Watter kant ook al om, baie dankie vir die deel, was lekker om saam te ry. Die HtB skryfstyl is ook lekkerlees.

Nou vir die volgende ene :thumleft:
 
VaalBaas said:
Harry the Buffalo said:
Thanks aan almal wat saam my gereis het!!! :thumleft: :thumleft: Sorry aan die wat ek ge-boar het :patch: :patch: Na die trippe het ek agter gekom!!! Na n laaang afwesigheid van mekaar is ekke en die BUFFEL nog MAATS!!!! GOEIE maats! :thumleft: :thumleft: AND the "FAT LADY HAS SUNG :peepwall:

Hierdie klink meer na 'n re-union trip as recovery :thumleft:

Watter kant ook al om, baie dankie vir die deel, was lekker om saam te ry. Die HtB skryfstyl is ook lekkerlees.

Nou vir die volgende ene :thumleft:

Oom, VaalBaas se comment hier is sppot-on.

Dit was 'n wonderlike lees/storie, en ek is seker almal het dit net so geniet soos wat Oom-hulle die trip geniet het.

Happy days Oom!
 
Top