Lekker alleen in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Right. Soos ek gesê het, ek's veilig deur die Moordenaars Karoo en nou net voor Sutherland draai ek af Tankwa se kant toe. Dis nog sowat 120km tot in Middelpos. Kom ons gaan kyk eers hoe lyk Oubergpas. Hierdie pas is deur die pioniersboere gebruik as een van die eerste twee toegangsweë na die Roggeveld en later die dorp Sutherland. Ossewaens was die enigste vervoermiddel. Die pas is vir meer as 80 jaar slegs as trekroete vir skape gebruik.

As skape en ossewaens hier kan loop, dan kan my "braaistand" ook! Onlangs gehoor dis die bynaam van hierdie pragtige masjien waarmee ek en soveel ander ondekkingsreisigers ry.

Hier is ons nou.
79.jpg


Dis verskriklik hoog. Ek reken as jy hier afdonner val jy tot oormôre toe.
81.jpg


Dis lekker steil! Ek sit die bike in 1ste en skakel hom af. Tyd vir n' foto. Dis te steil en 1ste rat hou die bike nie bo nie. No problem! Regtervoet op die agterbriek en kliek-kliek. Nice foto.
82.jpg


O shit! Daar val my handskoen.
85.jpg


Dit kos my hoeveel meters verder ry om 'n minder steil plek te kry om die bike op sy stand te kan sit sodat ek die handskoen kan gaan optel. Kyk mooi. Doer onder staan die bike. Lyk amper niks groter as 'n klip nie. Uitasem! Ek moet ophou rook of ophou loop!
86.jpg


Ek ry verder. Wat 'n uitsig. Nou onthou ek ook weer wat ek hier soek.
87.jpg


89.jpg


90.jpg


Nog 'n gepompery. Kyk die mooi agtergrond.
93.jpg


95.jpg


Hierdie een was 'n modderige spul. Jy kruis hom soos ons geleer was. Staan op, bid en kyk of jy droog is!
96.jpg


Hier Kom die Tankwa!
97.jpg


98.jpg


Wie sê daar is nie blomme in die winter nie. Ek is seker ek het al vroeër genoem hoe koud dit is.
100.jpg


102.jpg


Na sowat 50km kom ek by die ontvangskantoor aan. Daar is oral borde langs die pad wat sê jy MOET daar aanmeld. OK. Nou verstaan ek. Dis om R20 te betaal. Toe hulle my sien bied hulle dadelik vir my badkamergeriewe aan (nie toiletgeriewe nie). Ek het die een lanie hoor fluister: "...kan een mens so terug lyk". Weet nie wat sy probleem is nie. Ek het dan vanoggend gestort.
105.jpg


Nou weer verder Middelpos toe. Ek moet oor daai berge doer voor.
111.jpg


Hiers hy nou. Gannagapas!. Ek kan nie wag nie. Gannagapas is 6km lank met die mooiste uitsig oor die Tankwa Karoo.
113.jpg


114.jpg


115.jpg


117.jpg


118.jpg


Hier het ek letterlik afgepie amper onder op die pad waarmee ek opgekom het. Die pad het 'n kleierige basis. Ek dink dit kan sports wees as hy nat is!
119.jpg


121.jpg


En ek is bo!
122.jpg


Hierdie is afgetrede pompers.
125.jpg


Uiteindelik in Middelpos! Dis baie laat die middag. Middelpos is vandag een van slegs 'n paar dorpe in Suid-Afrika in privaat besit. Die graf van Daniël Thomlinson, die 1ste eienaar in 1853 is sigbaar by die ingang van die dorp. (Vir my het die dorp meer na 'n plaas gelyk maar nou ja).
126.jpg


Daar is 'n klein hotelletjie, 'n klein poskantoor en 'n winkeltjie ....... maar geen mense nie. Uiteindelik kom 'n jong meisie aangestap. Halo, sê ek. Kan ek hier kamp. Ja, sê sy. My ma is net in die winkel. Het julle vleis?, vra ek. Nee, sê sy. Is hierdie 'n geniune hotel?, vra ek. Jip. Kan ek dan in die hotel slaap vanaand? Jip, sê sy. My ma kom nou.

Sout van die aarde. Antwoord jou kort en kragtig op wat jy vra. Praat nie soveel strond soos ons hier in Gauteng nie.

Hiers die poskantoor.
127.jpg


Hiers my kampplek. Bike-ry is nie vir sussies nie.
128.jpg


Ek was die enigste vreemdeling in die hotel / dorp / plaas. Ek vra die jonge dame toe waar die kroeg is. Sy reken toe sy sal haar broer roep. Die broer vra my toe hy reken ek soek iets om te drink. Ek knik my kop. Hy vra toe wat ek soek want hy gaan nie die heeltyd daar sit nie? WTF. Uitgesort.
129.jpg


GOOD NIGHT! Dag 2 agter die rug. Afstand 297km.
 
Nou is ek darem so lus vir ry op daai paaie.... :ricky:
 
Janee ek stem Brand.

Jou manier van skryf DikDaan laat my sommer meer verlang na mense en plekke wat ek nog moet leer ken.
 
Ek het nou lekker gelees tot hier toe.

Toe toe , moenie skaam wees nie,  kom wys nog ;-)

Ek hou van jou skryfstyl en moenie worry nie , jy kan nooit te veel fotos opsit nie.

 
Raak al hoe beterder!!  :thumleft:
 
hierdie is vrek oulik daan... ek ry more uit soontoe... kan nou nie meer wag nie.

 
Swart Baard said:
Genuine n' lekker lees die hoor  :thumleft:

Waasie res  :drif:
Ja wragtig,ek stem :thumleft: .jy en my pel Bertie Fiett kon net sowel een gewees het as dit so by die manier van 'n ding vertel kom!
Sabkraaib
 
Lekker trip sover Daan.

Lyk nie of jy 'n man van baie woorde is nie, maar skryf kan jy skryf. Jou RR laat my sommer die panniers opgooi en die pad vat. :thumleft:

 
Dikdaan said:
Hiers my kampplek. Bike-ry is nie vir sussies nie.
128.jpg

Hoe mooi staan die koos onder die kas.  ;D

Lekker DikDaan, ek begin beplan.  :thumleft:
 
Ek is lief vir die Karoo my ma ko van Carnavon af dankie vir die mooi foto's en lekker toerverslag puik werk
 
Fok, hier spring my vrou my voor?  ???

Lekker RR, maak my sommer spi.., sorry, lus om te pak.

Gooi oompie, gooi.
 
DAG 3: MIDDELPOS NA FRASERBURG VIA DIE POSROETE.

Vroegoggend is ek op. Man, ek het lekker geslaap. Julle kan gerus hier 'n draai kom maak. Bel hulle voor die tyd. Ek is seker jy sal kan reël vir 'n barman. Hulle nommer is 027-341 2507.

Die hele dorp slaap nog. Ek maak toe maar 'n rokie.
133.jpg


131.jpg


Na 'n lekker ontbyt (met nogal bokbotter en al) val ek in die pad. Ek is nou oppad Sutherland toe. Ek volg maar die GPS en ten aanskoue van die hele Middelpos gemeenskap (al 10) kom ek by 'n draadtoegedraaide draadhek. Die GPS wys vorentoe. Ek klim toe maar af en met 'n gesukkel kry ek die hek oop, ry deur en draai die hek weer vas en ry verder. Wat nou? Binne-in 'n skaapkraal! Kom toe maar al die pad weer uit. Niemand sê iets nie. Staan my net so en kyk. Watsekant toe is Sutherland?, skree ek. Daai kant toe. Thanks! Cheers!

Nou ry ek weer te lekker.
136.jpg


138.jpg


Smoke break. Die paaie se kondisie is goed. Lekker man.
139.jpg


140.jpg


141.jpg


Smoke-break. Weer! Die siggarette smaak vir my verskriklik lekker vanoggend. Moet iets met die bokbotter te doen hê.
142.jpg


143.jpg


144.jpg


149.jpg


Doer voor lê Sutherland.
151.jpg


Sutherland! ..... "Gateway to the Universe. Land of Snow and stars!"
152.jpg


Die buitewyk van Sutherland huisves ook die grootste teleskoop in die Suidelike halfront. SALT (South Africa's Largest Telescope). Die teleskoop is glo so kragtig dat jy daarmee 'n kers op die maan sal sien brand. Vat so!
153.jpg


154.jpg


Nou sleep ek verder. Fraserburg toe.
157.jpg


Ek besluit toe om ook die Posroete te verken. Dis 'n moet. Sal weer hierdie paadjie in die toekoms ry.
158.jpg


Verskilende stroompies en dingetjies en datjies wat jy kruis op hierdie roete.
159.jpg


162.jpg


Nou ja, wat kan 'n mens sê....? 'n Threesome!  :3some:
163.jpg


Ek gebruik sommer die geleentheid vir 'n rokie en 'n paar happe aan 'n perske vrugterol.
164.jpg


Hulle sê mos ou karre roes stadig.
166.jpg


168.jpg


169.jpg


171.jpg


Hier raak die pad lekker sanderig.
174.jpg


175.jpg


178.jpg


Baie van hierdie korbeel huisies langs die pad. Hierdie een het sy gat gesien.
180.jpg


Dis interressant hoe die terrein die heeltyd verander, lettelik elke paar kilometers. Van kleur, vorm, sand, klip, modder wat ookal nog.
183.jpg


Na 232km kom ek nou in Fraserburg aan. Ter interressantheid, die digter/skrywer A G Visser is in 'n tent onder 'n peerboom in hierdie distrik op die plaas Zandfontein gebore.

Ek het petrol ingegooi en gevra vir kampplek. Hulle het 'n kamppeerterrein 4km buite die dorp. Die sleutel moet by die stadsraad afgehaal word. Dink jy iemand kan die sleutel kry? Gelukkig was daar 'n polisieman wat alles hoor. Hy reken toe ek moet vir die eienaars van 'n restaurant, Die Kliphuis, vra of ek nie agter in hulle jaart kan kamp nie. Mooi man! Watse vriendelike mense. Herman en Ronel (tel: 023-741 1870) was te bly vir die besigheid. Hulle besigheid is geskoei op toerisme. Die inwoners self maak nie werklig van hulle geriewe gebruik nie. Maar finansiële redes. Herman ry self bike. Bikers is ook altyd hier welkom.

Agter in die jaart.
187.jpg


Hiers my kasa!
189.jpg


Nou loop die brannas mooi.
190.jpg


Ek dink ek het laas in die weermag so koud gekry. Geen hoeveelheid brandewyn of komberse kon dit verander nie. Hierdie is die volgende oggend.
192.jpg


193.jpg


Ek is vroeg op om kamp op te slaan. Vandag is 'n groot dag. Hulle sê daar is boggerol op Verneukpan. Ek gaan kyk of dit so is. ::)
 
Top