Sondag oggend het ek moeilik en vaak opgestaan. Na twee koppies koffie was ek reg vir die dag. Of so het ek gedink!
Om by ons motorfietse in die agterplaas uit te kom, moes ons deur die danssaal stap. Dit het gestink na sigaretstompies, vergete bierglase en benoude skoene. Die poeding het nie baie aftrek gekry die vorige aand nie, want baie bakkies het onaangeraak op die onthaaltafel gestaan.
Ek was nogals teleurgesteld toe ons in die buitehof kom en sien dat daar geen van die jagteromies se bokke aan hake hang nie. Die groot ysterhek rol oop wat die hotel en straat van mekaar skei en ons vertrek. Byna geen voertuig of mens is in sig nie. Die Meerkat Restaurant le ook en slaap. Ons ry uit die dorp uit. Nou kan ek sien hoe Carnarvon se gholfbaan lyk, dis vaalgeel en val vreemd op die oog as mens gewoond is aan die Kaap se grasgroen bane. Ek het bietjie bekaf gevoel dat ons Carnarvon moes verlaat. Ek sal weer terug wees! :deal:
Ons eerste dorp vir die dag, Willeston, is 120 kilometer se teerpad ry verder. Nismark wou vreeslik graag vir my hulle Mall gaan wys.
Die rit na Willeston opgesom:
Ons ry die platterige wereld binne terwyl ons tuur oor die verlate vlaktes wat ‘n mooi van hul eie het.
Ons ry en ry en ry.
Die pad raak by die kilometer al hoe verveliger. (ons het geen ander voertuie tee gekom nie.)
Nou wanneer gaan ons dan by die kordeel huisies uitkom?
Die eentoniige pad hou aan en aan en aan.
Na 60 kilometer stop ons naby huisies. (daar was darm toe al 'n bultjie in sig) Dis nie kordeelhuisies nie, maar dis darm iets om na te kyk. Tussen my en Nismark was daar ‘n kommunikasie-oeps. Ek het aangeneem ons gaan na Brandt se kordeelhuisies kyk, terwyl hy na die vorige aand se gesprek glad nie weer daaraan gedink het nie. So leer ‘n mens ne!