Middagete in die Sederberge met "Bekendes"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Die storie begin met Andy en adv wat iets probeer reël vir die naweek. Daar is egter min belangstelling en niks word werklik gefinaliseer  nie. Verder jaag Haboob nog die twyfelagtiges skoon skrik op die lyf met sy verslag. Ek besluit self eers op die nippetjie om te ry en reël vinnig met Andy dat ek hom iewers sal kry, maar dat ek eerder die Ceres roete sal volg omdat ek bang is vir die diep driwwe wat in vloed is. So beland ek toe weer eens op ’n semi-solo rit.

Ek trek 07:00 by die huis in snerpende koue weg met my vrou wat vir oulaas vir my laat verstaan hoe mal ek is om te ry. Ek is dik aangetrek en die "heated grips" is op maksimum gestel, maar toe ek ander kant Du Toitskloof uit ry ruk ek van die koue en is ek so versteen dat ek sukkel om draaie te vat. Verder is die mis plek, plek so dik dat ek met ’n oop "visor" moet ry.

Met die son wat begin kop uitsteek, neem ek die eerste foto's in die Slanghoek-vallei.
 

Attachments

  • Middagete rit 21-06-2014 002.JPG
    Middagete rit 21-06-2014 002.JPG
    395.4 KB · Views: 402
  • Middagete rit 21-06-2014 001.JPG
    Middagete rit 21-06-2014 001.JPG
    299.2 KB · Views: 401
  • Middagete rit 21-06-2014 005.JPG
    Middagete rit 21-06-2014 005.JPG
    273.1 KB · Views: 406
  • Middagete rit 21-06-2014 003.JPG
    Middagete rit 21-06-2014 003.JPG
    330.3 KB · Views: 396
  • Middagete rit 21-06-2014 004.JPG
    Middagete rit 21-06-2014 004.JPG
    331.5 KB · Views: 401
Top