Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Jy het darem maar 'n YSTER van 'n vrou.
Ek het lekker saamgery... net die Koedoe droewors gemis... :ricky:
 
Dit lyk vir my daar is 'n paar skrywers so tussen die Wilde Honde...  :deal:

Masai, Dorsland, die Visarende, Danie.... en ander wat ek nie nou kan onthou nie...  :peepwall:

Baie dankie vir jul manier van RR's doen - ek waardeer en reis lekker saam...  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
 
iemand het verlede week n feel good thread begin wat hy beskryf het as "'n Dorsland Moment "

toe ek hierdie een se eerste paragraaf lees, toe weet ek hier kom nog so een. Pragtige wereld daar om jou, dis vir oomblikke soos hierdie wat ook bike ry  :thumleft:
 
Jy het n gawe wêreld om in rond te ry Dorsland. :thumleft: :deal:
 
Lem said:
iemand het verlede week n feel good thread begin wat hy beskryf het as 'n Dorsland Moment

toe ek hierdie een se eerste paragraaf lees, toe weet ek hier kom nog so een. Pragtige wereld daar om jou, dis vir oomblikke soos hierdie wat ook bike ry  :thumleft:

:thumleft:
 
Lem said:
iemand het verlede week n feel good thread begin wat hy beskryf het as "'n Dorsland Moment "

toe ek hierdie een se eerste paragraaf lees, toe weet ek hier kom nog so een. Pragtige wereld daar om jou, dis vir oomblikke soos hierdie wat ook bike ry  :thumleft:

hehehehe dis gaaf Lem.  Stuur my bietjie 'n link as jy kan onthou.

Kyk, ek is so lus vir jaag soos die volgende ou maar soms - ja OK, soos die jare verbygaan raak soms meer dikwels - dan is dit lekker om die wêreld om my te ervaar.  Nie net te sien en af te neem nie, maar werklik ervaar.  Ek dink daar is 'n skatkis bitter interessante stories wat op klein dorpies te vertel is.  Mens moet net bietjie rustig raak, gaan sit en luister, daai mense wíl praat.  

Dit het al 'n paar keer met my gebeur dan is ek langs die pad gestop.  Kort voor lank stop 'n ou in sy bakkie en vra is als reg.  Nog voor ek my kan kry, dan gesels ons dat die rook op ons trek.  Vir my is dit seker maar die kern van reis, om die omgewing waardeur ek ek ry en die mense wat daar woon, te ervaar.  Ek dink nie dit kan gebeur as jy hakke innie ribbes daardeur jaag nie.
 
Dorsland said:

Is darem jammer ons het nie tyd om meer by mense te stop nie. Eenslag ry ek deur Warmbad (dis nou die stad in Namibië)
met die uitry sit n oompie op n stoep en hy waai vir my in die verbyry.
Ek is vandag nog spyt ek het nie gestop nie. Ek reken vir elke plooi op sy gesig het hy seker n 100 stories gehad. :deal:
 
Lekker geskryf. Wens ek kon so skryf, maar woorde is my swakpunt.
 
Nog iets. Jou fotos maak gou en lekker oop. Wel done.
 
Dorsland, baie dankie vir die deel en jou skryfstyl is wonderlik.  :thumleft:
 
Baie lekker gelees. Ons is 'n klomp maters vanaf Gauteng wat juis oorweeg om volgende jaar deur die Karoo te toer maar sit nog en herkou oor wanneer dit moet geskied. En nou gee jy my die antwoord. Baie dankie.
 
Mens kan jou goeie bui sommer raaklees in die eerste paar sinne. Nou het jy my ook aan die smile. Dankie  :thumleft:
 
Ja nee dit was nou n lekker RR. Ek het dit baie geniet. Dankie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dogless said:
Baie lekker gelees. Ons is 'n klomp maters vanaf Gauteng wat juis oorweeg om volgende jaar deur die Karoo te toer maar sit nog en herkou oor wanneer dit moet geskied. En nou gee jy my die antwoord. Baie dankie.

@ Dogless (dis seker erg om sonder 'n hond die lewe deur te gaan  ;D): Ek sou sê mens moet dalk September/Oktober/November oorweeg alhoewel November al begin warm raak.  Nou is dit nog lekker (alhoewel vandag al 33ºC en gister 34ºC was), maar Desember/Januarie dan raak dit kwaai warm en 'n ou bars maar met jou ATGATT.  40ºC en hoër is nie ongewoon nie.  Leipoldt was reg gewees; Oktober is eintlik 'n pragtige maand met al die veldblomme wat blom.

C. LOUIS LEIPOLDT

Oktobermaand

Viooltjies in die voorhuis,
        Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
        En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober,
                      die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
                      so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
                      die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
                      die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober:
                      die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
                      is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
                      nog as ‘n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
                      hul mooiste voorgehaal.

Dit is die maand Oktober:
                      die akkerboom is groen;
Die bloekoms langs die paaie
                      is almal nuutgeboen;
En orals in die tuin rond
                      ruik jy sering en roos,
Jasmyn en katjiepiering,
                      lemoen en appelkoos.

Al was die dag soos yster,
                      lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies
                      deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daaronder
                      agter die berge gaan,
Dan word oor heel die wêreld
                      die mooiste geur geslaan.

Dit is die maand Oktober:
                      die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
                      die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
                      daaronder by die sluis,
Daar is ‘n dor ou doringboom
                      sy spens en sy kombuis,

Dit is die maand Oktober:
                      ek dink, die mense vier
Vir ewig in die hemel
                      Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
                      as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
                      of heerliker verwag?

Ek is nog in Oktober:
                      my tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
                      met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre.
                      so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
                      die mooiste, mooiste maand!

Wat gee ek om die winter?
                      Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
                      weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
                      die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
                      so pragtig elke aand!

Viooltjies in die voorhuis,
        Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
        En orals, ai, so mooi!
 
Jondu said:
Nog iets. Jou fotos maak gou en lekker oop. Wel done.

Dankie Jondu, waardeer die kompliment.  Elkeen van ons is geseën met talente en gawes, jy doen weer ander dinge goed. 

Ek gebruik sommer Photobucket om my kiekies mee te pos.  Ek sien dit werk goed.  :thumleft:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Is darem jammer ons het nie tyd om meer by mense te stop nie. Eenslag ry ek deur Warmbad (dis nou die stad in Namibië)
met die uitry sit n oompie op n stoep en hy waai vir my in die verbyry.
Ek is vandag nog spyt ek het nie gestop nie. Ek reken vir elke plooi op sy gesig het hy seker n 100 stories gehad. :deal:

Ek dink dis daai Dana Snyman wat altyd so lekker stories skryf oor die mense wat hy teekom.  Ou Tolla hulle was maar ook so; het 'n storie oor elke dorp en van elke mens gehad.  Ja Chris, die lewe druk ons alewig in die vinnige baan in en dis sommer nou dan is dit verby, dan is spyt te laat.
 
Top