Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir al die terugvoering ouens,  bly julle geniet dit.  Donasies in die Dorsland Vroeë Aftreefonds is welkom  :imaposer: :imaposer:
 
Die RR was nou vir my 'n Gin en Tonic.  Het hoeka vandag weer daai gevoel dat die swart hond my wil insluk. So flippen gejaag net om elke maand die bankman weg te hou. Skaars aan die asem haal dan is dit weer sulke tyd.  Ek probeer elke Saterdag so draai ry hier in die Koo in. Net so 250km roundtrippie maar maak wêreld se verskil.  Deesdae altyd alleen en so vinnig as wat ek kan. Net om onder die maalkolk van gedagtes te kan uitkom.  Ek gaan nog eendag daar by jou uitdop Dorsland, genooid of ongenooid.
 
Jis ou SD,  en hulle sê boerdery is rustig  :eek:  Ja, so 'n trippie maak 'n ou se kop weer bietjie skoon. Mens moet maar tyd maak daarvoor.

En jy is altyd welkom, genooid of ongenooid, oorslaap of net keelnatmaak.  Die bier is in elk geval altyd koud en ek is seker ek kan so 'n tjoppie of 20 erens uitkrap as dis vleislus ons oorval  :lol8:
 
Dink ek moet sommer na werk so ent gaan ry, klink of dit die oplossing is vir hierdie sluimerende swartgalligheid wat so wil-wil kopuitsteek by my gemoed.  Of dalk is dit maar net die Maandag wat my onkant betrap het.  En nou wat Dorsland boonop praat van vleisbraai daar op die plaas, sal daai aand se lekker kos en kuier mos homself nou op repeat kom instel het hier in my kop! :biggrin:
 
Soos gewoonlik 'n lekker stuk om te lees met fotos wat 'n ou wil laat ry. Geniet jou stories Dorsland!
 
Karoo Rider said:

Hoe ver is jy nog,  die kole is amper reg  :biggrin:
 
Noneking said:
Soos gewoonlik 'n lekker stuk om te lees met fotos wat 'n ou wil laat ry. Geniet jou stories Dorsland!

:thumleft:  Is dit jy wat so haasbek in jou avatar is ?  :biggrin:
 
Dorsland said:
Noneking said:
Soos gewoonlik 'n lekker stuk om te lees met fotos wat 'n ou wil laat ry. Geniet jou stories Dorsland!

:thumleft:  Is dit jy wat so haasbek in jou avatar is ?  :biggrin:

Dis toe ek nog jonk en maer en mooi was.....
 
@ Dogless (dis seker erg om sonder 'n hond die lewe deur te gaan  ;D):

Eks vreeslik lief vir honne maar elke afsterwe is soos dood in die gesin. Ek was nooit 'n kat mens nie tot die kinders die goed hier aangebring het. Nou geniet ek hulle. Anders as honde maar oulik in eie reg

Ek sou sê mens moet dalk September/Oktober/November oorweeg alhoewel November al begin warm raak.  Nou is dit nog lekker (alhoewel vandag al 33ºC en gister 34ºC was), maar Desember/Januarie dan raak dit kwaai warm en 'n ou bars maar met jou ATGATT.  40ºC en hoër is nie ongewoon nie.  Leipoldt was reg gewees; Oktober is eintlik 'n pragtige maand met al die veldblomme wat blom.

Ek noem juis vandag aan maters dat volgende jaar Oktober die maand gaan wees net om met 'n skok agter te kom dis my 50ste dan wat veteken ek en mooiste sal iets moet doen. Eks bly om te sien September sal ook werk want ons neig soontoe
 
Dorsland said:
Karoo Rider said:
Dink ek moet sommer na werk so ent gaan ry, klink of dit die oplossing is vir hierdie sluimerende swartgalligheid wat so wil-wil kopuitsteek by my gemoed.  Of dalk is dit maar net die Maandag wat my onkant betrap het.  En nou wat Dorsland boonop praat van vleisbraai daar op die plaas, sal daai aand se lekker kos en kuier mos homself nou op repeat kom instel het hier in my kop! :biggrin:

Hoe ver is jy nog,  die kole is amper reg  :biggrin:

:drif: :thumleft:
 
Die was nou 'n lekker RR  :thumleft: Dankie Dorsland, jy maag maar skryf hoor, jy ken van  :thumleft: Tot ek wat 'n Soutie is het dit verskriklik geniet  ;D En ek stem, sometimes, slowly is way better.

A few years ago I took a week off work to clear my mind and cycled from Brackenfell to Ladismith on my MTB via the coastal route to Gansbaai and then inland via Swellendam. I think in those 7 days I met more people and spent more time communicating one on one than I had in the previous 7 years  :eek: It remains a trip I treasure in my memory.
 
Dorsland, soos altyd skyn daar 'n eenvoudige egtheid deur die woorde wat jou ervaring mooi oordra. Dankie.
Lekker om te lees en daai area is gemaak vir 'n kamera.
Ek laaik ook daai sluip en stop style deesdae. Mens sien soveel goed raak wat jy andersins heeltemal sou gemis het.
Debi en Skoe-ma het bv Sondag 'n uur na my vertrek Vanwyksdorp toe en toegegee ek het 'n paar agterpaadjies gery maar nie soveel verder as hulle nie en hulle was 'n uur voor my daar. Lekker om te tjil en oop te maak vir alles wat daar buite is. Dis heilsame kopkos.
En ja soos jy tereg opmerk, vir die ouens wie dit nog nie uitgetjek het nie, die tussenseisoene is die beste tyd om in die K'roo te kom skuur.
 
:thumleft:
Lekker gelees aan jou RR. Sit sommer 'n smile op my gesig en 'n gejeuk in my gat om ook te gaan ry. Welgedaan. Die fotos op hul eie praat ook 'n mooie storie.
 
Waar is jy See Duiwel?  Sit nou, 02h30 in die dêm oggend, en lees bietjie Wild Dawgs om eers weer moed te skep om te gaan probeer slaap.  As dit nie vir die koedoedansgevaar was nie, kon ek maklik nou weer die vlaktes invaar om tot rustigheid te kom  :( 
 
Awesone skryfstyl en een van die redes hoekom ek as fotograaf besef het die Adventure Riding ding is vir my.  Stem saam.  Niks so lekker as om 11 ure aan 200km re ry nie.  Niks jaag jou nie
 
Dorsland baie dankie vir die deel.  :thumleft:

My ouma het op die plaas Winterhoek  ( langs Valley of Desolation ) groot geword, so daai area is vir my baie spesiaal.  Lekker om jou fotos te sien en jy beskryf jou ervarings so mooi.
 
Ek sien elke jaar uit om hier om Oktober vir ń week of twee in Graaff Reinet te werk. Hierdie RR het my nou net van voor af lus gemaak. Soos van die ander honde nou al reeds gesê het, jy het ń pragtige skryfstyl Dorsland. Dankie dat jy deel.
O ja, en die scooter kom gewoonlik ook saam. :)
Dis mooi wereld daai!
 
Dorsland said:
Waar is jy See Duiwel?  Sit nou, 02h30 in die dêm oggend, en lees bietjie Wild Dawgs om eers weer moed te skep om te gaan probeer slaap.  As dit nie vir die koedoedansgevaar was nie, kon ek maklik nou weer die vlaktes invaar om tot rustigheid te kom  :( 

In Robertson omgewing. My komper goete in die huis is stukkend, knapie kom glo vandag regmaak. So nie sou ek jou vanoggend al geantwoord het. Lyk my jy is ook maar soos ek. Sukkel om te slaap. So 03h00 vanoggend my boerboel gaan trap dat hy tjank. Ding sit en blaf sulke dowwe houe in die nag vir niks.  Oupa het gesê as jy jonk is boer jy in  die dag en as jy oud raak boer jy snags! Mooi dag daar!
 
Nog 'n Dorsland inspererende treffer :thumleft:
Ek stem saam daar is darem geen beter stress medisyne as om so paar uur in die natuur op jou eie te spandeer nie en hierdie tyd van die jaar is dit nog meer spesiaal. Jy boer in so mooi deel van die land. Ek verlang nou nog terug na ons toer deur julle mooi wereld laas jaar.
Dankie vir die mooi RR en foto's
 
Top