'n Groot Karoo draai: Dorsland in 'n dors land

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
    Dit was nou n lekker  trip deur n dors land.Kan nie wag om self weer n slag die pad te vat nie.
 
Dankie Bokveld, ek wou gaan kyk of daar wel plekke is wat droër as hier is. En ja, daar is. Maar die manne hou kop bo water. Elke dag is 'n dag nader aan die reën.
 
Dorsland said:
Elke dag is 'n dag nader aan die reën.

Wanneer behoort die water te begin val?

Somer reënval met donderstorms?
 
3de week van Oktober. Laasnag op Nardousberg gesneeu [emoji15], ysreën so 04h00 vanoggend hier by my. 1mm.
 
Dorsland said:
Dankie Bokveld, ek wou gaan kyk of daar wel plekke is wat droër as hier is. En ja, daar is. Maar die manne hou kop bo water. Elke dag is 'n dag nader aan die reën.
Dankie vir die mooi RR. Baie lekker gelees was net te kort :biggrin:
Lekker bly.
 
Ek sê mos ook dit was té kort. Ek het dit net beginne geniet, toe is dit verby. Ai [emoji16] [emoji3]
 
dit was nou n lekker lees. Dankie Dorsland dat jy die tyd vat om die area en mense se stories te deel.
 
Dankie vir die intensiewe reisverhaal.
Mens voel jou liefde vir die land en sy mense.
 
Baie dankie vir die mooi skrywe en die deel van jou reiservaring. Dit het kompleet gevoel asof ons saamry deur die dorre land. Hier in die Kaapse skiereiland en Swartland bokant die bergrivier lyk die watersituasie beroerd. In Durbanville is my eco tank darem vol na eergister se paar druppels.  :thumleft:
 
Dorsland said:
Met die gesloer met die boutjies soek is ek nou te laat om Fraserburg te haal so ek soek plek vir die aand.  Steenbokkie private reservaat word aanbeveel.  Ek het hom verbygery met die inry slag en ek kies koers soëntoe. 

Daar aangekom is dit soos ’n oasis.  Groen wat die oë seermaak.  Ek kry ’n gemaklike kamer en gaan pak af.  Trek my kortbroek aan, skoppie boetse uit en gaan sit op die groen gras.  Slat my met ’n pap snoek, hier kom ’n hondmak Springbokkie aan, kom snuffelsnuffel in die kamer, peusel aan die gras hier reg langs my.  Baie oulik maar hy lyk al ouerig, afhorings en growwe haarkleed.  Dis ’n behoorlike plaaswerf: boepensvarke, blinkvet Dorpers, iets wat lyk asof hy (bitter min) Boerbokbloed in hom het, miniatuur perdtjies, kalkoene, kolbroek varke, poue, swane, ganse, eende, hoenders, en sierduiwe.

679968b8d40a0fa5249804c2aff0f7e3.jpg


Die Springbokkie soek seker punte in daai boks:  :peepwall:

6b3e27268ab12bc5bc334046bb1165ee.jpg


En ’n bliksem wat sy doefdoef musiek kliphard speel.  Daar is mos altyd een van daai wat my moermeter weer die rooi in moet druk.

Dorsland, ek het nog nie jou verhaal deur gelees nie, maar ek sien uit.

Ek let op dat jy die eerste foto op presies dieselfde plek geneem het waar Magdaleen die aangehegde sonsondergang fotos geneem het waarop jy ook kommentaar gelewer het (https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=214766.msg3906840#msg3906840).

Ons het selfs in dieselfde kamer daai aand gebly. Met die lekker lang matras. Terloops, ek verstaan nie deesdae se tendens om sulke oop deurlose storte te bou nie. Dis koud! Veral nie as mens probeer water spaar deur net die nodige te gebruik nie. Sonder 'n deur is die lekker warm waterdamp vinnig verlore. Elkgeval
 

Attachments

  • IMG_8561.JPG
    IMG_8561.JPG
    243.2 KB
  • IMG_8565.JPG
    IMG_8565.JPG
    83.7 KB
Kan jy dit nou glo! En ja, ek onthou hoe mooi Magdaleen se fotos was.  Het daai springbokkie by julle ook kom kuier?

Mens sien seker orals dinge wat eienaardig is, die stort storie stem ek mee saam.  Dis natuurlik 'n ander saak as dit so 'n veldstort is of onder 'n rotslysel of iets dergliks.  Op Prins Albert het ek so 'n snaakse stort gehad.  Geen mure, geen deur nie.  Sommer daar in 'n hoek van die groot badkamer met 'n skuins vloer en basta.  Dit het my nie gepla nie maar ek kan dink dit kan nogal 'n snaaksgeid wees as dit 'n gesin is wat daar bly.  8)
 
silberfuchs said:
Dankie vir die intensiewe reisverhaal.
Mens voel jou liefde vir die land en sy mense.

Dankie silberfuchs, ja ons ou land en sy mense wat so verniel word is 'n bitter hartseer pil om te sluk.  Ek wonder altyd hoe die Boere destyds na die AngloBoere Oorlog gevoel het toe hulle terugkeer na hulle verwoesde plase toe.  As ek van ons klein dorpies so kyk dan dink ek ek het begrip vir hoe hulle gevoel het.
 
Ek is baie bly vir julle Lem, 'n waternood is 'n lelike ding.  Mens kan eintlik ie glo water word nog so goedkoop verkoop nie.  Goedkoper as diesel.  Maak nie vir my sin nie.

[member=14258]m0lt3n[/member]: Almal het 'n storie te vertel, mens moet net tyd maak om te gaan sit, vra 'n vraag of twee en mense praat hul harte uit.  Dan luister ek lekker na hulle vertellinge.  Onthou jy nog vir Spies en Plessis.  Dit was nou nag toe daai manne oorlede is.  Daar is nou bobaas storievertellers gewees.  En ek glo mos 'n Boesmanland- en Weskusaksent dra omtrent 40% tot 'n storie se vertelling by.  :biggrin:
 
Dorsland said:
silberfuchs said:
Dankie vir die intensiewe reisverhaal.
Mens voel jou liefde vir die land en sy mense.

Dankie silberfuchs, ja ons ou land en sy mense wat so verniel word is 'n bitter hartseer pil om te sluk.  Ek wonder altyd hoe die Boere destyds na die AngloBoere Oorlog gevoel het toe hulle terugkeer na hulle verwoesde plase toe.  As ek van ons klein dorpies so kyk dan dink ek ek kan dalk 'n begin voel wat hulle gevoel het.

Die feit dat jy waarnemings soos beskrewe kan maak, wys dat die ou kultuur en beskawing wel in 'n krisis, maar nog lank nie verniel is nie. (Verdere beskouings van die onderwerp wil ek van my kant af nie in die raamwerk van jou reisberig inbring nie). Ek wardeer jou sienswyse en die woorde waarin jy dit set. Ek is ook seker, dat daar baie mense soortgelyk voel sonder om luid uittepraat. Dankie nogmals.
 
WOW Dorsland!!

Baie dankie vir die deel van jou reis... letterlik en figuurlik.

Hoop julle kry gou reen...
 
Ek is bly julle het die vertellingtjie geniet. Om die dinge so neer te skryf is vir my ook goed. Help soms om orde van die wêreld te kan maak, bietjie perspektief te kry.
 
Top