Ons jaarlikse lang motorfiets toer - nie heeltemal beplan nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons probeer om elke jaar so rondom April 'n lang motorfiets toer te doen. Hierdie jaar het ons egter nie daaraan gedink nie aangesien ons soveel ander ysters in die vuur het.  Die verskriklike droogte wat ons in Namibia gehad het, het ook bygedra dat ons nie veel aandag aan motorfiets ry kon gee nie.  Wel gelukkig het omstandighede anders besluit en kon ons 'n vinnige toer inwerk.
My skoonsuster word 60 en my swaer en kinders besluit om vir haar 'n verassings partydjie te reel, en ons word uit die aard van die saak genooi. Vroulief vind uit oor vlieg kaartjies en toe ons die prys sien besluit ek dan ry ons liewer met die motorfiets. Ons noem dit aan Willem en Suzette oor 'n braai en daar en dan besluit hulle dan ry hulle saam. Hulle strandhuis is op 'n groep waar mense huise uitruil en terloops wil mense van Pretoria wat 'n strandhuis in Haroldsbaai het April in hulle huis in Swakop kom bly en kan ons die huis in Haroldsbaai gratis kry vir die week van die woordfees in Stellenbosch. Ons besluit dan bly ons 'n week langer en ry bietjie in George en Knysna rond en ry deur die karoo terug. In belang van tyd en die afstand besluit ons om met die groot BMW's te ry and moet dus beplan om net teerpad te ry. Dinge word gereel en besluit om Woensdag middag te begin ry, net tot op Mariental. Dan die volgende dag so ver as wat ons kan kom voor dit donker word. Ons wil ons ou vriende wat in Laaiplek bly te verras oppad kaap toe.
Woensdag middag so net na drie uur vat ons die pad Mariental toe. Ons ry  lekker met 'n stewige windjie, maar die fietse is so gemaklik. Net so 20 kilometer voor Mariental word Willem gevang vir spoed, die verkeers beampte wil weet waarheen ons oppad is. Toe Willem se Kaapstad wil hy weet waar ons oornag, Willem se miskien Keetmanshoop, hy skud net sy kop en se, vandag is sy gelukkige dag en ons moet veilig ry.
In Mariental boek ons in by die River Charlets, by hulle ingang is 'n  nuwe padstal wat baie lekker kos gee en ook 'n "petting zoo" in die agterkant het. Ons maak ons tuis daar, geniet 'n paar heerlike duitse bruis drankies en eet die gebruiklike steak.
Ons is vroeg in die bed , want more oggend wil ons vroeg wikkel om te kyk hoe ver ons kan kom vir die dag.
Foto 1:            'N yskoue bier  is net die ding
Foto 2 en 3: Met die droogte nog nie gebreek nie sukkel ons maar om 'n vet steak te kry
Foto 4 en 5 : Van die diere by die petting zoo, 'n bok met vier horings en klein varkies
 

Attachments

  • 20200304_201451.jpg
    20200304_201451.jpg
    84.5 KB
  • 20200304_180129.jpg
    20200304_180129.jpg
    67.8 KB
  • IMG-20200314-WA0145.jpg
    IMG-20200314-WA0145.jpg
    185.2 KB
  • 20200304_201459.jpg
    20200304_201459.jpg
    62.6 KB
  • IMG-20200314-WA0146.jpg
    IMG-20200314-WA0146.jpg
    119.6 KB
Onbeplande trips het die manier om die lekkerste te word/wees. :thumleft:

Sub.
 
Donderdag oggend is ons vroeg uit die vere na 'n nag van baklei met die muskiete. Hierdie Mariental muskiete steur hulle nie aan 'n lugverkoeler nie. Wel  ses uur begin ons ry, dis nog effens donker , maar ons weet dit sal nou nou begin lig word. Ons ry tot die son opmom en stop gou vir bene rek en 'n paar fotos. Ons is vroeg in Keetmanshoop, maak die fietse vol en ry verder. Daar is 'n eetplek, Kitchen 51 , so 45km uit Keetmanshoop en ons stop daar vir ontbyt. Volgende stop was Grunau waar ons gou iets koud drink voor ons die vervelige en winderige pad vat grens toe. Hierdie stuk laat loop ons die fietse wat ookal hulle kan doen en is gou gou by die grens.
Grens prosedure afgehandel ry ons tot in Sprinbok waar ons gou weer iets koud by die Wimpy drink. Ons stop weer 'n keer of wat langs die pad vir iets koud. Stop in Klawer vir 'n roomys voor ons verder ry. Toe ons oor Pikenierskloof gaan weet ons, ons slaap vanaand in Laaiplek. Ons stop vir 'n laaste petrol volmaak in Piketberg en net voor sewe die middag is ons in Laaiplek. Ons boek in by die hotel en gaan gou vir 'n koue bier langs die Berg rivier.
Die aand maak ons soos hulle se " when in Rome do as the Romans do" en ons eet heerlike vars vis.
Foto 1 en 2: Son opkoms tussen Mariental en Keetmanshoop
Foto 3: Kitchen 51 buite Keetmanshoop
Foto 4 en 5: Bene rek in Namakaland
Foto 6 - 9: Aaandete in Laaiplek
Foto 10: Sons ondergang by Riviera Hotel in Laaiplek
 

Attachments

  • 20200305_192451.jpg
    20200305_192451.jpg
    41.8 KB
  • 20200305_210903.jpg
    20200305_210903.jpg
    57.5 KB
  • 20200305_201442.jpg
    20200305_201442.jpg
    65.7 KB
  • 20200305_201339.jpg
    20200305_201339.jpg
    62.6 KB
  • 20200305_145243.jpg
    20200305_145243.jpg
    66.8 KB
  • 20200305_163547.jpg
    20200305_163547.jpg
    73.8 KB
  • 20200305_163527.jpg
    20200305_163527.jpg
    76.5 KB
  • 20200305_090134.jpg
    20200305_090134.jpg
    69.6 KB
  • 20200305_070746.jpg
    20200305_070746.jpg
    48.1 KB
  • 20200305_070721.jpg
    20200305_070721.jpg
    48.3 KB
Lekker man, gewonder wanneer skuur julle weer gat.  :thumleft: :thumleft: 

Moet tog nie vergeet om een jaar die kant te kom besoek nie.  Ons wag vir daai kuier.  :deal:
 
jislaaik man! Ons het lanklaas een van julle befaamde T-bone & chips reports gesien.

Baie lekker om weer te sien julle ry nog lekker rond  :thumleft:
 
Die volgende oggend is ek vrowg op en neem 'n paar foto's langs die vleilande voor die hotel. Omdat ons die vorige dag meer as 1100km gedoen het en reeds in Veldrif is , het ons vandag net die kort stukkie met die weskus pad tot in Kaapstad. Ook maar goed so, want ek sien my fiets se voorwiel het sleg af geloop en dan kan ek sommer gou 'n nuwe vorband laat op sit in Paardeneinland. Ons het ou Namibiese vriende wat al jare gelede hierheen verhuis het, die ou mense is al in hulle tagtigs en kan nie meer vir ons kom kuier nie, so ons maak 'n punt daarvan om hulle te kom sien as ons in die kaap is. Hulle weet nie ons is hier nie en ons gaan hulle verras vanoggend.
Net na agt die oggend stap ons na hulle aftree oord naby die hotel. Hulle is stom geslaan maar baie opgewonde om ons daar te sien. Hulle het egter 'n afspraak nege uur en ons besluit ons gaan eers ontbyt eet, dan bietjie by Port Owen rondloop en dan kry ons hulle later die oggend by die hotel vir 'n lekker kuier.  Die ontbyt was by 'n klein plekkie in Laaiplek en dit is seker een van die goedkoopste ontbyt wat ons nog ooit ge eet het. R25 vir 'n volledige Engelse ontbyt met koffie ingesluit, ons het eendag in Keinsee en so paar jaar gelede in Fauresmith ook so ontbyt gehad vir R25.
Ons kry die ou mense so tien uur by die hote en kuier 'n hond uit 'n bos saam met hulle. Een uur toe moet ons ry omdat ons nog die motorfiets plekke in Paardeneiland wil oop vang. Die groet is maar altyd moeilik omdat die ou mense altyd in trane is as ons moet weggaan.
Die stukkie kaap toe gaan gou en daar gekom laat ek gou 'n ander voorband oortrek terwyl die ander drie die motorfiets winkels in die omgewing besoek. Die vrouens koop vir hulle elkeen 'n nuwe motorfiets broek. Net so na vier pak ons die snelweg aan in die mal verkeer Brackenfell toe. Moet se dit was nie 'n plesier nie, hierdie fietse is groot en swaar en om so stadig met volle motorfiets klere in hierdie hitte so aan te kruie is malligheid. Ons kry ons byplek so net na sesuur en is baie verlig om veilig hier te wees.
Foto 1 - 3 : Son opkoms oor die vlei lande voor die Reivera Hotel
Foto 4: Ontbyt vir R25
Foto 5: Die marina by Port Owen
Foto 5:  Ons saam met die ou mense
 

Attachments

  • 20200306_065848.jpg
    20200306_065848.jpg
    42.3 KB
  • 20200306_070546.jpg
    20200306_070546.jpg
    26.6 KB
  • 20200306_065932.jpg
    20200306_065932.jpg
    37.5 KB
  • 20200306_091925.jpg
    20200306_091925.jpg
    73.6 KB
  • 20200306_100337.jpg
    20200306_100337.jpg
    51.1 KB
  • 20200306_122508.jpg
    20200306_122508.jpg
    66.6 KB
ChrisL - dis waar,  ons beste tripos was altyd hierdie ingewing van die oomblik trips gewees
Vis Arend- Ons belowe ons sal nog daar 'n draai maak sodra ons meer los is,  Daar is nog so paar plekkies in SA wat ons moet gaan sien.
Lem - Dankie, ja nee ons is bees boere en moet ons industrie ondersteun :thumleft:

Ons kuier later verder.
 
Man from Nam said:
Foto 4 en 5 : Van die diere by die petting zoo, 'n bok met vier horings
Jy het dalk bietjie mis getel....dit lyk my, daai bok het 5 horings
 
Die volgende twee dae kuier on lekker in Kaapstad by die familie. Saterdagaand was die verassings partydjie wat goed afgeloop het, was lekker om al die famiie en ou vriende weer te sien. Nogal 'n skande ons sien mekaar net by spesiale verjaarsdae, begrafnisse en troues.
Ons eet die Vrydag aand by 'n restaurant naby die waterfront in Brackenfell en ek moet se dit was van die beste eisbein wat ek in jare gehad het, Ons kelner is ook net so gawe dametjie dat ons eintik 'n foto saam met haar neem.
Ons wou ons fietse in Windhoek laat diens, maar omdat die besluit o te ry so gou geneem is kon ons nie 'n afspraak kry by BMW in Windhoek nie. Ons besluit toe ons gaan oppad Haroldsbaai toe sommer in Stellenbosch stop en vra of hulle dit nie vir ons wil diens nie.
Foto 1-2: Die weskus pad soos ons Kaapstad ingekom het
Foto 3-5: Brackenfell waterfront en restaurant waar ons geeet het.
Foto 6: Uitsig van my swaer se huis in Loewenstein
Foto 7: Vroulief en haar suster het omtrent opgevang met die kuier.
 

Attachments

  • IMG-20200310-WA0157.jpg
    IMG-20200310-WA0157.jpg
    58.8 KB
  • IMG-20200310-WA0167.jpg
    IMG-20200310-WA0167.jpg
    101.2 KB
  • IMG-20200310-WA0156.jpg
    IMG-20200310-WA0156.jpg
    86.1 KB
  • IMG-20200310-WA0163.jpg
    IMG-20200310-WA0163.jpg
    37.9 KB
  • IMG-20200310-WA0166.jpg
    IMG-20200310-WA0166.jpg
    50.7 KB
  • IMG-20200310-WA0162.jpg
    IMG-20200310-WA0162.jpg
    57.2 KB
  • IMG-20200310-WA0165.jpg
    IMG-20200310-WA0165.jpg
    52.5 KB
ja kyk....Brackenfell het beslis nie 'n waterfront nie. Soms op die R300 corridor greenbelt waar die Kuilsrivier af vloei is daar paar bosslapers wat huismaak daarso. Dit is die naaste wat Brackenfell aan 'n Waterfront sou kom.

Maar julle was by die Tyger Waterfront, daar in Bellville, my grootworddorp. Ou Quarrygate op die banke van die Elsjeskraalrivier  :thumleft:

 
Vroulief en haar suster het omtrent opgevang met die kuier.

Lyk wraggies asof hulle kan tweeling wees!! :thumleft:
 
Jip Jammer Lem ons kom uit die gramadoelas, weet net dis naby Brakenfell.  Ek moes seker gedink het dis net onder Tyger Vallei Mall.


 
Se vir my, daai foto van julle saam met die oumense, wie is julle en wie is die "oumense"??

:pot: :pot:

Lekker rit, ek sien uit na die res.

PS. as daai n mannetjiesbok is, is dit seker 6 horings.
 
Met al die familie verpligtinge agter die rug begin ons eintike rond ryery vandag.  Omdat ons besluit het ons gaan eers kyk of Danford BMW ons fietse sal diens gaan ons nie die hele pad Heroldsbaai toe ry nie, maar liewer kyk of ons nie erens langs die pad kan slaap nie. Ons kontak 'n paar plekke in Swellendam , maar alles is vol as gevolg van die Argus fiets toer. Ons besluit kom ons probeer Riversdal en kry wraggies plek by Lalanie B&B.
Ons ry rustig tot op Stellenbosch (ken gelukkig die plek, want my kinders het hier geswot) Danford BMW  is bereid om ons fietse te diens en ons kan bietjie rondloop aangesien dit so drie ure gaan duur. Ons gaan drink maar 'n koffetjie intussen. Omdat ons ook elkeen 'n Super Tenere ry lees ek altyd van die muffins en koffie wat die BMW ouens kry as hulle motorfietse in is vir herstel, wel  ons het niks gekry nie :laughing4:
Ek sien wel ons kleinkind se eerste wiele daar by BMW.
Ons is daarvandaan deur die Hugenote tonnel en wow! hierdie BMW's klink nog mooier hier in die tonnel :drif:.  Ons plan was om met die R62 te ry en dan oor die Tredouwspas terug te kom N2 toe. Ons hoor egter daar is baie padwerke aan die gang en mens wag baie lank by die "stop and go". Omdat ons die roete al 'n paar keer gedoen het besluit ons om op die R60 te bly tot in Swellendam. DIt was 'n goeie besluit , want dis self 'n baie mooi pad. Ons stop by Affie Plaas padstal en sukkel om die vrouens hier in toom te hou, hulle wil net koop. Ons kry ook 'n ander paartjie daar op 'n geel 1200GS wat van Oasis af oppad is terug huis toe in George. Daar is  twee pad blokkades voor ons by Riversdal kom. In Riversdal skakel ons die gastehuis en die dame se hulle is so 3km uit die dorp op 'n kleinhoewe. Ons ry gou  tot daar, pak af en ry terug Spar toe om braaivleis en iets te drinke te gaan koop. Ons is nou regtig uit ge eet aand restaurant kos, nou gaan ons braai :thumleft:
Foto 1: Danford BMW
Foto 2&3: Kleinkind se wiele
Foto 4&5: Hugenote tonnel
Foto 6&7:  Oppad geneem
Foto 8: Nuwe brug in aanbou
Foto 9: Riversdal
Foto 10: Affie Plaas


 

Attachments

  • 20200309_163129.jpg
    20200309_163129.jpg
    72.2 KB
  • 20200309_141920.jpg
    20200309_141920.jpg
    77.1 KB
  • IMG-20200310-WA0149.jpg
    IMG-20200310-WA0149.jpg
    54.2 KB
  • IMG-20200310-WA0150.jpg
    IMG-20200310-WA0150.jpg
    59.8 KB
  • IMG-20200310-WA0173.jpg
    IMG-20200310-WA0173.jpg
    60.9 KB
  • IMG-20200310-WA0172.jpg
    IMG-20200310-WA0172.jpg
    41.7 KB
  • IMG-20200310-WA0182.jpg
    IMG-20200310-WA0182.jpg
    94.2 KB
  • 20200309_113012.jpg
    20200309_113012.jpg
    61.2 KB
  • 20200309_112712.jpg
    20200309_112712.jpg
    64.8 KB
  • IMG-20200310-WA0174.jpg
    IMG-20200310-WA0174.jpg
    94.1 KB
wie is julle en wie is die "oumense"??

Ok man, kom ons praat van die senior burgers wat in 'n aftree oord bly :laughing4:
Ons is nog jonk, lyk maar net so van te veel grondpad
 
Ons kry heerlike verouderde steaks by die Spar in Riversdal. Moet se ek het nie geweet Riverdal is so groot nie. Die gastehuis het 'n braaiplek en hout so ons kan nie wag om te braai nie. Die plek het die mooiste tuine en lekker plaas gevoel.
Ek het dit die hele tyd in my agterkop dat Woody in Riverdal kom aftree het, maar omdat ons so vinnig weg is het ek nie 'n PM op Wildogs gestuur nie. Heeltyd gedink ek sal erens langs die pad aanteken, maar nerens het ons internet nie. Ek noem dit vir my swaer en hy se, nee man Riverdal is klein julle sal mekaar daar raakloop.
Wel die aand braai ons soos konings n slaap soos 'n klip.
 

Attachments

  • 20200309_183006.jpg
    20200309_183006.jpg
    86.4 KB
  • IMG-20200314-WA0162.jpg
    IMG-20200314-WA0162.jpg
    68.1 KB
  • 20200309_181254.jpg
    20200309_181254.jpg
    80.3 KB
  • 20200309_190109.jpg
    20200309_190109.jpg
    97.6 KB
  • 20200309_190149.jpg
    20200309_190149.jpg
    129.6 KB
  • 20200310_075817.jpg
    20200310_075817.jpg
    118.3 KB
  • 20200310_080056.jpg
    20200310_080056.jpg
    115.1 KB
  • 20200310_074655.jpg
    20200310_074655.jpg
    68 KB
  • IMG-20200314-WA0163.jpg
    IMG-20200314-WA0163.jpg
    93.4 KB
  • 20200309_192829.jpg
    20200309_192829.jpg
    95.7 KB
Daai brug by Ashton...hy was al aant aanboue toe julle seker laas ook in die land was en daar verby is.

Ek sien julle drink Erdinger 0%...toe my vrou swanger was het sy daai goed soos Oros gedrink  :thumleft:
 
Top