Pa en dogter road trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek was omtrent die afgelope naweek gebless om my dogter saam met my op 'n road trip te vat.  Ek het so ruk gelede vir Stoffies gesê hoe baie ek na my dogter verlang daar in Jhn.  Nee man, sê sy, vat haar met die bike vir 'n trip, sy sal dit geniet!

So gemaak, so gedaan.  Maryke was baie opgewonde oor die vooruitsig, en dan moet ek bysê, sy het baie saam met my op die AT in die Waterberge rondgery toe sy nog op skool was.  Sy ken van!!

Die idee was om Vrydag vroeg uit Naboom uit te ry, en dan sommer nuwe rubber op die S10 te sit vir die trippie Malawi toe, en dan deur te ry Northcliff toe.  Sal Vrydagaand by Ryke oorslaap en dan Saterdag wegtrek met ons trippie.  Net Saterdag en Sondag middag weer terug by die huis.

Ek is 14:30 saam 3 vriende op hul bikes weg uit Naboom.  By Kranskop tolhek, draai Mossie om en ry terug Naboom toe.  Wou net die 1150 se litte bietjie losmaak.  By Pertoport los ek die ander 2, hulle gaan eers stop en ek steek deur Valhalla toe vir die bande.  Net na 16:00 is die bande op en ek laat weet Ryke ek sien haar 17:00.

Dankie vir 'n bike, en in daai verkeer, 17:02 stop ek voor haar woonstel in Northcliff.  Julle mense wat daar bly en daai verkeer elke dag moet trotseer, respek, of malligheid....

1. Die nuwe Anakee 3's
2+3. Veilig by my Ryke.
 

Attachments

  • 2.JPG
    2.JPG
    202.7 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    241 KB
  • 1.jpeg
    1.jpeg
    80.5 KB
Lekker  :thumleft:

Baie keer is pa en dogters nie close nie, te danke aan bikes, scuba en so aan is my dogter en ek baie close, en oor 'n jaar is sy uit die skool uit en ek gaan dit mis om nie elke naweek saam te ry nie.

Nou is ek sommer sad, maar dankie vir die deel.
 
Sy bly bo-op 'n huis se dak en kan werklik 'n baie groot gedeelte van Jhn van daar af sien.  Die volgende fotos is maar van daar bo af geneem.  Sonsondergang en aandfotos.

Foto 6 is Beyers Naude se ligte.
 

Attachments

  • 4.JPG
    4.JPG
    108.1 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    209.4 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    155.6 KB
Goeie een Duster  :thumleft:
Dit tref my ook deesdae my seun is oor 2 jaar klaar met skool  :eek7:
 
Garfield said:
Lekker  :thumleft:

Baie keer is pa en dogters nie close nie, te danke aan bikes, scuba en so aan is my dogter en ek baie close, en oor 'n jaar is sy uit die skool uit en ek gaan dit mis om nie elke naweek saam te ry nie.

Nou is ek sommer sad, maar dankie vir die deel.
Jis Garfield, ek ken daai storie.  Gelukkig is ek en my 2 kids baie close, en soos jy het ons baie dinge saam gedoen toe hulle nog op skool was.  Dis hoekom die trippie vir my so lekker was, want dit was die 1ste keer in 4 jaar dat ons alleen iets saam gedoen het.  Geniet hulle terwyl jy kan en moenie terughou nie.  Ons weet nie wat more bring nie.
 
Kinders by my al uit die huis en ek mis hulle elke dag.

Kan nie wag vir die res vd kiekies nie.
 
Duster said:
Garfield said:
Lekker  :thumleft:

Baie keer is pa en dogters nie close nie, te danke aan bikes, scuba en so aan is my dogter en ek baie close, en oor 'n jaar is sy uit die skool uit en ek gaan dit mis om nie elke naweek saam te ry nie.

Nou is ek sommer sad, maar dankie vir die deel.
Jis Garfield, ek ken daai storie.  Gelukkig is ek en my 2 kids baie close, en soos jy het ons baie dinge saam gedoen toe hulle nog op skool was.  Dis hoekom die trippie vir my so lekker was, want dit was die 1ste keer in 4 jaar dat ons alleen iets saam gedoen het.  Geniet hulle terwyl jy kan en moenie terughou nie.  Ons weet nie wat more bring nie.

:thumleft: ons speel groot elke naweek en vakansie, so dat ek heel waarskynlik my lyf en geld opgebruik het teen die tyd dat sy klaar studeer het, maar die memories is priceless.
 
Sy het my bederf met aandete wat sy self "warm gemaak het", en ons het saam op die bank gelê en 'n movie gekyk.  En 'n lekker rumpie saam gedrink.

6uur Saterdag is ek op en aanskou die sonopkoms.  Hemel weet, in die bosveld sien ons mooi sonopkoms en ondergange, maar hier van bo af is dit net so mooi.  Maak vir ons koffie en skud haar uit die vere uit.  Dis tyd om te ry.  Alles gepak en reg om te toer.

Foto 9 is die sonop in die venster en die maan regs bo in die lug.
 

Attachments

  • 11.JPG
    11.JPG
    94.7 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    100.9 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    160.4 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    156.3 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    214.1 KB
Ek het Stoffies se ATGATT saamgebring, behalwe vir die rybroek. Ryks is 'n maargat en sal moet kruisbande dra. Dressed to kill, is ons 1ste doelwit om uit die stad uit te kom.  Rigting Babsfontein, verby Que Sera biker Venue na Cullinan vir lekker ontbyt.

Net oor die N4 voor Rayton, staan die superhero wag.  Daar is twee, en Ryke wil eers saam speel.  Gevulde pannekoek met hot chocolate was uit die boonste rakke, en omdat Stoffies half vies is omdat sy by die huis moes bly terwyl ek die kid treat, koop ek vir haar 'n sak vol Wilson toffies by 'n sweet shoppie.  Ek weet wie se winkel dit is, maar weet nie of ek mag adverteer nie.
 

Attachments

  • 12.JPG
    12.JPG
    268.9 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    141.6 KB
Pragtig, geniet elke oomblik. Ek is bevoorreg om saam met my twee seuns te ry, saam met my Huisdier natuurlik. Geniet  :thumleft:
 
Lekker man, lekker  :thumleft:

Ek het dieselfde voorreg gehad afgelope Sondag. Interresant, my dogter is ook 'n Maryke  ;D

 
Ai dit moet n groot voorreg wees om saam met jou kinders te kan ry.
 
Fantasties! 

Ons gaan self Desember bietjie rondry met ons dogter - al drie in die karretjie.  :biggrin:
 
Van Cullinan het ek Bronkhorstspruit se kant toe gery, by die T links gedraai en dadelik weer regs op 'n grondpad wat later weer op die Bronkhorstspruit - Verena pad aansluit.  Daar was redelik sand op die pad, en omdat ek nog so ver Verena toe op die teerpad moes ry, het ek nie die bande afgeblaas nie.  Dit was prettig om die S10 te keer om te begin snake, en Ryke het droog opgemerk dat dit haar bietjie senuweeagtig gemaak het.

Girl, jy is 'n yster, hoor. Sy het so mooi saamgery en nooit my verras met 'n gepluk of swaai met die lyf of iets nie, ten spyte daarvan dat sy 4 jaar laas bike gery het.

Oor die 4 rigting stop by Verena, gou by die garage Coke gekoop en die bande afgeblaas en die 1ste grondpad regs afgedraai, rigting Loskopdam toe.  Die pad loop aan die weste kant van die dam tot by die Loskop - Dennelton teerpad.

Foto 17 het sy geneem toe ek die kamera op 'n paal laat staan het en moes terug hol om ook saam haar in die volgende foto te kon wees.  Grapgat.....
 

Attachments

  • 14.JPG
    14.JPG
    136.1 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    237.6 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    261.3 KB
  • 17.jpg
    17.jpg
    198 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    304.9 KB
Ai dis lekker om dit saam met jou dogter te kan doen.
Dankie ek geniet die mooi RR en foto's
 
baie mooi een duster ek beny jou. moes dit ook gedoen het toe ek di geleentheid gehad het maar het ni
hierdie is memories vir di res van jul lewe
 
Dankie vir almal wat saamlees.  Ek sê dit weer, ek is baie bevoorreg om dit te kan doen, en is jammer vir elke pa/ma wat nie 'n goeie verhouding met 'n kind het nie.  Dit is so spesiaal.  Maar genoeg.....  nog bietjie rr.

Nog fotos van die grondpad naby Loskopdam, voor ons aangestoot het na ons oornag plek toe.
 

Attachments

  • 19.jpg
    19.jpg
    46.1 KB
  • 20.jpg
    20.jpg
    57.3 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    26.4 KB
Top