Pa en dogter road trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dit was nog redelik vroeg en ons het by Riverside Lodge getent vir die aand.  Die plekkie is baie lekker, en daar is 'n restaurant en swembad, en natuurlik 'n kroeggie waar mens innerlike versterkings kan kry.  Toe ek bespreek het, is ek meegedeel dat daar 'n troue die middag is, maar het nie gevra of die restaurant oop is vir ander gaste nie.

Natuurlik was die restaurant gereserveer vir die troue, asook die kroeg.  Shikes, dis nie nice nie, want die plan was om aandete daar te eet.

Dus met koue koeldrank wat ons darem by die kantoor kon koop, is ons staanplek toe om die tent te maak staan.

Foto 24:  Moet darem vir Stoffies laat weet ek is ok.......Ek lieg, dat haar dogter nog ok is!!!!
 

Attachments

  • 23.JPG
    23.JPG
    131.1 KB
  • 24.jpg
    24.jpg
    107.1 KB
  • 22.JPG
    22.JPG
    174.3 KB
Met die eetplek toe en die kroeg buite bereik, het ons swemklere aangetrek en in die yskoue water ingespring om heerlik te verfris.  Vol hoendervleis het ons in die water rondgelê en gelag en gepraat, sommer oor alles en nog wat.  Uit die swembad wou ons weer koeldrank gaan koop toe die ontvangsdame ons meedeel dat ons gou die kroeg kan besoek, maar ons moet die lafenissie buite gaan geniet.  Hoohaa.... met koue biere in die hand stap ons terug tent toe, gooi 'n slaapsak op die oewer van die Krokodil rivier en lê heerlik die middag om en gesels.

Waaroor gesels pa en dogter nou eintlik?  Oor absoluut alles!!  En dis so moer lekker! Ons praat gesin sake, land sake, werk sake, vriende sake, karre, bikes, musiek, klere, enige iets.

En ons lag......!  ek sal daai gesprekke nooit vergeet nie, want dit was so spontaan.

So half 6 se kant het ons gou weer ryklere aangetrek en by die Bospot restaurant gaan eet, so ent van daar af voor jy die damwal kry.  Na ete weer terug gery en koffie gemaak en onder die sterrehemel verder gekuier.
 

Attachments

  • 25.JPG
    25.JPG
    110.3 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    109.4 KB
Ons het nie te vroeg ingekruip nie, maar ek was redelik moeg gewees en het uitgesien na 'n heerlike nagrus.  Ryke het gesê sy dink haar voete gaan koud kry, en soos 'n wafferse pa net vir sy kind sal doen, die kombers styf om haar toegevou en haar 'n lekker druk gegee.

So deur die loop van die aand het ek seker gemaak sy is mooi toe, en dit het my in stilte laat terugdink aan die kere in die huis wat ek opgestaan het om seker te maak my kinders lê nie oop en koud kry nie.  Priceless!!!!!!

Later die oggend het ons wakker geword van 'n helse lawaai:  musiek en die gelag (geskreeu) van 'n dronk vrou/vrouens!!  Ek was seker die troue moes al klaar gewees het, en dat die groep nou by 'n karavaan na aan ons verder kuier.  Maryke het droogweg gevra of 'n speaker meer as een keer kan breek?  2uur het ek ontvangs gebel om te hoor wat is hul beleid tov geraas gedurende slaaptyd, maar geen antwoord.  Toe staan ek maar op om die speaker te gaan breek......

Dis toe nie in die karavaanpark nie, maar so 600meter van ons af by die swembad.  So ver loop ek nie half 3 in die oggend nie, en genadiglik was dit 3 uur stil gewees.  Nie 'n rustige slaap soos wat ek voor gehoop het nie, maar ten minste 3 of 4 ure se slaap ingekry.

Teen 6uur is ek alweer op en sit die keteltjie aan.  Ryke loer so half 7 by die tent uit en vra bietjie tee, want as pa op is, dan beteken dit seker sy moet ook roer.
 

Attachments

  • 27.JPG
    27.JPG
    335.5 KB
  • 28.JPG
    28.JPG
    256.4 KB
  • 29.JPG
    29.JPG
    107.6 KB
Aiman priceless memories mis my oubaas en die kuier by jou ouerhuis pas jou girl op en bou memories vir die ouetehuis stoep
 
Nou ja, met leep ogies het ek bgin tent opruim terwyl Ryke gou gaan stort het.  Terwyl die tent onderste bo gelê het om droog te word, het sy my gehelp om die tasse weer gepak te kry, die tent gehelp opvou en oprol en in die sakke insit.  Dit kan ek darem sê: my kids ken van kamp, en is nie bang om te help nie.

Die plan vir die Sondag was vir haar 'n verrassing. Ons is so half 9 weg en ry na Mbidi lodge toe waar daar 'n ou kar uitstalling was, en natuurlik het hulle 'n paar hokke met die groot katte in.  Sy was mal daaroor, en het die karre geniet.
 

Attachments

  • 30.JPG
    30.JPG
    182.9 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    189.6 KB
  • 32.JPG
    32.JPG
    198.3 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    184.5 KB
Ons het eers ietsie gaan eet en toe die katte gaan kyk.
 

Attachments

  • 37.JPG
    37.JPG
    255.9 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    302.3 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    224.6 KB
  • 40.JPG
    40.JPG
    206.6 KB
Ryke wou nog altyd 'n groot kat in haar hande gedra het....Haha.  Ons het toe geleentheid gehad om kontak met van die diere te hê.  Ek het besluit om 'n paar lui leeu welpies te probeer vermaak, maar wat wou, hulle het net verder geslaap.  Ryke het besluit om met 'n baba bruin beer te speel.
 

Attachments

  • 41.JPG
    41.JPG
    287.6 KB
  • 43.JPG
    43.JPG
    210.9 KB
  • 44.JPG
    44.JPG
    195.3 KB
  • 45.JPG
    45.JPG
    181.2 KB
  • 46.JPG
    46.JPG
    208.6 KB
Natuurlik moes daar 'n paar Wild Dogs ook wees wat probeer het om die show te steel.
 

Attachments

  • 42.JPG
    42.JPG
    223.6 KB
Maar so het die tyd te vining gevlieg en moes ons aanstaltes maak om weer in Northcliff uit te kom.  Ek moes nog van daar terug Naboom toe.  Ons het ons weggeskeur van die diere af en lusteloos die pad gevat Middelburg toe.  Daar op die snelweg geklim Pta se kant toe, N12 afgedraai en was so 14:45 by haar woonstel.  Die afskeid was maar swaar, maar die lewe wag mos vir niemand nie en stoom net voort!  Ek het weer die vinnigste pad gevat en het langs die pad vir Stoffies gevra om my so 17:15 by ons Wimpy te kry.

Dit was lekker om haar weer te sien, maar my hart was nog in Jhn, by Maryke wat weer my hart gesteel het vir 'n naweek, en my weer eens trots gemaak het om haar pa te kan wees.  Wat 'n voorreg om die geleentheid te gehad het, en ek weet ons gaan dit weer doen.

Ryke, dankie vir jou tyd, en dat jy die een is wat aan ons geleen is om te vertroetel, te versorg en lief te hê.  Dankie dat ek soos lank gelede jou weer kon toegooi met 'n kombers, soos wat ek jou toegooi met my liefde.  Dankie Stoffies, dat jy my afgestaan het om saam ons dogter te kon rondrits, ek weet jy sou graag ook daar wou wees.  Ek waardeer jou ondersteuning.

Die laaste foto, sweet memories en nou met 'n traan in die oog, want ek verlang al reeds na haar......
 

Attachments

  • 47.JPG
    47.JPG
    199.5 KB
Dankie Duster , dit lyk sommer Awesome !!

Julle trip Malawi toe kom ook vinnig nader!!
 
T Rex said:
Dankie Duster , dit lyk sommer Awesome !!

Julle trip Malawi toe kom ook vinnig nader!!
Ja nog so 17 dae dan ry ons.  Kan nie wag nie, dit gaan baie lekker wees.  Daai toffies is darem bo baas!
 
Een van die lekkerste reports in 'n lang tyd, dankie dat jy dit gepost het  :thumleft:
 
Priceless!!  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
 
Nice feel-good rr.  Baie dankie!  My kids is nogklein/jonk, maar die 7jarige het klaar n XR80 en wil heeltyd weet wanneer ons kan gaan ry.  Kan nie wag om ons eerste rr te post nie!
 
Mickey Theunissen said:
Nice feel-good rr.  Baie dankie!  My kids is nogklein/jonk, maar die 7jarige het klaar n XR80 en wil heeltyd weet wanneer ons kan gaan ry.  Kan nie wag om ons eerste rr te post nie!
Ek hou die spasie fyn dop, hoor.  Geniet dit saam met hulle.
 
Top