Re: TWE-TWE se MIDDELTON 2015 Naweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,282
Reaction score
3,888
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
Ons gebruik sommer Dorsland se post om die RR aan die gang te kry en ek dink almal sal saamstem dit was TWE-TWE se naweek. Leek verjaar. Jy's 'n ster.  :thumleft:

Gooi die kiekies.

Jupiter

Dit was nou 'n lekker kuier gewees ouens.  Nou kan ek ook my "gesigte by die name" lêer uitbrei.  

Diffie, daai roosterkoek was soos manna uit die hemel, die baksters ken van roosterkoek bak.  Ek wou net nie hê hulle moes dink ons waardeer nie hulle moeite nie.  Toe eet ek maar so 'n paar van hulle  ;)   Dankie ook aan Twe-Twe vir al die reëlings,  lekker verjaar Woensdag  :thumleft:

Ek gaan sommer so 'n paar kiekies hier pos.

Sondagoggend toe herinner Middelton my aan 'n weermag grens ops soos die ouens haastig pak en die fietse dreun so in die vroeëoggend lug en almal skarrel hier en skarrel daar en dit word vas "gestrêp" en ge-olie en nagegaan en wie weet wat ookal.  Lyk my die manne was haastig om oppie pad te kom  ;D  Vir 'n boer wat altyd laat opstaan, was ek skoon op my senuwees gewees  :lol8:

P2150054_zpsurjrmotp.jpg

Selfs die gaanse het hulle eenkant gehou en alles van 'n veilige afstand dop gehou.

P2150058_zpsxz31jnti.jpg

Ons ekspedisieleier in al sy glorie.  Ek hoor sy spanmaats ry nie weer sy roetes nie, blykbaar te veel modder  :)

P2150055_zpsehpkub11.jpg

Die regspan was ook daar gewees:

P2150057_zpsobreot7g.jpg

Die Oos Kaap se pragtige berge en vlaktes is altyd mooier met so ietsie sag op die oog daarby    :3some:

P2150065_zpsu3xf980u.jpg

Bruintjieshoogte:

P2150070_zpsioz6j3dk.jpg

P2150075_zpshpci2rbv.jpg

Boer soek 'n bok.  En daar kry ek hom toe op Pearston  :lol8:

P2150080_zpsr5rieopi.jpg
 
Dankie aan ALMAL wat dit 'n lekker naweek gemaak het.  En veral daai DURACEL meisie wat net nie OPHOU nie.  Kyk sy kan dinge reel en 'n mens vet voer.
Dit was lekker om 2237 km te ry om ou vriende weer te sien... WEL SOMMIGES.. :peepwall:... en ander nuwe honde te ontmoet.
Moet se ons het die uiterste weer gehad oor die langnaweek van ons.
Plekke so by die 40 grade gedraai en toe Sondag omtrent die hele pad by die 13 grade gewees.  Eers anderkant Colesberg weer warm geword.
 
woody1 said:

Maar jy het vir eens en altyd bewys dat 'n S10 stadiger as 'n 800 Adventure is. Jy het Sondagoggend laaaaaaaaaaaank voor my weggetrek en eers laaaaaaaaaaaaaaaank na my by die huis gekom.  Hoekom ry jy so stadig?  :imaposer:
 
Sjarup jy... jy weet dit is mos 'n WITTE en ek ry ordentelik... Moet net nie vir JAKKALAS se nie.
 
Een van my lekkerste trips nog. Geselsskap en gasvryheid uit die boonste rakke.

My kop sing net met al die name om te onthou.  :biggrin:
 
:sip: BAIE jammer die Dutchies moes op die laaste minuut kanseleer , (Life got in the way) sou graag oom Dorsland en die nuwe manne wou ontmoet en natuurlik die bekendes weer te sien  :deal:

Oom Jmol se modder fiets het my n bietjie afgeskrik :lol8:
 
woody1 said:
Sjarup jy... jy weet dit is mos 'n WITTE en ek ry ordentelik... Moet net nie vir JAKKALAS se nie.

Bwaahaaa !!!!!!!, te laat, Jakkalas het dit klaar gesien en sal dit maar memoriseer vir verdere gebruik in die toekoms.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Ten minste is die WITTE nie bang vir ry nie.  Daai BLOUES is mos mooiweer fietsies en staan op stal  :pot:
 
woody1 said:
Dankie aan ALMAL wat dit 'n lekker naweek gemaak het.  En veral daai DURACEL meisie wat net nie OPHOU nie.   Kyk sy kan dinge reel en 'n mens vet voer.
Dit was lekker om 2237 km te ry om ou vriende weer te sien... WEL SOMMIGES.. :peepwall:... en ander nuwe honde te ontmoet.
Moet se ons het die uiterste weer gehad oor die langnaweek van ons.
Plekke so by die 40 grade gedraai en toe Sondag omtrent die hele pad by die 13 grade gewees.  Eers anderkant Colesberg weer warm geword.

daai duracel meisie is twe twe....ja nee...lyk nie of sy einde het nie :lol8:
 
Ry julle klomp filistyne nie met kameras nie?  :biggrin:  Ek kan nie so lekker lees nie en soek kiekies 'samblief
 
TEXC said:

.. :ricky: :lol8:
 
Dorsland said:
Ry julle klomp filistyne nie met kameras nie?  :biggrin:  Ek kan nie so lekker lees nie en soek kiekies 'samblief

Ek weet jy het nog fotos Dorsland !

Ek het nie tyd gekry om fotos te neem nie... :lol8:
 
Ek het wel nog so 'n paar maar nie eintlik van Middelton self nie, net ons teerpad trippie soentoe. 
 
Dorsland said:
Ek het wel nog so 'n paar maar nie eintlik van Middelton self nie, net ons teerpad trippie soentoe. 

Maak nie saak nie, ons hou van kiekies  :biggrin:
 
Nou ja,  you asked for it:

Dit is baie droog by ons en toe ons Vrydag 19mm reën kry, was dit darem 'n fodie werd.  Die grond is so droog, Saterdagoggend toe ons ry, toe skop ons al 'n stofstreep op.  

P2140052_zpslgqr6ues.jpg

Toe ek hoor daar gaan Brakpanners op Middelton wees, toe weet ek ek moet naby aan my goed bly want anders gaan ek groot skade lei.  Netnou wanneer ek Sondagoggend wil ry dan staan my fiets op blokke soos die Brakpanners wiele en kettings en wie weet wat nog af gesteel het. Die 800 slaap toe vlak buite ons deur oppie stoep.

Maar toe ek Sondag donkeroggend hoor daar gaan 'n S10 by ons kamer verby, toe spring ek gou op om te sien wat alles hulle gesteel het. :imaposer: :imaposer:

P2150059_zpsjhj7ubxp.jpg

Interessante rotsformasies op Bruintjieshoogte.

P2150071_zpseads5pxj.jpg

As ek dié kiekie so kyk, en die lekker rit van die naweek onthou, dan is ek nie té spyt nie ek gaan hom hou.   Anderdag as my skip inkom en ek wil my windgat hou, dan koop en dalk 'n 1150 Adventure as "back-up".

P2150076_zpsolrgyf8m.jpg

Ja nee - dit was 'n naweek en 'n half.  Ons het nog nie eens ons helmets afgehad nie toe voer Twe Twe ons pers-vers-sap.  :lol8:   :lol8:

My tiunboukundige gaan smile want die baas se fiets is lekker vuil  :biggrin:

Volgende jaar is ek weer daar.  :deal:

Sal vanaand kiekies post.  

PS:  Weet iemand wat die Cradock manne wat daar was, se name is?
 
Nou nie heeltemaal tuis op dié fred nie, maar ons het dit darem oppad terug van Middelton gesien.  'n Ou van Limpopo erens was oppad terug van die Knysna Veteraanmotor "rally" gewees en ons loop hom toe raak op GRT toe ons stop vir roomys.  Hy sleep dié 1947 MG TC saam.  Pragtige ou motor en in puik toestand.

P2150082_zpsfdc1kf3v.jpg

Ek het nie geweet daar was al GPSe in 1947 gewees nie  ;)

P2150083_zpsxzv0tczs.jpg

Daar was duidelik nie tjoeplis gewees nie:

P2150084_zpss8ayiwe2.jpg

P2150085_zpspn3hm7iv.jpg
 
JMOL said:
Ja nee - dit was 'n naweek en 'n half.  Ons het nog nie eens ons helmets afgehad nie toe voer Twe Twe ons pers-vers-sap.  :lol8:   :lol8:

My tiunboukundige gaan smile want die baas se fiets is lekker vuil  :biggrin:

Volgende jaar is ek weer daar.  :deal:

Sal vanaand kiekies post.  

PS:  Weet iemand wat die Cradock manne wat daar was, se name is?

Die een se naam is Halley (hy sê soos in die komeet).  Dis al hoe ek sy naam kon onthou.  Eintlik meer Schoombie se kant toe.  Ek weet Ingilsman het die ou op die KTM geken.  Hy het 'n slaghuis op Cradock as ek reg onthou.
 
Right so 'n paar van ons kant af.
Donderdag oggend so 09h00 uit Brakpan vertrek.
Rustig tot in Burgersdorp gery.  Temperature het so rond die 38 - 40 grade gebly. Net voor Burgersdorp het 'n vinnige bui ons darem afgekoel.
Lekker slaapplek by Die NOOK B&B gehad.
Goeie aandete by NU NU's in diec dorp gekry.
Terug na kamer die MONUMENTE gaan bekyk.
Nooit geweet die eerste Taalmonument is nou hier gevestig nie.
Vrydag oggend in gietende reen Middleton toe.
Daar aangekom en die geskarrel om die swembad vol te kry bekyk.
Saterdag ontbyt gaan eet in die 'LELIKE' dorp  :peepwall: :pot:
Net voor 11h00 vir die groepie by die Beenleegte afdraai gekry.
Ons het net vertrek toe kom die DONDERWEER in die gestalte van 'n BLOU DR 750 van voor af.
Lekker grondpad gery saam met die LOCALS.
Toe gaan sit en kuier en kuier en EET.
Vroulief het bietjie BUGS opgetel daar en gelukkig was daar 'n Doktor op die plek om gou gou 'n jova toe te dien.
Sondag oggend 04h30 opgestaan.  Vertrek om 05h00 soos beplan.  Vroulief was maar BLEEK maar moes maar wasbyt om by die huis te kom
Blerrie koud gewees tot op Colesberg.... 13 grade C met 'n wind wat  deur alles kom.  Gelukkig het die nuwe JONSON reenpakke wat ons op Burgersdorp by die OVK gekoop het gehelp teen die koue.
Gou gou by JAKKALS gaan inloer.... maar hy was nie tuis nie.... Volgende keer JAKKALAS.. ek belowe :peepwall:
14h30 by die huis gestop.
Hoed af vir vroulief om so ver op een naweek saam te ry.
 
Attachments

  • 001 Eerste Taalmonument.jpg
    001 Eerste Taalmonument.jpg
    44.9 KB
  • 002 Swembad.jpg
    002 Swembad.jpg
    77.7 KB
  • 003 Grasperk Middleton.jpg
    003 Grasperk Middleton.jpg
    47.2 KB
  • 004 Groot Visrivier.jpg
    004 Groot Visrivier.jpg
    55.5 KB
  • 005 JOSEF rit1.jpg
    005 JOSEF rit1.jpg
    60 KB
  • 006 JOSEF rit2.jpg
    006 JOSEF rit2.jpg
    58.4 KB
  • 007 Jakkals.jpg
    007 Jakkals.jpg
    45.4 KB
Top