Re: TWE-TWE se MIDDELTON 2015 Naweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Hier volg Deel 1 van my RR
Fotos is oppad van Ingelsman af..sal dit in die week pos...

Nou ja,Vrydagmiddag het aangebreek met gemengde gevoelens…….
ons het reen bitter nodig op die plaas  gehad,maar dis ook my eerste gereelde WD-trip in n lang tyd……….ons grondpad was sooo nat,dat ek amper hoop verloor het vir ons Saterdagoggend R.I.P-trip vir Josef……

maar op die einde moet ek bieg,Saterdag was een van die lekkerste  bike-trips nog… :thumleft:……..ons was agt bikes en tien mense(3 van hulle dames)………..
daar was genoeg uitdagende plekkies vir my om te ry ,maar nie noodwendig vir die sewe bikes agter my nie……..…geduldig en gedienstig het hulle my gevolg vir 150km !! :ricky:………….
julle is almal supersterre !!!    

By Middelton aangekom ,het Dorsland en sy vrou Christa ons ingewag……die groot bekendstelling het begin en vir die volgende paar ure aangehou…….almal het soos familie gevoel ……..Die verwelkoming het n bladskud en n pers vers ingesluit……….
die pers vers idee het selfs vir Jupiter laat “smile”……….

Die voorgereg was roosterkoek met botter,konfyt en kaas en boereworsies…..  ……..hoofgereg  was skaaptjops,aartappel-en mengelslaai,weer roosterkoeke…….
nagereg was die lekkerste,klam donker-sjokoladekoeke (my mond water sommer) wat Middelton spesiaal vir my gebak het ……………..

en sooo laaaaaatmiddag daag JMOL,Ed,David en Barry op nadat hulle paaie gery het wat lyk soos riviere!........hulle monde was droog en hulle gesiggies bietjie bleek en toe besluit ek op die daad om vir hulle elkeen n Groot glas Pers vers te gee……..en sommer vir enige-iemand wat nie breed genoeg glimlag nie  …………   ;D              
 
TWE-TWE said:
Hier volg Deel 1 van my RR
Fotos is oppad van Ingelsman af..sal dit in die week pos...

Nou ja,Vrydagmiddag het aangebreek met gemengde gevoelens…….
ons het reen bitter nodig op die plaas  gehad,maar dis ook my eerste gereelde WD-trip in n lang tyd……….ons grondpad was sooo nat,dat ek amper hoop verloor het vir ons Saterdagoggend R.I.P-trip vir Josef……

maar op die einde moet ek bieg,Saterdag was een van die lekkerste  bike-trips nog… :thumleft:……..ons was agt bikes en tien mense(3 van hulle dames)………..
daar was genoeg uitdagende plekkies vir my om te ry ,maar nie noodwendig vir die agt bikes agter my nie……..…geduldig en gedienstig het hulle my gevolg vir 150km !! :ricky:………….
julle is almal supersterre !!!    

By Middelton aangekom ,het Dorsland en sy vrou Christa ons ingewag……die groot bekendstelling het begin en vir die volgende paar ure aangehou…….almal het soos familie gevoel ……..Die verwelkoming het n bladskud en n pers vers ingesluit……….
die pers vers idee het selfs vir Jupiter laat “smile”……….

Die voorgereg was roosterkoek met botter,konfyt en kaas en boereworsies…..  ……..hoofgereg  was skaaptjops,aartappel-en mengelslaai,weer roosterkoeke…….
nagereg was die lekkerste,klam donker-sjokoladekoeke (my mond water sommer) wat Middelton spesiaal vir my gebak het ……………..

en sooo laaaaaatmiddag daag JMOL,Ed,David en Barry op nadat hulle paaie gery het wat lyk soos riviere!........hulle monde was droog en hulle gesiggies bietjie bleek en toe besluit ek op die daad om vir hulle elkeen n Groot glas Pers vers te gee……..en sommer vir enige-iemand wat nie breed genoeg glimlag nie  …………   ;D              

nie eintlik nie...jy het baie goed gery...al daai plekkies waar jy gesukkel het ons net soveel gesukkel. jy is n natural op n bike :thumleft:
 
TWE-TWE said:
……..Die verwelkoming het n bladskud en n pers vers ingesluit……….
die pers vers idee het selfs vir Jupiter laat “smile”……….

En daai een sluk mors nog steeds met my kop.
 
Jup - die idee was om dit slukkie vir slukkie te drink.  Nie alles met een groot slag nie  :imaposer:
 
Smaak my ons het 'n vrek lekker naweek gemis.    ???

Bly julle het dit geniet.  Gooi nou daai kiekies.  :thumleft:
 
Stem saam, dit moes lekker gewees het.

Twe Twe - het Andries nog nie fiets gekoop nie  :peepwall:

Gooi nog foties  :thumleft:
 
Vis Arend said:
Smaak my ons het 'n vrek lekker naweek gemis.    ???

Bly julle het dit geniet.  Gooi nou daai kiekies.   :thumleft:

Ek is bly julle het weggebly.  Die paartie was lekker RUSTIG gewees.
Vat so julle wil mos nie saam met my kuier nie  :imaposer:
 
JMOL said:
Jup - die idee was om dit slukkie vir slukkie te drink.  Nie alles met een groot slag nie  :imaposer:

Was net 'n klein slukkie. Was bang vir wat gaan gebeur as ek daai lekker proe :lol8:
 
Vis Arend said:
Smaak my ons het 'n vrek lekker naweek gemis.    ???

Bly julle het dit geniet.  Gooi nou daai kiekies.   :thumleft:

Ons het julle gemis Louis !!
 
4 Kays said:
Stem saam, dit moes lekker gewees het.

Twe Twe - het Andries nog nie fiets gekoop nie  :peepwall:

Gooi nog foties  :thumleft:

Andries het op TEXC Se Triumph gery... Nou is dit die enigste bike waaroor hy praat...net n kwessie van tyd 4 Kays ,dan gaan hy die groot stap neem.. :ricky:...ek wag vir die Ingelsman om vir my die partytjie fotos te stuur... :thumleft:
 
jupiter said:
JMOL said:
Jup - die idee was om dit slukkie vir slukkie te drink.  Nie alles met een groot slag nie  :imaposer:

Was net 'n klein slukkie. Was bang vir wat gaan gebeur as ek daai lekker proe :lol8:

Jammer Oom Jup!!
 
Woody1 ek leen gou 2 van jou fotos Vir byskrifte.. :biggrin:

Hierdie foto het 6 van die 10 mense op wat saam met my die R.I.P trip Kommadagga om gedoen het..Scalk Vermaak, Duckie Argyle,Len Basson,Elize,Jupiter en ek....Woody1 neem die fotos
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    113.6 KB
En die foto van Woody1 het die ander op....TEXC,Erica en Hennie Marais.....
Dankie dat julle vir n "awesome cause" gery het.. :thumleft:
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    111.3 KB
JMOL said:
Jup - die idee was om dit slukkie vir slukkie te drink.  Nie alles met een groot slag nie  :imaposer:

Dis nou nie asof jy dit slukkie vir slukkie gedrink het nie,JMOL..? ;)
 
:spitcoffee:

Ons was mos DORS  :imaposer:  :peepwall:
 
Nou laat ek n paar kiekies en woorde gooi van ek en Ingelsman se draai. Ingelsman vra my nooit hoekom ons altyd n kaapse draai na n plek toe vat nie maar geniet dit altyd veral as sy in beheer is van die kamera, dit is waar sy die gelukkigste is en ek ook anders moet ek kort kort stop om kiekies te neem.
Saterdag wou ons vroeg weg kom maar soos dit maar gaan is daar altyd iets wat voorval, kom toe eers 10 uur weg. Ons vat die Jansenville pad na Middelton, moerse draai maar ek wil mos paaie ry wat ek noggi afgemerk het in my padkaart boek so ek kies koers vir n nuwe stukkie, probleem is ek moet al verder ry vir die nuwe paaie.
Roete vir die dag soos die kiekies sal volg, Kirkwood, Greystone afdraai na Darlington Dam rigting, Waterfort bo Darlington, links op Rietvlei (Oooops rivier in vloed draai om  :( ) , Somerset Oos, Goldenvalley, N10, Middelton.

Hou dop hoe die landskap verander op die roete.
 

Attachments

  • IMG_5120.JPG
    IMG_5120.JPG
    169.3 KB
  • IMG_5127.JPG
    IMG_5127.JPG
    170.5 KB
  • IMG_5125.JPG
    IMG_5125.JPG
    127.6 KB
  • IMG_5122.JPG
    IMG_5122.JPG
    147.3 KB
  • IMG_5115.JPG
    IMG_5115.JPG
    126.6 KB
  • IMG_5111.JPG
    IMG_5111.JPG
    116.4 KB
  • IMG_5109.JPG
    IMG_5109.JPG
    140.3 KB
  • IMG_5107.JPG
    IMG_5107.JPG
    142.7 KB
  • IMG_5105.JPG
    IMG_5105.JPG
    181.7 KB
  • IMG_5104.JPG
    IMG_5104.JPG
    176.3 KB
Waterford en oppad na Somerset Oos. Kyk so lank prentjies.
 

Attachments

  • IMG_5156.JPG
    IMG_5156.JPG
    183 KB
  • IMG_5161.JPG
    IMG_5161.JPG
    178 KB
  • IMG_5160.JPG
    IMG_5160.JPG
    148.9 KB
  • IMG_5157.JPG
    IMG_5157.JPG
    163.5 KB
  • IMG_5150.JPG
    IMG_5150.JPG
    148.5 KB
  • IMG_5143.JPG
    IMG_5143.JPG
    136.3 KB
  • IMG_5138.JPG
    IMG_5138.JPG
    123.6 KB
  • IMG_5134.JPG
    IMG_5134.JPG
    146.7 KB
  • IMG_5131.JPG
    IMG_5131.JPG
    210.7 KB
  • IMG_5146.JPG
    IMG_5146.JPG
    164.6 KB
1. Darlington Dam in die agtergrond.
2. Ek vat n blaas kansie.
3 - 10. Van Darlington Dam na Somerset Oos.
 

Attachments

  • IMG_5182.JPG
    IMG_5182.JPG
    161.8 KB
  • IMG_5205.JPG
    IMG_5205.JPG
    127 KB
  • IMG_5196.JPG
    IMG_5196.JPG
    124.5 KB
  • IMG_5193.JPG
    IMG_5193.JPG
    111.7 KB
  • IMG_5186.JPG
    IMG_5186.JPG
    148.5 KB
  • IMG_5181.JPG
    IMG_5181.JPG
    144.2 KB
  • IMG_5177.JPG
    IMG_5177.JPG
    149.6 KB
  • IMG_5175.JPG
    IMG_5175.JPG
    145.1 KB
  • IMG_5173.JPG
    IMG_5173.JPG
    154.3 KB
  • IMG_5168.JPG
    IMG_5168.JPG
    125.3 KB
Kom op Somerset-Oos aan en soek toe n plek vir n effe laat middagete, kom toe op n oulike plekkie af met die naam "The Other Place". Wel ek lus al lankal n burger, maar met n verskil, check hom hier onder, hel maar hy was lekker.
Ek moet regtig sê met die intrapslag groet al die locals jou, n vriendelike plek daai man maar so plek is net anders gedurende beurtkrag. Daar was doodse stilte, klank trek vêr en die atmosfeer is net anders.
Van Somerset ry ons in die rigting van Cookhouse en draai by die derde regterkanste pad af na Golden Valley wat by die N10 aan sluit, maak brandstof vol daar en ry verder tot Middelton.
 

Attachments

  • IMG_5219.JPG
    IMG_5219.JPG
    136.2 KB
Kom op Middelton aan, groet die ou vriende/familie en ontmoet nuwes, soos Dorsland sê, lekker om n gesig by die naam te sit.
Woody1, dit was regtig n verrassing om vir jou en vrou'tjie te kon sien, haal my hoed af vir haar jong dus darem n vêr pad wat sy aan gedurf het met jou, sy moet baie lief wees vir jou.
Met die intrapslag nooi jup my vir n koppie boeretroos, hy weet hoe lief ek vir koffie is en blikkies jup dit was regtig n lekker koppie koffie daai, tops hoor jy!

Soos ek al gesê het, ons het lekker geeet, weereens dankie Janita en Andries vir n lekker ete en kuier.

Kiekies
1. Koffie break
2. Onse kamer
3. Kerkraad
4. Birthday girl, Twe .....
 

Attachments

  • IMG_5220.JPG
    IMG_5220.JPG
    239.7 KB
  • IMG_5232.JPG
    IMG_5232.JPG
    140.8 KB
  • IMG_5238.JPG
    IMG_5238.JPG
    173.1 KB
  • IMG_5271.JPG
    IMG_5271.JPG
    180.5 KB
  • IMG_5291.JPG
    IMG_5291.JPG
    221.1 KB
Top