Sederberg Solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Dis skoolvakansie en ek beplan ’n rit Oos-Kaap toe, was lanklaas op Graaff-Reinet, Cradock area. Dorsland en Jupiter is so gaaf om ons te nooi om daar te kom oorbly maar dinge werk nie uit vir my ou maats nie en daar moet ek maar weer eens op my eie iewers heen ry. Die Transalp se petrolpomp sing alweer en ek besluit om nie so vêr soos aanvanlik beplan te ry nie.

Ons het die voorafgaande dae perfekte weer gehad maar toe ek die Woensdag oggend opsaal lyk dit maar trietsig buite. Die wind waai ook maar ry moet daar gery word. Slegte weer vergesel my tot in die Sederberge. Ligte misreën hou my ook heeltyd so koud dat ek dié tyd van die jaar met die "heated grips" moet aanry.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 050.JPG
    Sederberg Solo 050.JPG
    349.9 KB
  • Sederberg Solo 056.JPG
    Sederberg Solo 056.JPG
    254.8 KB
  • Sederberg Solo 057.JPG
    Sederberg Solo 057.JPG
    245.2 KB
  • Sederberg Solo 058.JPG
    Sederberg Solo 058.JPG
    224.4 KB
  • 20141008_093202.jpg
    20141008_093202.jpg
    267.3 KB
Die agterpad na die Oasis is in ’n perfekte toestand en ek geniet die ryery terdeë.
Hier daal ek af in die vallei na my oornag-plek.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 060.JPG
    Sederberg Solo 060.JPG
    267.1 KB
  • Sederberg Solo 063.JPG
    Sederberg Solo 063.JPG
    371.4 KB
Hierdie foto is een van verskeie troppe bokke wat ek verby is maar ek moet darem een spesiaal vir Dorsland pos.  :ricky:
 

Attachments

  • Sederberg Solo 062.JPG
    Sederberg Solo 062.JPG
    416.6 KB
Vir die manne wat op ’n "low budget trip" will gaan, die lemoene by die Oasis is nou reg vir eet.  :imaposer:
 

Attachments

  • Sederberg Solo 067.JPG
    Sederberg Solo 067.JPG
    392.5 KB
Die plek is vol Hollanders en Duitsers en nog ander snaakses, so ek voel maar aanvanklik ontuis op bekende grond.
Die aand eet ek heerlike Lasagne wat nuut op die spyskaart is saam meet twee Duitsers. Die vroutjie is ’n onderwyseres en sê dat hulle op die vroegste eers op 67 jarige ouderdom mag aftree. Dissipline is daar ook ’n probleem agv immigrante kinders, en sy twyfel of sy dit gaan maak tot die einde. Ek drink bokswyn terwyl hulle twee met die gunstige wisselkoers vir hulle, sit en sip aan ’n R160 rand bottel van Dwarsrivier.  :mad:

Die twee Kaasburgers (Hollanders) langs my praat nie ’n woord nie en eet hulle biefstukke sonder emosie
 

Attachments

  • Sederberg Solo 069.JPG
    Sederberg Solo 069.JPG
    194.4 KB
  • Sederberg Solo 070.JPG
    Sederberg Solo 070.JPG
    201.9 KB
Wow! Jy vat mooi fotos.
Hierdie een sal ek nou eers n ruk hou vir my desktop  :thumleft:
 

Attachments

  • Sederberg Solo 050.JPG
    Sederberg Solo 050.JPG
    349.9 KB
Die volgende ontdekking wat ek op ’n staptog daar naby gemaak het, is vir my ’n konkrete bewys dat knipmesse miljoene jare gelede reeds in die Sederberge gebruik is.  :eek:
 

Attachments

  • Sederberg Solo 073.JPG
    Sederberg Solo 073.JPG
    307.1 KB
Die volgende oggend ry ek sommer net iewers heen en beland later in Clanwilliam. Die paaie op die roete is uiters sleg en die sinkplaat laat spring my telkens ongemaklik rond.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 082.JPG
    Sederberg Solo 082.JPG
    343.4 KB
  • Sederberg Solo 089.JPG
    Sederberg Solo 089.JPG
    293.7 KB
  • Sederberg Solo 077.JPG
    Sederberg Solo 077.JPG
    364.5 KB
My plan was om weer met die selfde pad terug te ry maar na die gebokspringery besluit ek om die sirkel te voltooi.
Dit beteken natuurlik dat ek nou Wuppertal moet deur en die roete is tans glad nie Transalp-vriendelike terrein nie. Verder is ek nog stoksiel alleen op die pad want dis in die week en daar's min besoekers. Ek voel glad nie lus vir papwiele regmaak nie en verder raas die petrolpomp al harder. Pakhuispas se lekker teer-draaie kry my egter gou aan die ander kant en nou is daar geen kans meer vir omdraai nie. Met piering-oë bestyg ek die steiltes na Wuppertal.  :eek:

Toe ek uit eindelik bo-op die berg is, is ek ook sopnat gesweet en die Transalp se waaier loop aan mekaar.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 101.JPG
    Sederberg Solo 101.JPG
    316.6 KB
  • Sederberg Solo 102.JPG
    Sederberg Solo 102.JPG
    329.3 KB
  • Sederberg Solo 104.JPG
    Sederberg Solo 104.JPG
    254.3 KB
Die res van die rit verloop darem sonder voorval maar die los gruis op die deel na Eselbank laat my elke nou en dan ’n onrusbarende glip of swaai uitvoer. Moet darem net hier sê dat die sand stukke vir my net een vinnige "tap" laat  maak het. Was eintlik my sagste rit na al die klippe.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 105.JPG
    Sederberg Solo 105.JPG
    372.4 KB
  • Sederberg Solo 108.JPG
    Sederberg Solo 108.JPG
    420.6 KB
Soms is 'n solo trip net die regte ding.  Nice kiekies.  Mooi Alpie.  Lekker trip.
 
Die aand daag daar darem toe uiteindelik twee bekendes op en ons kuier ’n hond uit die bos uit.

Hier sit Dirtrat en Trompie, altwee befaamde besigheidsmanne terwyl ek ’n onderwyser is. Soos wat julle seker vermoed was ons intelligensie vlakke sommer na die eerste dop op die selfde vlak en het ons die res van die aand mekaar se taal gepraat en verstaan. :imaposer:

My vrou het gelukkig onthou om Myprodols in te pak.  :p
 

Attachments

  • Sederberg Solo 112.JPG
    Sederberg Solo 112.JPG
    223.4 KB
Dirtrat se mooi 1150, ook ’n man wat glo in solo-ry
 

Attachments

  • Sederberg Solo 113.JPG
    Sederberg Solo 113.JPG
    398.6 KB
Lasagne by Oasis  :eek: Die plek raak een van die dae te laanie vir bikers.
 
Die volgende oggend moet ek ook maar weer noodgedwonge huiswaarts keer en pak maar vroeg op. Moet 17:00 in Houtbaai wees vir my 40-jarige reünie. Gelukkig gee die kontraste van vroeë-oggendlig darem vir mens mooi tonele om af te neem.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 114.JPG
    Sederberg Solo 114.JPG
    258.3 KB
  • Sederberg Solo 117.JPG
    Sederberg Solo 117.JPG
    297.9 KB
  • Sederberg Solo 120.JPG
    Sederberg Solo 120.JPG
    262.6 KB
  • Sederberg Solo 122.JPG
    Sederberg Solo 122.JPG
    235.4 KB
Bo van Gydopas af kan mens sien dat die wêreld daar onder nog nat is en al die damme is vol. Vir die manne wat nie in  ons deel van die land kom nie, dis Prince Alfred Hamlet met Ceres in die agtergrond.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 125.JPG
    Sederberg Solo 125.JPG
    325.7 KB
In Ceres maak ’n paar vertraagdes my kwaad en ek jaag hulle behendig verby. Ek flits so vinnig verby die speedcop met sy kamera dat ek nie eens kans kry om te waai nie. Sal nou maar in die volgende paar dae weer die posbus bewend nader.  :-[ 

En so kom iets lekker ook weer tot ’n einde. Tot volgende keer, mooi ry.  :)
 
Dankie  :thumleft:

Altyd lekker om in die week die kant toe te kan ry, daar is gewoonlik interessante mense by Oasis en die paaie is lekker stil.
 
Dankie Flatout  :thumleft:
Dit was nou 'n lekker RR met mooi foto's - ek ry altyd lekker saam!
 
Top