Sederberg Solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Dis skoolvakansie en ek beplan ’n rit Oos-Kaap toe, was lanklaas op Graaff-Reinet, Cradock area. Dorsland en Jupiter is so gaaf om ons te nooi om daar te kom oorbly maar dinge werk nie uit vir my ou maats nie en daar moet ek maar weer eens op my eie iewers heen ry. Die Transalp se petrolpomp sing alweer en ek besluit om nie so vêr soos aanvanlik beplan te ry nie.

Ons het die voorafgaande dae perfekte weer gehad maar toe ek die Woensdag oggend opsaal lyk dit maar trietsig buite. Die wind waai ook maar ry moet daar gery word. Slegte weer vergesel my tot in die Sederberge. Ligte misreën hou my ook heeltyd so koud dat ek dié tyd van die jaar met die "heated grips" moet aanry.
 

Attachments

  • Sederberg Solo 050.JPG
    Sederberg Solo 050.JPG
    349.9 KB · Views: 500
  • Sederberg Solo 056.JPG
    Sederberg Solo 056.JPG
    254.8 KB · Views: 500
  • Sederberg Solo 057.JPG
    Sederberg Solo 057.JPG
    245.2 KB · Views: 500
  • Sederberg Solo 058.JPG
    Sederberg Solo 058.JPG
    224.4 KB · Views: 500
  • 20141008_093202.jpg
    20141008_093202.jpg
    267.3 KB · Views: 501
Top