Somerset - Ceres - Ladysmith - 13 en 14 Julie 3013

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Straddle

Race Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
759
Reaction score
1
Bike
KTM 1290 Adventure R
Saterdag word daar vroeg met afwagting bymekaargekom en die groepie (Katvis; LuckyLuke; Baas Attie; Straddle en Vroulief) vertrek in effens reenerige weer om 8:30 soos beplan. Ontmoet vir Moosehead by Klapmuts en daarvandaan na Wellington waar die res van die groepie uit die bed geskud word net om te vind dat daar deurnag met die hulp van riekieleeu aan die trip beplan was, sodanig dat moegheid hierdie deel van die groep oorval het en dat hul eers baie later wettiglik die pad sou kon gebruik. Hulle word dus toe maar agtergelaat met die belofte dat hulle iewers ingewag sou word. Nou word daar koers gekies deur Bainskloof wat ook maar koelerig op die vel is maar soos altyd asemrowend mooi. In Ceres word die KTM's se dors gevoed terwyl die KLR se olie net gecheck word. Buite Ceres draai ons regs maar vind dat die Swaarmoed Plaas se hek toe is en word daar toe om gedraai en ompad terug teer toe oor Swaarmoed Pas verby Klondyke Cherry Farm. Smokebreak by R46 Taansluiting waar Baas Attie die groep vermaak met sy wheelie vernuf.
 

Attachments

  • IMG_0500.JPG
    IMG_0500.JPG
    297.5 KB
  • IMG_0498.JPG
    IMG_0498.JPG
    221.5 KB
Vandaar draai ons regs en uiteindelik op stofpad deur die Karoopoort pas waar die 990 se rim ernstig getoets word deur n spoelsloot maar gelukkig geen skade of papwiel nie (heavyduty tube). By inverdoorn natuurreservaat draai ons regs en volg die R356 vir ongeveer 20 km. Op hierdie stuk is daar gate wat uitgery is maar met fyn poeierstof gevul is maar gelukkig in die regterkant van die pad. Op die pad word daar gestop vir die KLR wat die helfte van sy parte verloor en na dit weer aanmekaar geskroef is vind Katvis dat sy voorwiel pap is. Gelukkig werk die skuimpies wat ingespuit word en kan daar verder gery word.
 

Attachments

  • IMG_0501.JPG
    IMG_0501.JPG
    326.5 KB
  • IMG_0502.JPG
    IMG_0502.JPG
    276.2 KB
Van hier word die stofpad gevolg verby Toorberg en Driekoppe Plase. Na 10km verdwaal die GPS en met die stopslag besluit sekere lede van die geselskap (name sal in hierdie geval nie genoem word nie) om sy remvernuf op die laaste oomblikke te toets. Die gevolg is dat die lid n KLR sideswipe en met n sierlike dwarsremaksie (as mens dit so kan beskryf) tot stilstand kom teen n niksvermoedende Katvis wat in die verre karoovlakte in tuur. Daar word met bleek gesigte valhelms afgehaal maar gelukkig is die saak besleg sonder enige geweld. Ek weet van n KLR wat beslis op die volgende trip n paar lorriespieels sal aanhe en n 990 met n Ford bumper. Ook van n sekere ryer wat op hierdie oomblik op ebay n staal bodyarmour soek.
 

Attachments

  • IMG_0503.JPG
    IMG_0503.JPG
    287.7 KB
  • IMG_0506.JPG
    IMG_0506.JPG
    338.4 KB
Soos die souties sal se (no harm no foul) word daar verder gery en word hierdie karoovlakte herdoop (the valley of the thousand gates). Na ongeveer 40km van hekke oop en toemaak, klippe, driwwe en verskeie natuurlike opstiekels sluit ons aan by die N1. Alhoewel hierdie gedeelte meer tegnies was as vermoed met die beplanning geniet die hele groep dit terdee, selfs die ondersteuningsbakkie kry sy beurt om n 4x4 hindernis area te doen. Die honger knaag en daar word toe besluit om teer langs gat skoon te maak tot op Laingsburg ter ondersteuning van Steers waar die kelner oorreed word om ontbyt te bedien na twee uur in die middag. Daar is op ontbyt besluit want daar is beplan om nie die middag te eet nie aangesien daar by die dwarsbar gebraai gaan word laatmiddag.
 

Attachments

  • IMG_0507.JPG
    IMG_0507.JPG
    316.1 KB
  • IMG_0508.JPG
    IMG_0508.JPG
    217.2 KB
  • IMG_0511.JPG
    IMG_0511.JPG
    331.8 KB
Vanaf Laingsburg ry ons teer R323 maar die Rooinek en Witnekke passe met lekker hoespoed draaie sorg dat die teerpad nie te vervelig raak nie. Vorentoe verander dit gelukkig weer in stofpad en nou is almal in hulle element. Die pad loop oor die Koueveldpas en ons draai toe regs deur Seweweekspoort. n Mens kan hierdie poort telkemale deurry maar elke keer bring die berge wat jou omvou, nuwe bewondering vir die Skepping. In hierdie poort kan n mens nie anders om elke dan en wan na bo te kyk nie. Die klein tollenaar kry hier ook sy beurt om saam met sy oupa op die 990 te ry deur die poort. Aan die anderkant van die poort ry ons terug deur Ladysmith tot by onse vriend Veltie en sy gasvroue wederhelfte Debbie vir n gesellige aandjie op die Dwarsbar se stoep. Selfs die stormers trap die bulle so ons trippie raak toe sommer nog lekkerder.
 

Attachments

  • IMG_0512.JPG
    IMG_0512.JPG
    288.9 KB
  • IMG_0513.JPG
    IMG_0513.JPG
    355.9 KB
  • IMG_0516.JPG
    IMG_0516.JPG
    231.4 KB
Sondagoggend word daar gesukkel deur die kamerslapers om onder die warm komberse uit te klim en die reenweer te trotseer. Nietemin val ons in die pad na n heerlike ontbyt in die rigting van Montagu via Ouberg. Ten spyte van effe ongure weer geniet almal hierdie stuk pad en word kry die groentjie van die stofpad n voorsmakie van n "watercrossing". Na petrolgooi in Montagu ry ons na Riviersonderend waar Footpeg en kie die paartie join vir n baie lekker rit via Greyton en Van Der Stel Pas tot by die Shuntin Shed waar droe kele behandel word en postmortem gedoen word. Aan elkeen n spesiale dankie wat saam was. Baas Attie wat met n 690 doen ten volle wat met n 690 gedoen moet word. Katvis vir sy spesiale vermoe om pap wiele te kry. LuckyLuke met die regte medisyne in n plantvoedselbottel en wat selfs n stretcher in sy tent het. Moosehead wat vir almal geleer het om gedurig in hul spieels te kyk en Footpeg wat liewer laat as nooit is. Sowat 820km oor twee dae waarvan 60 tot 70% grondpad.
 

Attachments

  • IMG_0524.JPG
    IMG_0524.JPG
    248.4 KB
  • IMG_0529.JPG
    IMG_0529.JPG
    322.3 KB
  • IMG_0528.JPG
    IMG_0528.JPG
    398.4 KB
  • IMG_0525.JPG
    IMG_0525.JPG
    295.9 KB
  • IMG_0522.JPG
    IMG_0522.JPG
    331.3 KB
  • IMG_0518.JPG
    IMG_0518.JPG
    285.1 KB
Lekker manne! Lyk my julle het elkeen 'n karakterrol gespeel, sommige aan die rowwe kant. As dit nie vir werk was nie sou ek saam gery het. Bly julle het dit geniet en is veilig tuis. Dankie vir jou blitsige RR Straddle.  :thumleft:
 
Flatout said:
Lekker manne! Lyk my julle het elkeen 'n karakterrol gespeel, sommige aan die rowwe kant. As dit nie vir werk was nie sou ek saam gery het. Bly julle het dit geniet en is veilig tuis. Dankie vir jou blitsige RR Straddle.  :thumleft:
Thanks, jy het genuine n goeie een gemis, maar hopelik kom daar nog baie
 
Thanx Straddle vir n awesome ride en RR en backup 4x4, ek het dit vreeslik geniet en moer baie geleer by julle begaafde ouens, my vrou moan want sy moet nou die gat agter in my broek toewerk( ek't maar die onnerbroek weggemoer) Ek gaan maar my bike hervernoem na 990 Magnum nitro expresswant die ding mik vir enige ding wat nie KTM is nie, miskien my forum naam verander na Bruinstreep aangesien daar al klaar n Briekmerk is.

Veldbrand & Debbie, baie dankie vir die gasvryheid en lekker braai.Aan my connection Lucky Luke wil ek se baie dankie vir die nice "tips"en sorry oor die snaakse harde ontmoeting. BaasAttie,dankie vir die Brannas en Wheelies,Katvis,jou storie oor die missing toon was kaksnaaks en scary gelyk(wake up call)

Dit was awesome en sal enige tyd weer saam julle gaan(dan ry ek voor :ricky:)
 
Dankie vir n lekker trip en die RR, Struddle. Dit is darem lekker om n mens te wees. ( en so KTM gedagte kan darem krapperig wees na so naweek,)
 
Goeie RR, nou leke gelag!

Bly om te weet ek is nie die enigste een wat sulke benoudelike oomblikke kry nie!
 
baie jaloers.....en baie dankie dat julle manne vir moosehead weer mens gemaak het!  ek sou graag vir hom wou onderbroeke leen maar ongelukkig dra hy net fyn kantgoed en ook XXXL. :imaposer:
 
Boas said:
baie jaloers.....en baie dankie dat julle manne vir moosehead weer mens gemaak het!  ek sou graag vir hom wou onderbroeke leen maar ongelukkig dra hy net fyn kantgoed en ook XXXL. :imaposer:
Van die mens maak weet ek nie, dit gaan redelik werk verg, maar ek moet se hy het hom redelik goed van sy taak gekwyt. Ek dink na daai karootweespoorpaadjie dra hy ook nie meer daai fyn kant goedjies nie, hy sal nou oorslaan na boxers. Ou veltie sal maar daai asblik moet brand waarin daai streeponderbroek gegooi is. Verder moet ek se dat daar n paar situasies die naweek was wat hom laat sweet het so hy  het n paar kilo's verloor. Maar wat mooi was om te sien is dat hy en die 990 se verhouding nuwe hoogtes bereik het (letterlik en figuurlik). Volgende pak ons iets meer tegnies aan.
 
:imaposer:
Blykbaar is selfs 'n KTM se brieke te sterk vir sulke "kantpênties"...

Was goed om julle hier te kon hê mense en dis 'n lekker RR Straddle.
Hoop ons sien julle gou weer. :thumleft:
 
Veldbrand said:
:imaposer:
Blykbaar is selfs 'n KTM se brieke te sterk vir sulke "kantpênties"...

Was goed om julle hier te kon hê mense en dis 'n lekker RR Straddle.
Hoop ons sien julle gou weer. :thumleft:
Hoe se die souties "be carefull what you wish for"
 
Eish manne lekker trippie  :thumleft: :thumleft: :thumleft: Dit maak my sommer lekker jaloers julle manne het darm lekker ryplek daar inni kaap in. Ja moosehead is dalk nog n bitji duermekaar daai is n KTM nie n KATANA nie :lol8:
 
:thumleft: Baie dankie "Oom Straddle"! Dit was n baie lekker trip saam met lekker mense gewees!
 

Attachments

  • IMG_2003.JPG
    IMG_2003.JPG
    68.8 KB
  • 2013-07-13-658.jpg
    2013-07-13-658.jpg
    115.5 KB
  • IMG_1983.JPG
    IMG_1983.JPG
    157.1 KB
  • IMG_1987.JPG
    IMG_1987.JPG
    139 KB
  • IMG_1989.JPG
    IMG_1989.JPG
    166.8 KB
:thumleft: Baie dankie aan Veldbrand en sy vroulief vir die gasvryheid,lekker kos en lekker warm stort op n koue winters aand!
 

Attachments

  • IMG_1999.JPG
    IMG_1999.JPG
    123.1 KB
  • IMG_1997.JPG
    IMG_1997.JPG
    122.6 KB
  • IMG_1995.JPG
    IMG_1995.JPG
    128 KB
  • IMG_1994.JPG
    IMG_1994.JPG
    113.8 KB
  • 2013-07-14-670.jpg
    2013-07-14-670.jpg
    189.9 KB
Top