Toe gaan ry ek weer die "Orrie watse naam" pas!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons is so paar Limpopo Stofkatte op 'n whatsapp groep en Gawie en George gooi nou die dag sommer so 'n gedagte "Wie is lus vir ry?" op die groep.  Vinnig is ons 7 wat belangstel vir die naweek.  Waarheen?  Lekgalametse Natuur reservaat toe die Saterdag en daar oorslaap en die Sondag terug huistoe.

Die van julle wat my rr gelees het van van my en Andre se trip oor Orrie Baragwanath pas, het mos gesien ek is klaar met daai pas!!  Maar so begin my gedagtes loop, en ek bel vir Andre.  Ek vra of hy belangstel om saam te ry?  Sy enigste woorde was:  "Het jy vergeet?" :imaposer:

Moet sê, ek het nogal getwyfel, want ek het daai dag swaar gekry.  Maar ek het mos dit al gedoen, kan mos weer.

Uiteindelik, soos dit maar met rides gaan, verkort ons die trip na 'n dag trip, en uiteindelik is ons 6 wat die pas gaan ry.

Sondag, 29 Mei, 06:45, ontmoet ek vir Jacques by die Sterkrivier en R101 kruising.  Dis die eerste keer wat ons ontmoet, maar ek sien ons gaan sommer lekker saam ry.  Sleep deur Potties toe, hy gooi brandstof en ons vat die Zebediela pad.  Ons ry lekker rustig, want ons moet vir Gawie en George iewers langs die pad ontmoet vir ons 1ste stukkie grondpad.
 

Attachments

  • DSC_0193.JPG
    DSC_0193.JPG
    189.5 KB · Views: 818
  • DSC_0196.JPG
    DSC_0196.JPG
    184.2 KB · Views: 826
  • DSC_0191.JPG
    DSC_0191.JPG
    139.6 KB · Views: 828
Top