Vaalbaas and KarooKid goes to the ECO and beyond

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Na petrol, n Coke en peanuts op Griekwastad vat ons die grondpad Prieska toe.

Weereens verstom die natuurskoon van ons land my en wonder stilletjies by myself of dinge regtig so erg is soos almal beweer.

Vaalbaas stel voor ons gaan loer in by ETS op Prieska. Dis die ongelooflike ding van die Wilddogs. Op n Sondag middag klop ons aan iemand se deur wat ons skaars ken, en word ingenooi vir n bier.
Nie net kry ons bier nie, maar waardevolle raad - Verneukpan is te ver vir vandag en petrol gaan n probleem wees.

Vaalbaas bel vir Heimer en ons besluit om Kenhardt se hotel te gaan opsoek vir die nag en dan vroeg die volgende oggend Verneukpan te doen.

ETS bied ook vir ons petrolkanne en kos aan, wat ons vriendelik van die hand wys. Eintlik wou ons net sy Crocs gesien het.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    175.4 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    206.6 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    207.1 KB
lunch stop en ETS
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    201.1 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    88 KB
So gebeur dit met hulp van ETS en Heimer dat ons die finale skof vir die dag Kenhardt toe aanpak, en boek ons in by een van die min plattelandse hotelle wat nog aan die gang is op ons pad.

Ons deel die hotel met n man wat vir Eskom werk en die vooruitsig van n regte bed is belowend.

Die weer is swaar soos my gemoed want more moet ons huistoe,en ek wil nie.

Na n lekker koue bier bestel ons solank voor ons na die eetsaal gaan vir die beloofde wonderlike steak.
Ons bestel n bottel wyn, praat oor nog n goeie dag en sien uit na Verneukpan waar nie een van ons al was nie.

Na ete gaan maak ons die fietse vol, en gaan kruip vroeg in, want 6uur moet ons al in die pad wees.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    175.1 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    94.2 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    90.3 KB
Maandag oggend vertrek ons in die donker met blitse wat op die horison slaan en n paar druppels wat op ons val.

Teen die tyd dat ons op die eerste stuk grond is, begin die son kop uitsteek.

Net fotos kan die deel vertel
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    214.6 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    171.4 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    181.6 KB
.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    158.5 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    183.5 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    270.9 KB
Voor ons op die pan na die klok kan gaan moet ons eers die sleutel by die oom op die plaas gaan haal, en word sommer ingenooi vir koffie ook.

Die gasvryheid van plaaas mense verstom my altyd
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    237.5 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    84.1 KB
Na n lekker warm koffie en so in die uitstap vra die oom of ons al die kar gesien het waarmee die laaste landspoed rekord op die pan probeer is.

Hy het die wrak op die plaas gekry na hy dit gekoop het en is dit blykbaar net daar gelos na die ongeluk.
Ongelooflike stuk masjien, maar tog bietjie vreemd om dit so te aanskou,met die valskerm wat nog net so daar by die kar le.

Blykbaar het sy hele familie daar gestaan toe dinge skeefloop.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    163.7 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    199.4 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    224 KB
Vandaar is ons na die klok.

8 uur Maandag, toe die regte wereld jaag na wat ons ookal deesdae jaag, sit en kyk ons hoe die son agter die wolke uitkom, met vlaktes sover ons kan sien en stilte wat in ons ore skree.

Een van die lekkerste oggende van my lewe.

Ontbyt was n pak biltong wat Grolls geskenk het toe ons weg is in Maselspoort en n paar stukkies droewors wat Vaalbaas weggesteek het.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    162.7 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    88.7 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    111.9 KB
Brilliant RR  :thumleft: :thumleft:

keep it coming  :ricky: :ricky:
 
Hier sit en lees ek op 'n Maandagoggend by die werk...    Ai, ek kan nie verwoord hoe graag ek nou eerder op Verneukpan wil wees nie.

Pragtige report en fotos.
 
So sit ons in die stilte bitter tevrede met die lewe,ons trip en daai 2 masjiene wat ons so ver gebring het.

Toe tyd vir n paar fotos
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    215 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    189.5 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    153.4 KB
.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    158.1 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    120.1 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    161.3 KB
Luister ek het so dag of wat om nou in te haal. Het nie die naweek by Laptoppie uitgekom nie.  Ek tik die goed eers op One Note(so BTW ek tik maar stadig) en gaan nog vannaand my gedeelte bylas. Jy moet nou eers briek hier op die pan :thumleft:
 
Reg my baas. Ek het gedog ek het jou verloor langs die pad soos daai slaapsak en matras van jou, maar ek stop dan hier tot jy jou deel vertel het.

Ons behoort darem klaar te skryf voor die volgende ECO  :imaposer:
 
Top