Vaalbaas and KarooKid goes to the ECO and beyond

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
KarooKid said:
Ons behoort darem klaar te skryf voor die volgende ECO  :imaposer:

Moenie dat dit julle hinder nie - ek geniet die storie.  Ek lees elke aand so 'n paragraaf of twee  ;)
 
Hier is ek nou uiteindelik weer voor die surfboard met my volle aandag.

Die daguitstappie van die sewe mukatiers Koranaberg toe was befarklik lekker en ek sien dat daar nou 'n paar manne spyt is dat hulle dit gemis het. Onthou volgende keer maak ons weer so en moenie weer verslaap nie. Meld net aan ……

Die fotos is eintlik genoeg om daardie trippie te beskryf, Lekker was net 'n vinger lank en gou moes ons draai om betyds te wees vir die Skills chalange. Op een of ander tyd stel ek vas dat ons 'n goeie deel van 130km van die kampplek af is. Haas ontdenkbaar.  Kon nie glo ons het die oggend sover gery nie. Dit was heeltyd speeltyd en so vlieg die km's verby (Voel weer soos kind wees). Op Excelsior maak ons weer vol, Kalahari Leeu plug 'n wiel en ons res pomp die wiele  vir die terugpad. Eddy vat voor  en die pad volg 'n ander spoor as die oggend. 2 spoorpaadjies, ligte sand stukke, onverwagte hobbels, alles wat die dr georder het. Kyk, ek volg net die ou voor my, maar op 'n stadium het my oog darem die speedo ook gevang. Wanner laas, indien ooit het ek 90-110km/h in 'n 2spoorpaadjie gery. Het geweet ek speel met die leeu se bal, maar dit was lekker en het gewerk tot op die einde. Hier klop ek myself op die skouer, maar  hou geluk so darem daar in die agterkop.

Die Hp manne het daar op die dreaded spoorpad (wat ons sou misry agv tyd kwessie) 'n man moes bystaan en die ambilans ontbied. Hyt hard geval, maar gelukkig niks erenstig nie. Heel paar van die Eco gangers het gemoan oor daardie gedeelte. Op 'n staium self gevoel  ek doen eerder sand as daardie klippe.

Op daardie stadium kon ek onthou was my gat redelik lam en het die pad kamp toe nie einde kon kry nie. Grotendeels seker maar omdat ek nie geweet het waar ons op daardie stadium is nie. Ek het eers hier by die huis 'n kaart gevat en die roetes wat on gery het bekyk.

Soos Charl daar al genoem het, was dit 'n vroeer aand........ Jee-right - 1h00 is ons bed toe.. Ons het vroeer die aand al on goed gepak en intrek in 'n ander tent geneem. Ek is mos met al my goed op die fiets op Bloem toe. Dit was by tye ietwat ongemaklik(hopeloos teveel in elkgeval gepak) en vir die terug tog het ons net die nodige in die rugsakke gesit. Die res is in Jaco se bakkie Kaap toe. HOE KAN DIT DAN NOU LEKKERDER RAAK?.
 
Laat ek eers weer die foto post



 

Attachments

  • image (8).jpg
    image (8).jpg
    118.7 KB
Spreek vir my boekdele van die volgende oggend. Eerste koffie en ontbyt, wat nie in die foto gewys word nie, maar daai 2de koppie koffie en die kaartboek.  Charl het moes hier genoem dat die kaart en die werklikheid so ietwat verskil, maar dit was deel van die bepanning.  VERNEUKPAN,( was die die afstand soontoe seker net een van die verneukery van die pan) is ons plan vir die dag.  

Kom ek begin eers in Bloemfontein. Ek kan nou nie meer die volgorde onthou nie, maar daai plek het die hoofstraat met omtrent alles in. Ons het begin met die lughawe, 'n mall, ligte nywerheid, restaurante, Mcdonalds, Standard Bank, FNB, Die universiteit, LW 'n BP garage (ek dink) en aan die anderkant  die weermagmeseum.  Al die goed in Nelson Madella Drive. Het gewonder wat in die res van Bloemfontein aangaan, maar so stoot on aan deur die dorp, met so 'n gebaar of 2 dat ons net buite die Stad gaan stop vir petrol. Nou is die afstand vir my vaag, maar wat ek wel onthou was dat ons al 'n hele ent uit die stad was toe die eerste pompe op linkerkant te voorskyn kom. Dis Sondagoggend voor 8 en ja, alles is gesluit. Draai om en weer links in die rigting van Kimberley. Dis mos stad en waar ons vandaan kom is daar mos pompe op geredelike afstand van mekaar. Wat ons uit berekening gelaat het, was dat ons nie toe by ons was nie, maar in die Vrystaat. Die een bultjie op en die ander bultjie af, daar is boerdery links en regs, 'n silo daar in die verte regs van die pad, maar Charl is voor en hy stoot verby. By die volgende afdraai stop hy en die besluit is: Daai point of no return het ons nou bereik, hy het nog  38km range volgens sy fiets en daar gaan defnitief iets vorentoe moet wees. - Bultjie op en bultjie af. Ek sien hy raak al platter agter daai klein windskerm van die Hp en die 38 km volgens my speedo raak op, maar ons loop nog. Ek het al met die Hp vir Tau uit die Cerdeberge gesleep, so ek begin nou van die plase note vat langs die pad. As hulle ons nie kan help met petrol nie sal daar seker 'n tou wees - dan sleep ek hom tot waar ons petrol kan kry. Die volgende wat ek sien is een vinger in die lug.  En so ent later die teken vir NUL zero sults.  Dit het nog my gedagte gekruis dat ons nou sal kan sien hoe ver die fiets kan loop tot hy dan actually gaan staan dat ons weer oor 'n bultjie kruip en daar soos 'n oase in die woestyn lê die Shell pompe van ( het nou op die kaart gekyk en weet nie eintlik watter pad ons op was nie) Boshoff of Petrusville of nie een van die 2 nie ??? :biggrin:. Die volgende stop was in elkgeval Kimberley, om beslis van nou af op elke plek waar petrol is te stop en vol te maak.


Ons nou nog op teer en tot op Griekwastad is dit nog teer, so weereens ry on daai Hp's so hard soos ons kan teen 110km/h om die teer net agter die rug te kry. Op die stuk pad was ek naby aan aan die slaap raak. Die wind was warm, die scenery vaal (mooi, amper soos die Bosveld), maar nie genoeg om dit interresant te hou nie. Daar is net die dorpie Cambell op die pad en die volgende petrol is Griekwastad.
 
Koop 'n lekker koue koeldrank, neem 'n selfies in die garagevenster, met die vooruitsig van grondpad na Prieska.  Terwyl ons petrol getap het, het die son nog helder geskyn. In die 16km anderkant die dorp tot met die afraai verander die weer na net lekker. Dit raak bewolk oor ons koppe, koel en die lekkerste ryweer waaraan jy kan dink. Oor die eertse bult stop ons vir daai fotos van die versamelvoelnes en die Hp in die langpad. "Photos that makes you wanna ride".
 

Attachments

  • SAM_3564.JPG
    SAM_3564.JPG
    143 KB
Daar laat ons bietjie wind uit en slaat die pad. Teen die volgende heuwel is Charl voor en ek gaan nou hoor of hy die perde langs die pad gewaar het. Hulle het nader gekom met sy verbygaan. Nege van hulle is lus vir speel en hardloop met 'n lekker spoed al langs die draad saam met my. Ek het spoed verminder en gewens ek het 'n Go Pro gehad om dit vas te vang. My vrou sou die footage werklik geniet het. 58 km verderl lê die dorpie Van Niekerkshoop, 'n mooi passie en die fotobeeld van die huisie aan die onderkant. Dêm mooi, dêm lekker. KAN DIT NOG LEKKERDER RAAK?
 

Attachments

  • image (9).jpg
    image (9).jpg
    206.6 KB
Die storie van ETS en tot op Kenhardt

Eintlik is hy Ets, maar omdat dit hoofletters is het ek maar altyd gedink hy is E T S soos mens spel. Ek het mos ook in 'n ander draad vertel van die girlfriend wat ek ontmoet het nadat ek haar al amper vir 3 jaar geken het. Nou ja sy loop ook dan geen bekende man op vreemde dorpe verby nie. En so het ons by ETS gedraai. Lekker gawe man, met 'n yskoue bier en goeie raad. En kaalvoet so op die Sondag. Ons wou einlik sien hoe sy Sondag Crocs lyk(die swartes), maar het net  'n baie vriendelike ontvangs gekry.

ETS, nogmaal baie dankie vir die gasvryheid en ek en die vrou gaan jou gastehuis kom benut as ek haar die pan gaan kom wys. 

Mets ETS en Heimer se raad slaan ons weer teer tot op Marydale en vandaar af weer grond verby(letterlik en figuurlik en heeltemal) verby Putsonderwater. Charl is weer voor. Ons kom die plek nader, maar ons hou verby en in my spieel maak ek uit so tussen die bewerasie, 'n lang naam op die ou stasiebord uit en lei af dat dit die Puts plek moes wees. Net weer: Geen GPS en geen kaart behalwe as on stop om die boek te raadpleeg.  Ek slek so effens gooi die vuis in die lug(wat stop in die weermag beteken het), maar te ver geefs. Hy kyk nie in sy spieel nie en teen die tyd dat ek hom weer inry (op 'n stadium teen 170km/h) is ons al sover verby dat ek reken: Daar sal 'n volgende keer wees.

Die Kenhardt hotel - nog gawe mense, n redelike steak en chips en vir pudding 'n ligte burger en chips. Ja mense, die dag was lank en ek was honger. Nog daarmee saam'n lekker rooiwyn en die vooruitsig van 'n sagte bed na 2 dae se oppiegrondslaap matrassie.

Net daar is my mind opgemaak. Roete en pakbeplanning 101: 'n Sagte bed elke 2de aand,n skoon onderboek vir elke dag en skoon T-shirt elke  2de dag, handoek, seep, tandapaste en daar gaat jy.

Die aand val daar so paar wille druppels 2" uitmekaar, maar alles gou oor en niks om oor te worry die volgende dag nie. Ons het in die 2 dae so mooi om die reen gery. KAN DIT DAN NOG LEKKERDER RAAK.
 
Het al fotos van die pan gesien, maar daardie spesifieke Maandagoggend het ek nie woorde voor nie.
 

Attachments

  • SAM_3569.JPG
    SAM_3569.JPG
    165.2 KB
  • SAM_3571.JPG
    SAM_3571.JPG
    129.3 KB
  • SAM_3572.JPG
    SAM_3572.JPG
    111.6 KB
  • SAM_3574.JPG
    SAM_3574.JPG
    113.3 KB
  • SAM_3576.JPG
    SAM_3576.JPG
    131.3 KB
  • SAM_3582.JPG
    SAM_3582.JPG
    295 KB
Julle gaan my nie glo nie, maar ja:
















DIT KAN NOG LEKKERDER RAAK




Hopelik vanaand die derde en tweede laaste skof huistoe
 
Jinne, kan nou nie glo daar is 'n week verby vandat on laas hier gery het nie. Ek het nog laas vir Charl gevra om voor te ry die volgende stukkie. Die man is al ongeduldig, maar hier trek ons weer.

Die Pan - Die wat nog nie daar was nie - gaan net en ervaar dit. Ons vertoef daar het gevoel soos langer, maar toe die sit klaar was, die fotos geneem is, Grolls se biltong amper op is is en on besef die pad huistoe is voor ons was dit maar net so oor 9. Die 1 en 'n half uur wat ek daar spandeer het, voel vandag baie langer. Dit was een van daardie 2% oomblikke. Die sonsopkoms, die wolke en die vars lug daai oggend was spesiaal. Die sonnetjie het net so af en toe deurgebreek - mooi.

Ons is gepak en gee die sleutel by die mense wat nog brekvis maak af. Vandaar hek toe en ek maak weer die Hp se keel skoon. Oom het ons 2 paaie Brandvlei toe verduidelik. Een met hekke - korter en die ander een - langer. Obvios die langer een en dis defnitief nie oor die hekke nie. Teen daardie tyd het ons mekaar se rystyl lekker onder die knie en die 120km loop soos stroop. Erens word daar gestop om die Gopro vas te tape op KK se helmet. Hoop die footage is bruikbaar. Die voetjie van die Gopro het op die Eco gebreek, maar boere maak planne.

Die 2 Hp's loop en sing langs mekaar en ek bly doelbewus net so op Charl se agterwiel sodat alby stemme duidelik in my helmet dreun -  :ricky:  8)

Voor dit weer te lekker raak is Brandvlei in die pad. Dit was so rondom 10h00. Wat doen mens op Branvlei met 'n Hp?        -       Jip, jy maak hom vol petrol, want Calvinia is 158km ver. Hier lê die swartslang weer voor ons.

Daar is nie ander opsie nie - dit sal moet teer wees want dis die laaste dag en vannaand slaap on by ons huise(nie dat ek toe daaraan sou wou dink nie). Die eerste stop was waar die Brandvlei pad afdraai van die Calvinia Williston pad. en ons stop weer by die Shell aan die weste kant van Calvinia. 1 uur 40 min later, maar nous die ergste teer van die dag agter die rug.

Charl se opmerking - die reguit vervelige R355 is nou al wat tussen ons en Die Padstal se burgers lê. Oor die stuk pad is daar 'n hoofstuk in my geheue - gaan die meeste van dit maar vir myself bêre. Lekker lekker lekker en nogmaals lekker

Om die een of ander rede kon ons nie die Onverklaarbar verby ry nie - O ja  -  Petrol en sommer 'n bier vir ons ook. Hulle maak reg vir 'n Duitse toergroep wat oppad is. Vreelik grand vir daar innie Karoo.

Charl gooi daar n paar foto's. Kan nie onthou of jy Dikgeluk se present afgeneem het nie - hoop so
 
Bly om terug op die grond te wees is daar tog n bietjie hartseer by.

Die volgende 200km is ons laast bietjie stof na n ongelooflike paar dae, maar voor ons aan afskeid dink ry ons eers by onverklaar Bar in. Soos gewoonlik n belewenis.

Om n Harley geskenk te kry moet lekker wees. Al is dit n Harley

Ons sit in die stilte, drink n bier en staar net na die dinge om ons.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    84 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    111.7 KB
  • image.jpg
    image.jpg
    124 KB
In die middag hitte val oms weer in die pad, vir hopenlik n lekker burger by die Padstal.

Die volgende 60km is amper te vinnig verby, en ons draai in by die Padstal.

Almal is amper verbaas om mekaar te sien. Wally vra vir Loedolf of hy nie Vleis het om te pak nie.

Ons vra of ons burgers kan kry, en Hein se - vandag is hier nie burgers nie. Julle is die eerste mense wat vir kos vra. So lunch word n Coke en n pak Lays. Perfek.

Daar begin so ongemaklike stilte ontwikkel. Vaalbaas gaan le in die bar op die bank en ons praat met ander gaste wat uit die stad ontsnap het. Dis hie die lewe moet wees.

Die ander gaste merk op - dis so lekker hier op n Maandag en Wally antwoord terug - Dis hoekom ek ook Maandae hierheen kom..........

Ironies genoeg was dit die laaste Maandag wat die Padstal soos ons hom geken het daar was. Dankie tog ons kon nog een keer daar wees.

Met die uitstap erken Vaalbaas - Ek wil nie huistoe gaan nie. Kan ons nie nog ry nie.
Maar ons moet aanstoot. Die werklikheid wag voor.
 
Van die Onverklaarbaar  tot by Die Padstal is die memorabeste stukkie pad van die hele trip vir my. Ek sien die stof in die spieel, dink terug aan wat nou einde se kant toe staan, sien die pad, dink aan die lekker burger by die Padstal en op 'n stadium, net so 5 min seker voor ons afslek vir die afdraai by DIE pdstal gaan 'n gedagte deur my.

As  ek die tyd kon kies om die wereld te kon verlaat sou dit nou wees. Hierdie was die lekkerste , mooiste mees ongelooflikste ding wat nog in my bikery tyd gebeur het. Dit het net gebeur en alles het gejel. Die saamry, die gemaklikheid, die Eco en die HP rekord poging, die misterie van die pad huis toe en dit met 'n nuwe vriend wat n totale vreemdeling was tot en met die Donderdag oggend toe ons eers regtig ontmoet het.

Nou vir die grootste teleurstelling van die trip - Ons het redlik ete uitgestel vir die burger by Die Padstal, MAAR DAAR IS TOE NIE BURGERS IN DIE WEEK NIE, wat a bummer, maar soos KK gesê het - Coke en Lays was genoeg, want daar kuier mens nie noodwendig vir kos en bier nie . Die geselskap en algehele positiewe gesindheid doen die ding  -  net om die volgende Sondag die toets van die tye te sien gebeur. Nie eers die totale vernietiging van Die Padstal kan daar familie onderkry nie. Respek vir die Langes

Opstaan daar was maar so stelselmatig, want van hier af is dit nou net die nare waarheid van - Dis nou verby - Huis hier kom ons.

On groet en val in die pad en stop weer waar die trip begin het. Op die split van die R355 en R356 waar ons daai eerste koue bier  van die vrienskap uit die koerantpapier gedraai het - 5 dae terug. Van daar af gooi Charl die roete sommer oor Swaarmoed - defnitief om die einde verder te rek.

Normale gang sou groet vir on op Ceres wees, maar ek reken - dit sal nie reg wees nie - Daarvandaan is my pad huis toe so 50 km maar my buddie moet dan nog 'n goeie deel van honderd kilos aantsoot. Die besluit is toe ons ry saam oor Bainskloof en eindig die trip op Wellington.

Het al 'n hele paar maal oor die pas gery en nog altyd op dieselfde aftrekplek gestop.  Charl is voor en so wragtig trek hy daar af. Onthou nou van die dame in die wit Ford bakkie wat net so voor tweede tol my amper in my tol gery het en so paar draaie later wragtig weer amper deur 'n rooi Mazda wat die draaie sny.

Die Son het gesak daar en hier los ek dit nou eers weer vir die Kid van die Karoo.

Ps ek moes hom keer ander sou die foto dalk nou wees nie wat die hele trip weerspieel het nie  -  mag ek dit 'n tiepe van kammaraderie noem
 
Mooi manne

Mag ek terloops noem dat mens grond kan ry vanaf Brandvlei tot ampertjies in Calvinia  :peepwall:
 
Ja nee Jan so glo ek. Tyd was nie meer aan ons kant nie. Van die Pan tot by die huis is aan die verkeerde kant van 700km  en dit was die laaste dag van die trip. Sal dit defnitief volgende keer inwerk en my volgende uitgawe sal 'n GPS wees. Dit kan dinge seker makliker maak. Aan die anderkant is die  verrassings element dan daarmee heen.
 
Top