Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir al julle kommentaar, bly julle geniet dit soveel soos ekke.  Maar ek moet bietjie verder vertel: gelukkig het ek gister gaan ry want vandag is maar 8 grade hier, flou sonnetjie en 'n dun windtjie wat uit die suide uit roer.  Kerels, vandag sal dit tandekners gewees het om lang ente te gaan ry. Dis net die jong manne en die malles wat vandag sal gaan ry het.

Ek skryf weer as ek ander pad gery het.  Hopelik is dit binnekort.

Lekker naweek vir julle almal verder.
 
Dankie vir die saamry, selfs julle plat wêreld lyk mooi as dit gereen het :biggrin:
 
Lekker gelees - dankie vir die RR  :thumleft:
 
XXL said:
That is one beautiful bike! Looks like a Gaemin 62s gps...?

Thanks  :thumleft:  Sharp eyes.  Yes, only recently got it but it works for me.  I find I can even punch the right buttons while riding (look out for my "Big Fall" thread soon  :biggrin: )  I do pre-trip planning on Google Earth and BaseCamp and then download to the GPS.  Still need to figure out a few things though.  Like why the "distance to next" sometimes increases instead of decreases.  Got to spend time with it I guess.
 
Dorsland jy moet my laat weet as jy weer so maak dan haak ek aan. Wou ook vandag daaikant toe ry maar die weer het my gewen. Maar JA dis lekker paaie om te ry veral na reentjie. Ek sal ok laat weet as ons koepel kant toe gaan. Enjoy.
 
etiennee said:
Dorsland jy moet my laat weet as jy weer so maak dan haak ek aan. Wou ook vandag daaikant toe ry maar die weer het my gewen. Maar JA dis lekker paaie om te ry veral na reentjie. Ek sal ok laat weet as ons koepel kant toe gaan. Enjoy.

Ek maak so E maar ek sien jy ry 'n GSA.  Laas toe ek met 'n paar GSA- en KTM-manne gaan ry het toe moes ek ry dat die stof op my staan om by te bly.  Die keer kon ek daarem so 'n paar fotos geneem kry. Jy sal my so 'n dag se voorsprong moet gee as jy soos hulle ry  ;D  Janee waaragtig dit was daarem vandag koud gewees hier by ons of hoe?
 
Lekker RR.  Maak my lus om my DR te gaan straf innie bospaadjies!
 
Hoorn said:
Hoe verlang ek nou na die Hoëveld en die Vrystaat!

Mag ek maar my eie RR met Toon vd Heever se bekende gedig skaak?

In die Hoëveld
In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar 'n mens nog vry kan asemhaal en aan 'n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.

En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees- of skaap-toe ry.

Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al 'n jaar of tien,
Waar die bokkies op die lei-grafstene speel.

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as 'n kind.

 
O bring my terug na die ou Transvaal ................  :thumleft:
 
dual said:
O bring my terug na die ou Transvaal ................  :thumleft:

Ja julle Capies is altyd welkom hier.  Jille moet net al jil tanne saambreng asamblief
 
Ek was vir 41 jaar 'n Pretorianer, woon die laaste 7.5 jaar innie Kaap in, maar sal altyd in my hart 'n Pretorianer bly - o ja, en ook 'n BlouBul  :thumleft:

Het nog al my tanne, dankie  :biggrin:
 
Dorsland ek is ook hier van Potch. Jy moet laat weet as jy weer pad vat. Sal graag wil saamry.

Moet nie worry nie ek sal saam met jou ry, het ook eers 'n Transalp so verstaan wat jy se oor die manne met BMW's en KTM's.
 
Hallo E123,  nee dit sal lekker wees.  Ek gaan julle manne beslis laat weet as ek weer gaan ry, ek sal dit sommer onder "Ride Planning" plaas en dan vir jou PM.  Is bietjie vas met 'n paar dinge die week en volgende maar daarna is dit bloulug voorentoe  :thumleft:
 
Top