Who said The Hell can't be done with a sidecar?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Beesboer

Pack Dog
Joined
Nov 20, 2014
Messages
196
Reaction score
49
Bike
KTM 690 Adventure
OK ek gee op. Ek het 'n baie nice trippie gehad. Ek kry egter nie die ride report gepost nie. Indien daar belangstelling is kan ek die report email. Iemand wat meer breinselle as ek het kan dit dan dalk post. As ek die word doc post word al die foto's weggelaat. Ek is nie 'n skrywer nie dus die foto's moet juis die storie vertel.
 
OK I have tried again but to no avail. If somebody could help me post the report it would be appreciated
 
Kopieër al die teks uit die Word dokument uit en plak dit in die 'fred'. Pos jou foto's tussen-in met die 'images' knoppie hier bo regs langs die skakel.

Raak die foto's weg as jy die Word dok aanheg met 'Attach files' hieronder?
 
Iemand help die man. Ek wil graag die sien
 
Kopieër al die teks uit die Word dokument uit en plak dit in die 'fred'. Pos jou foto's tussen-in met die 'images' knoppie hier bo regs langs die skakel.

Raak die foto's weg as jy die Word dok aanheg met 'Attach files' hieronder?
Die attach files metode wys nie enige van myword docs nie? Ek het die file ook probeer copy en paste as 'n file. Laastens die file oopgemaak en alles gecopy en so te paste. Laasgenoemde paste maar sonder enige foto's. Miskien kan ek die doc vir 'n admin stuur wat dit dan kan plaas namens my?
 
Jy kan vir my stuur. Ek sal kyk of ek kan help.
 
Maak net so. ;)

P1310594.JPG
P1310703.JPG
 
Maar dan weet ons...sidecar ouens is nie baie slim nie....hulle hou van stoei met n bike partykeer🤣
 
Swartbergpas, Die Hel in die Gamtoosvallei, Floriskraaldam en Seweweekspoortpas

Jan 4-5-2024

Dit is 4 Jan ongeveer 07H30. Die tyd het aangebreek vir die groot avontuur met die ou girlie (Ural met syspan)

Almal wat van hierdie plan gehoor het, het my ten sterkste afgeraai. Dit is volgens hulle ‘n mal plan. Die redes was uiteenlopend. Jy is al 67 jaar oud, veels te oud vir dit. Die Ural sal dit nooit maak nie. Dit gaan jou in die steek laat. Die pad in en uit die Hel is te erg en ‘n motorfiets met syspan sal dit nooit kan doen nie. Ek wou ‘n sirkelroete doen wat die hele Swartbergpas insluit, onder in die Gamtoosvallei by die Hel in een van die ou oorspronklike huise gaan slaap. Die volgende dag weer uitry en deur Prins Albert gaan. Links draai, en die grondpad vat met die baie hekke tot by die Floriskraal dam en deur die Seweweekspoortpas terug ry na Mosselbaai. Ek was ‘n hele paar jaar terug op ‘n 3 maande solo grondpad “soul searching” toer wat hierdie gedeelte ingesluit het met die KTM690. Dit was van Pretoria deur al die provinsies tot weer terug wat sover moontlik grondpad ingesluit het. Toe ek die Ural koop en die geskiedenis lees van wat met dit gedoen was in die 2de wereldoorlog het ek besluit ek wil die Hel gaan doen. Indien die leser belangstel in wat met hierdie toer gebeur het, lees gerus verder. Ek is nou nie ‘n skrywer nie dus sal die foto’s maar die meeste praatwerk moet doen.

Ek en Junior (ook nie meer regtig junior nie want hy het sopas eerste jaar BSC Landbou klaar gemaak) val in die pad uit Hartenbos. Vat die pad na Oudtshoorn oor Robinsonpas. Maak vol in Oudtshoorn en ry uit verby die Kangogrotte. Net daarna draai ons links en begin die Swartberg avontuur.

Dit is waar die avontuur begin! Na ‘n paar kilo’s begin die grondpad verby Kobus se Gat. Die begin van die Swartberg pas is prentjie mooi.

Die afdraai na die Hel.

Hierdie padteken moes reeds vir Junior laat besef het hy is in vir ‘n ding. Ignorance is bliss!

Piepie stop

Die pad daar in die verte hou vol beloftes in!

Die pad is nog mooi! Min wetende wat wag nog vir ons voorentoe…

En toe begin dit interessant raak… Drie wiele, net een wat trek. Elkeen wil in sy eie rigting gaan. Geen reeling langs die pad, berg een kant, afgrond aan die ander.

Een van 3 waterkruisings oor die pad.

Nog water

Een van die plekke waar die Ural steeks geraak het en dwars gespring het. Die geheim was om nie die pas te probeer jaag nie. Net genoeg spoed om oor die klippe te kom maar nie so min dat die fiets stol nie. Stol teen veral die terugkom aan die begin sal baie interessant raak want dit is baie steil op en die fiets se remme sluit terwyl jy agteruit gly selfs teen die fiets se motor wringkrag. Tussen ons 2 was ons meer as 200kg met seker, ten minste, so verdere 50kg aan kamptoerusting, klere, tools en spares. Die ou girlie se torque was plek plek maar min en moes ons die koppelaar oorwerk om die toere hoog genoeg te hou.

Die regering doen geen onderhoud op die pad nie. Hulle het onttrek van Gamtoosvallei. Die museum is toe. Nog ‘n deel van ons geskiedenis wat tot niet gaan. Ek glo nie die mense wat daar bly gaan die pad in stand kan hou nie. Dit is alreeds baie verspoel en plek plek sal dringend aandag moet kry.

Slegs die enkele huisies in privaat besit word nog onderhou.

Ons het darem lekker ge-eet met komplimente van die eetplek by die ingang. Baie aangename mense. Die huisie waarin ons gebly het behoort dan ook aan hulle.

Terwyl ons afgery het, het ek nogal gewonder of daar al voorheen motorfiets met syspanne daar was. Ongelukkig was ons nie die eerste nie…. Ons was blykbaar die vierde in die 21 jaar wat die vrou van die restaurant al daar bly. Ons was egter die eerstes wat alleen sonder ander of ‘n hulpvoertuig die tog aangepak het.

Die Swartbergpas verder tot by Prins Albert was sonder enige voorvalle. Dit bly maar pragtig!

In Prince Albert moes ons eers die agterrem weer opstel, brandstof gooi voor ons verder is. Op die pad na Laingsburg is daar ‘n grondpad wat tussen die plase deur vleg en uiteindelik by Floriskraaldam uitkom. Ons het baie hekke moes oop en toemaak. Ek het probeer tel hoeveel maar naderhand by ‘n Zuma getal uitgekom en moet opgegee om verder te tel! Die pad het deur verskeie plase, onder andere, wildsplase gevleg. Ons het heelwat wild gesien. Meestal wildebeeste.

Daarna het ons links gedraai op die pad tussen Laingsburg en Ladismith. Die Seweweekspoortpas is baie besonders. Die hoe berge en kranse rondom jou, hier reg langs die pad is indrukwekkend. My foon se kamera kon dit nie vasvang nie.

Ons het langs die pad, die laaste van ons ekstra brandstof ingegooi om Ladismith te kon haal. Daar aangekom, volgemaak, iets ge-eet en toe Riversend om terug huistoe.

Vir die wat dink ‘n Ural is onbetroubaar. Laat dit ‘n les wees. Die ou girlie het foutloos prestreer met geen breekkasies of skade nie. Dit is egter baie belangrik om seker te maak dat die fiets goed deurgegaan word vir enige los boute en goed gediens is voor die tyd. Moenie die speke, wielrollaers, ens vergeet nie.

Nog ‘n epiese ervaring kom tot ‘n einde!
 
DIE HEL MET 'N SYSPAN - BEESBOER SE STORIE
(Swartbergpas, Die Hel in die Gamkaskloofvallei, Floriskraaldam en Seweweekspoortpas - Januarie 2024)

Dit is 4 Januarie ongeveer 07H30. Die tyd het aangebreek vir die groot avontuur met die ou girlie (Ural met syspan)
1704637075678.png

Almal wat van hierdie plan gehoor het, het my ten sterkste afgeraai. Dit is volgens hulle ‘n mal plan. Die redes was uiteenlopend. Jy is al 67 jaar oud, veels te oud vir dit. Die Ural sal dit nooit maak nie. Dit gaan jou in die steek laat. Die pad in en uit die Hel is te erg en ‘n motorfiets met syspan sal dit nooit kan doen nie.

Ek wou ‘n sirkelroete doen wat die hele Swartbergpas insluit, onder in die Gamtoosvallei by die Hel in een van die ou oorspronklike huise gaan slaap. Die volgende dag weer uitry en deur Prins Albert gaan. Links draai, en die grondpad vat met die baie hekke tot by die Floriskraal dam en deur die Seweweekspoortpas terug ry na Mosselbaai. Ek was ‘n hele paar jaar terug op ‘n 3 maande solo grondpad “soul searching” toer wat hierdie gedeelte ingesluit het met die KTM690. Dit was van Pretoria deur al die provinsies tot weer terug wat sover moontlik grondpad ingesluit het. Toe ek die Ural koop en die geskiedenis lees van wat met dit gedoen was in die 2de wereldoorlog het ek besluit ek wil die Hel gaan doen. Indien die leser belangstel in wat met hierdie toer gebeur het, lees gerus verder.

Ek is nou nie ‘n skrywer nie dus sal die foto’s maar die meeste praatwerk moet doen.

Ek en Junior (ook nie meer regtig junior nie want hy het sopas eerste jaar BSC Landbou klaar gemaak) val in die pad uit Hartenbos. Vat die pad na Oudtshoorn oor Robinsonpas. Maak vol in Oudtshoorn en ry uit verby die Kangogrotte. Net daarna draai ons links en begin die Swartberg avontuur.
1704637226083.png

Dit is waar die avontuur begin! Na ‘n paar kilo’s begin die grondpad verby Kobus se Gat. Die begin van die Swartberg pas is prentjie mooi.
1704637266707.png

1704637281231.png

1704637294319.png

Die afdraai na die Hel.
1704637331794.png

Hierdie padteken moes reeds vir Junior laat besef het hy is in vir ‘n ding. Ignorance is bliss!
1704637373008.png

Piepie stop.
1704637401397.png

Die pad daar in die verte hou vol beloftes in!
1704637428950.png

Die pad is nog mooi! Min wetende wat wag nog vir ons vorentoe…

En toe begin dit interessant raak. Drie wiele, net een wat trek. Elkeen wil in sy eie rigting gaan. Geen reeling langs die pad, berg een kant, afgrond aan die ander.
1704637480799.png

Een van 3 waterkruisings oor die pad.
1704637507059.png

1704637531048.png

1704637548399.png

1704637566283.png

1704637580352.png

Nog water.
1704637608314.png

1704637622692.png

Een van die plekke waar die Ural steeks geraak het en dwars gespring het. Die geheim was om nie die pas te probeer jaag nie. Net genoeg spoed om oor die klippe te kom maar nie so min dat die fiets stol nie. Stol teen veral die terugkom aan die begin sal baie interessant raak want dit is baie steil op en die fiets se remme sluit terwyl jy agteruit gly selfs teen die fiets se motor wringkrag. Tussen ons 2 was ons meer as 200kg met seker, ten minste, so verdere 50kg aan kamptoerusting, klere, tools en spares. Die ou girlie se torque was plek plek maar min en moes ons die koppelaar oorwerk om die toere hoog genoeg te hou.
1704637686695.png

1704637704972.png

Die regering doen geen onderhoud op die pad nie. Hulle het onttrek van Gamkaskloof vallei. Die museum is toe. Nog ‘n deel van ons geskiedenis wat tot niet gaan. Ek glo nie die mense wat daar bly gaan die pad in stand kan hou nie. Dit is alreeds baie verspoel en plek plek sal dringend aandag moet kry.

Slegs die enkele huisies in privaat besit word nog onderhou.

Ons het darem lekker ge-eet met komplimente van die eetplek by die ingang. Baie aangename mense. Die huisie waarin ons gebly het behoort dan ook aan hulle.

Terwyl ons afgery het, het ek nogal gewonder of daar al voorheen motorfiets met syspanne daar was. Ongelukkig was ons nie die eerste nie. Ons was blykbaar die vierde in die 21 jaar wat die vrou van die restaurant al daar bly. Ons was egter die eerstes wat alleen sonder ander of ‘n hulpvoertuig die tog aangepak het.
1704637766427.png

1704637783927.png

1704637795107.png

1704637807399.png

Die Swartbergpas verder tot by Prins Albert was sonder enige voorvalle. Dit bly maar pragtig!
1704637833930.png

In Prince Albert moes ons eers die agterrem weer opstel, brandstof gooi voor ons verder is. Op die pad na Laingsburg is daar ‘n grondpad wat tussen die plase deur vleg en uiteindelik by Floriskraaldam uitkom. Ons het baie hekke moes oop en toemaak. Ek het probeer tel hoeveel maar naderhand by ‘n Zuma getal uitgekom en moet opgegee om verder te tel! Die pad het deur verskeie plase, onder andere, wildsplase gevleg. Ons het heelwat wild gesien. Meestal wildebeeste.
1704637871544.png

1704637888743.png

Daarna het ons links gedraai op die pad tussen Laingsburg en Ladismith. Die Seweweekspoortpas is baie besonders. Die hoe berge en kranse rondom jou, hier reg langs die pad is indrukwekkend. My foon se kamera kon dit nie vasvang nie.
1704637919347.png

Ons het langs die pad, die laaste van ons ekstra brandstof ingegooi om Ladismith te kon haal. Daar aangekom, volgemaak, iets ge-eet en toe Riversend om terug huistoe.

Vir die wat dink ‘n Ural is onbetroubaar. Laat dit ‘n les wees. Die ou girlie het foutloos prestreer met geen breekkasies of skade nie. Dit is egter baie belangrik om seker te maak dat die fiets goed deurgegaan word vir enige los boute en goed gediens is voor die tyd. Moenie die speke, wielrollaers, ens. vergeet nie.

Nog ‘n epiese ervaring kom tot ‘n einde!
 
Attachments

  • 1704637174481.png
    1704637174481.png
    1.7 MB
DIE HEL MET 'N SYSPAN - BEESBOER SE STORIE
(Swartbergpas, Die Hel in die Gamkaskloofvallei, Floriskraaldam en Seweweekspoortpas - Januarie 2024)

Dit is 4 Januarie ongeveer 07H30. Die tyd het aangebreek vir die groot avontuur met die ou girlie (Ural met syspan)
View attachment 872275

Almal wat van hierdie plan gehoor het, het my ten sterkste afgeraai. Dit is volgens hulle ‘n mal plan. Die redes was uiteenlopend. Jy is al 67 jaar oud, veels te oud vir dit. Die Ural sal dit nooit maak nie. Dit gaan jou in die steek laat. Die pad in en uit die Hel is te erg en ‘n motorfiets met syspan sal dit nooit kan doen nie.

Ek wou ‘n sirkelroete doen wat die hele Swartbergpas insluit, onder in die Gamtoosvallei by die Hel in een van die ou oorspronklike huise gaan slaap. Die volgende dag weer uitry en deur Prins Albert gaan. Links draai, en die grondpad vat met die baie hekke tot by die Floriskraal dam en deur die Seweweekspoortpas terug ry na Mosselbaai. Ek was ‘n hele paar jaar terug op ‘n 3 maande solo grondpad “soul searching” toer wat hierdie gedeelte ingesluit het met die KTM690. Dit was van Pretoria deur al die provinsies tot weer terug wat sover moontlik grondpad ingesluit het. Toe ek die Ural koop en die geskiedenis lees van wat met dit gedoen was in die 2de wereldoorlog het ek besluit ek wil die Hel gaan doen. Indien die leser belangstel in wat met hierdie toer gebeur het, lees gerus verder.

Ek is nou nie ‘n skrywer nie dus sal die foto’s maar die meeste praatwerk moet doen.

Ek en Junior (ook nie meer regtig junior nie want hy het sopas eerste jaar BSC Landbou klaar gemaak) val in die pad uit Hartenbos. Vat die pad na Oudtshoorn oor Robinsonpas. Maak vol in Oudtshoorn en ry uit verby die Kangogrotte. Net daarna draai ons links en begin die Swartberg avontuur.
View attachment 872277

Dit is waar die avontuur begin! Na ‘n paar kilo’s begin die grondpad verby Kobus se Gat. Die begin van die Swartberg pas is prentjie mooi.
View attachment 872278

View attachment 872279

View attachment 872280

Die afdraai na die Hel.
View attachment 872281

Hierdie padteken moes reeds vir Junior laat besef het hy is in vir ‘n ding. Ignorance is bliss!
View attachment 872282

Piepie stop.
View attachment 872283

Die pad daar in die verte hou vol beloftes in!
View attachment 872284

Die pad is nog mooi! Min wetende wat wag nog vir ons vorentoe…

En toe begin dit interessant raak. Drie wiele, net een wat trek. Elkeen wil in sy eie rigting gaan. Geen reeling langs die pad, berg een kant, afgrond aan die ander.
View attachment 872285

Een van 3 waterkruisings oor die pad.
View attachment 872286

View attachment 872287

View attachment 872288

View attachment 872289

View attachment 872290

Nog water.
View attachment 872291

View attachment 872292

Een van die plekke waar die Ural steeks geraak het en dwars gespring het. Die geheim was om nie die pas te probeer jaag nie. Net genoeg spoed om oor die klippe te kom maar nie so min dat die fiets stol nie. Stol teen veral die terugkom aan die begin sal baie interessant raak want dit is baie steil op en die fiets se remme sluit terwyl jy agteruit gly selfs teen die fiets se motor wringkrag. Tussen ons 2 was ons meer as 200kg met seker, ten minste, so verdere 50kg aan kamptoerusting, klere, tools en spares. Die ou girlie se torque was plek plek maar min en moes ons die koppelaar oorwerk om die toere hoog genoeg te hou.
View attachment 872293

View attachment 872294

Die regering doen geen onderhoud op die pad nie. Hulle het onttrek van Gamkaskloof vallei. Die museum is toe. Nog ‘n deel van ons geskiedenis wat tot niet gaan. Ek glo nie die mense wat daar bly gaan die pad in stand kan hou nie. Dit is alreeds baie verspoel en plek plek sal dringend aandag moet kry.

Slegs die enkele huisies in privaat besit word nog onderhou.

Ons het darem lekker ge-eet met komplimente van die eetplek by die ingang. Baie aangename mense. Die huisie waarin ons gebly het behoort dan ook aan hulle.

Terwyl ons afgery het, het ek nogal gewonder of daar al voorheen motorfiets met syspanne daar was. Ongelukkig was ons nie die eerste nie. Ons was blykbaar die vierde in die 21 jaar wat die vrou van die restaurant al daar bly. Ons was egter die eerstes wat alleen sonder ander of ‘n hulpvoertuig die tog aangepak het.
View attachment 872295

View attachment 872296

View attachment 872297

View attachment 872299

Die Swartbergpas verder tot by Prins Albert was sonder enige voorvalle. Dit bly maar pragtig!
View attachment 872300

In Prince Albert moes ons eers die agterrem weer opstel, brandstof gooi voor ons verder is. Op die pad na Laingsburg is daar ‘n grondpad wat tussen die plase deur vleg en uiteindelik by Floriskraaldam uitkom. Ons het baie hekke moes oop en toemaak. Ek het probeer tel hoeveel maar naderhand by ‘n Zuma getal uitgekom en moet opgegee om verder te tel! Die pad het deur verskeie plase, onder andere, wildsplase gevleg. Ons het heelwat wild gesien. Meestal wildebeeste.
View attachment 872301

View attachment 872302

Daarna het ons links gedraai op die pad tussen Laingsburg en Ladismith. Die Seweweekspoortpas is baie besonders. Die hoe berge en kranse rondom jou, hier reg langs die pad is indrukwekkend. My foon se kamera kon dit nie vasvang nie.
View attachment 872303

Ons het langs die pad, die laaste van ons ekstra brandstof ingegooi om Ladismith te kon haal. Daar aangekom, volgemaak, iets ge-eet en toe Riversend om terug huistoe.

Vir die wat dink ‘n Ural is onbetroubaar. Laat dit ‘n les wees. Die ou girlie het foutloos prestreer met geen breekkasies of skade nie. Dit is egter baie belangrik om seker te maak dat die fiets goed deurgegaan word vir enige los boute en goed gediens is voor die tyd. Moenie die speke, wielrollaers, ens. vergeet nie.

Nog ‘n epiese ervaring kom tot ‘n einde!
Tx, ek waardeur die hulp met die plasing. Hoop die RR is al die moeite wat ek veroorsaak het werd!
 
Top