Dusty Rusty
Grey Hound
Die beheptheid met die Wupertal-roete het sowat twee jaar gelede begin toe ek en Nismark vanaf Oasis tot by Eselsbank se watervalle gery het. Ek was 'n TW 200 groentjie en elke draaitjie en hobbel op die pad was ‘n uitdagende avontuur.
Die pad na Eselsbank toe op daardie stadium die wildste en die lekkerste roete wat ek al ooit gery het....... ek was betower!
So het die gogga dan sy skerp tandjies by my ingeslaan en ek het elke Wupperthal Ride Report jaloers verslind.
Op een geleentheid het ek saam met Nismark die roete gepillion. Daardie dag het ek meeste van die tyd met skrefies oe teen die footpegs vasgeskop terwyl die plat bossies verby ons gevlieg het. Toe ons groep met die steil helling begin afsak na Wupperthal, het ek met ‘n bang-gefasineerdheid gesit en wonder of ek dit ooit self sou kon ry.
Al moes ek nou die roete waggelstap in eerste rat, dis een pad wat ek WOU ry!
Tyd het aangestap en ek het met Nismark geflikvlooi om Wupperthal te gaan ry. Elke keer was sy antwoord egter: “Jy’s nog nie reg daarvoor nie” Dan’t my moed sommer tot diep in my skoene afgesak en by my tone gaan wegkuip.
En toe maak ons ‘n deal. Nismark wil in Atlantis gaan speel en my sommer leer sandry op die XT terwyl ons daar is. Dan, ongeag van hoe ek gery het, kan ons Wupperthal gaan doen. Nou kyk, al het hy die XT vir my laat sak was daai fiets nog steeds swaar en scary. Ek het myself voorberei vir ambulans sake.
Oppad Atlantis toe, begin die XT lol. Ek dog toe dis klaar met kees! Daar gaan boggerol Wuppethal wees! Maar Nismark is ‘n man van sy woord en in Januarie laai hy die twee xr’tjies op die bakkie en ons vat pad Ceres toe!