Grondeise en standaard hekwydtes.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Chrisl

Teelhond
WD Vendor
Joined
Jul 23, 2007
Messages
46,624
Reaction score
10,153
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Dit was n lang en alleen jaar vandat ek en Karoo Rider laas saamgery het. Die lewe hol met ons altwee weg :eek7:
Ek kry n mail wat sê hy is op vakansie en siende dat hy baie lanklaas vakansie gehad het probeer hy te veel doen in n kort tydjie MAAR sal dit moontlik wees om n dinsdag,woensdag en die donderdag te gaan ry? Geen ander dae sal pas want voor die tyd het hy bergklimmery aan die gang en na die trip n familiekamp.

Ek sê dadelik ja want ek weet hy het n ry honger en buitendien geniet ek sy geselskap en ons gel lekker saam op n trip. Die roete word aan my oorgelaat en enigiets sal doen order die man. Solank hy net op twee wiele kan wees en kan kamp in die natuur.
Vroeg oggend ry hy vanaf Ladismith tot by my en ons vat n koffie voor ons ry.

IMG_3966_1_zpsoa9yjb1v.jpg


Nie vêr van my af maak ons sommer rubber nat oor die Gou Kou rivier.

IMG_3968_1_zpsfx5m3yct.jpg


Ons vat pad oor wat bekend staan as die "Vlakte" Jip dis boerbokke, en wie sn? Troes nannies Dorsland het hulle hier by n koper kom aflaai!! :thumleft:

IMG_3969_1_zpslylnamnr.jpg


Die area is groen en meeste gesaaides in die aar. Die Duiwenhoksrivier se watervlak is nie te hoog, maar vloei lekker oppad see toe.

IMG_3970_1_zps0pbwvq5c.jpg


IMG_3971_1_zpsekhitqhf.jpg


Die res van die land het erge droogte,maar die suid kaap is pragtig. Die ou wat nie vanjaar n goeie oes maak het nie gesaai :deal: :thumleft:

IMG_3973_1_zpsymayr8ni.jpg


Sulke lekker vet are vir mooi brode :drif:

IMG_3972_1_zpst8rfglxr.jpg


Ons kap n paar linkse en regse en ons beland by die pond by Malgas.

IMG_3975_1_zpsjybs6b31.jpg


Ek is al n paar maal hier oor en dit voel altyd asof ek vir die tyd wat ek oor die water beweeg terug beweeg in tyd. Asof ek graag saam met my oor die pond n paar perde karre sou wou hê en Oom Moksie Dunn moet nog die pond op sy eie trek. Kom ons hoop die pond word nooit vervang deur n brug :thumleft:

IMG_3977_1_zpszt3bz5i4.jpg


IMG_3976_1_zps5dsjnhoq.jpg


IMG_3978_1_zpsxickix4b.jpg


Ons ry verby De Hoop en Ouplaas en toe begin ons ernstig zig zag en ons kom by Protem uit. Dis daai tyd van die jaar wanneer die groot speelgoed vir die tweede keer uitgetrek word. Hier word hawer gesny om gewrap baal te word vir voer volgende jaar.

IMG_3979_1_zpsraqv26fr.jpg


Die grondpad spoeg ons net voor Riviersonderend op die N2 uit. Ek het dit nie gemeet maar op die totale afstand het ons seker nie meer as 20 kms teerpad gery. Stunning wêreld die tyd van die jaar. Ons vat petrol vir die bikes en n broodjie vir die mae.

IMG_3980_1_zpsohtclmel.jpg


Op Riviersonderend besluit ons om Greyton om te ry want KR het die pragtige dorpie nog nie gesien. Eerste grond regsaf net buite Riverwithoutend. Pragtige pad tussen die mooiste plase deur. Hier boer die manne in hoër graad. :thumleft: :deal:

IMG_3982_1_zps29jxfrue.jpg


KR vat n rustige toer in Greyton EN verdwaal amper terwyl ek op die rand van die dorp wag. Hy kom stop met die woorde "hier kan mens mos bly"!! :thumleft:
Ons vat die teerpad Genadendal, Villiersdorp en verby Worcester. By die afdraai van Bainskloofpas besluit ons sommer om hom te ry. Goeie besluit aangesien ek hom 14 jaar laas gery het en baie van hoe die pas loop vergeet het. :eek7:

IMG_3983_1_zpsxdpj3vd7.jpg


Ons mik vir ons vriendelike WD blokman op Gouda vir n vleisie vir die aand se braai en n biltong vir kou langs die pad. Mens gesels altyd lekker as jy stop by VaalBaas en hy glo aan klientediens. Vir vrouekliente maak hy seker mouterdeure oop, in my geval weet hy hy moet my been oor die saal trek anders sit hy vir die res van die dag met my opgeskeep. :lol8:
Oppad badkamer toe sien ek dié hartseer gesig, toe onder die boustof!! :eek7: VaalBaas jy moet plan maak om meer te ry. :deal:

IMG_3984_1_zpscw3yfetl.jpg


Die dag het verbygevlie en die son trek water en ons moet nog gaan hallosê by JJR en dié weet ek doen mens nie gou nie :deal: ;) Anderkant Porterville val ons in by JJR se plaas. Ons vat koffie en gou word daar gesê "julle slaap net hier vannaand, ons het spesenjaal steaks uitgehaal" :deal:
Dis n moeilike besluit en mens kuier altyd lekker by JJR maar ek het iets op my bucketlist en KR wil dit ook doen. Ons wil gaan kamp by Beaverlac en ook Dasklippas gaan bekyk. JJR klim op sy KTM en vat kort paadjies deur die plase reguit Dasklippas toe. Ons groet met n belofte dat ons die volgende oggend sal kom koffie vat by hom.
Die son sak en die pas is steil en definitief uitgelê deur iemand wat nie aan hoogtevrees lei. :eek7:

IMG_3986_1_zpscxvjl9ar.jpg


IMG_3985_1_zpsh5rhwpid.jpg


Ons draai af in die kloof af na Beaverlac. Die pad is skerp en los in die half donker. In die kampplek gekom is als toe. Geen hout te koop en ons besluit ons kamp sommer op die eerste en beste plek. Ons los die vleis buite sodat dit kan koud word deur die nag en dus sal hou tot die volgende aan.
Ons gesels ons ou geselse en maak n kossie. Die pad was effe verder as wat ek gereken het aangesien dit byna 700 km vir KR vir die dag was.
Kwart oor nege toe lê ons twee albei in ons slaapsakke.
Reken ons raak nou oud!! :eek7: :biggrin: :eek:

Niemand sal vervolg word maar die storie sal wel. :thumleft: ;)


















 
Julle Suid Kaapenaars is darem 'n klomp brêggatte met al daai groenigheid, water, koring, canola en watnog. Bliksem, dis mooi Chris.

En ja, ek sien presies die prentjie wat jy vertel van op die pont. Ons lewens is té gejaag, té vol niks, te vinnig verby.

Ek lees baie lekker.

En dankie dat jy 'n oog hou oor "my" bokke. Ou Tommie bel my kort-kort om iets te hoor.  Ek glo hy sal die pyp rook met die bokke. Gawe ou daai, ook al deur 'n paar diep driwwe in sy lewe.
 
En ja jy Mnr Karoo Ruiter, jys gans en al té skaars deesdae. Towerkop sal sonder jou 24/7 aandag kan klaarkom. Kom kuier weer vir 'n slag op die forum.
 
Dorsland said:
En ja jy Mnr Karoo Ruiter, jys gans en al té skaars deesdae. Towerkop sal sonder jou 24/7 aandag kan klaarkom. Kom kuier weer vir 'n slag op die forum.

:thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Ek werk aan daai plan Dorsland! Was 'n bedrywige tyd maar sal seker rustiger begin word na vore.
 
I always look out for RRs from ChrisL, and once again I'm delighted by the beautiful pics and descriptions. Thank you, and I look forward to more.

 
Woensdag oggend vroegerig is ons wakker en maak koffie en bekyk die kampterrein in die daglig. KR loop n draai. Iewers loop n stroom water wat mens heelnag kon hoor. Mens kan sien waarom die kampplek so gewild is.
Ons pak op en gaan betaal.

IMG_3988_1_zpsdjouqjg9.jpg


IMG_3990_1_zps4swtaf92.jpg


IMG_3991_1_zpslu8jv1wg.jpg


Ons klim weer die klipperige kloofpad uit tot bo. n Ongelooflike uitsig oor die Swartland is te sien in die oggendlug.

IMG_3992_1_zpseosvnbbl.jpg


Ons backtrack terug tot by JJR se huis maar hy is op een van sy ander plase. Ons vat pad oor die Piekenierskloofpas Citrusdal se kant toe.
Die pad aan die oostekant van die Olifantsrivier is nie te sleg soos altyd. Hier en daar bietjie sinkplaat.

IMG_3993_1_zpsmcidigbk.jpg


IMG_3994_1_zpsbe6pc0oq.jpg


Ons ry later teen die bo loop van die Clanwilliamdam langs. Dis groen hier en die dam is vol.

IMG_3995_1_zpsmwopnps8.jpg


IMG_3996_1_zpsw85vdzd5.jpg


IMG_3997_1_zpso8pl26dh.jpg


IMG_3998_1_zpslj3wsbmi.jpg


Ons ry rustig deur Clanwilliam en hou aan die oostekant van die rivier. Dit begin bietjie warm word en ons sit vir ietsie te eet regoor die Bulshoekdam se wal. Ek vertel KR bietjie van die geskiedenis van die twee damme en die kanaal wat uit Bulshoek vloei terwyl ons eet.

IMG_3999_1_zpsl7hcp0l0.jpg


Ek sou nie omgee as die plekkie myne kon wees :thumleft:

IMG_4000_1_zps0ojgtmd0.jpg


In Klawer vat ons n koeligheidjie en petrol. Dis nou effe louerig, maar die wêreld is bekend vir sy hitte. Gifberg lê om die draai en ek wou al lankal vir KR dit loop wys die kans het net nog nie vroeër gekom.

IMG_4001_1_zpsygwdf76k.jpg


En daar kronkel die stukkie van die pad wat wel geteer is teen die berg uit.

IMG_4002_1_zps9s5p1kgm.jpg


IMG_4003_1_zpsuu3ucdsg.jpg


Na n vinnige stywe klim is mens bo met n pragtige uitsig in die rigting van Van Rhynsdorp.

IMG_4005_1_zpsycf74cwy.jpg


Die rotsformasies is baie dieselfde as in die Cederberge.

IMG_4006_1_zpswpreiacd.jpg


Ek was baie lanklaas bo op Gifberg en het plek plek vergeet hoe die pad loop. Wat wel duidelik is is dat die sanderigheid op die pad meer geraak het vandat ek laas hier was!!! :eek7:

IMG_4007_1_zpsg2a2dw3a.jpg


Siende dat hele land iewers besig is met n grondeis en dat Gifberg so n mooi plek is besluit ek sommer terstonds ek gaan ook n grondeis insit en semier claim ook!!! :lol8: :biggrin:

IMG_4010_1_zpscp9nrstl.jpg


Tot binnein die bosse was ek nog staande en daar loop tip ek om!! :lol8:

IMG_4011_1_zpso75achac.jpg


Ons tel op oftewel KR tel op en ek maak steungeluide  :lol8: Ek sê vat hom sommer terug pad toe asb maat. Spinspin deur die los sand is hy terug pad toe.
Die lessie wat ek geleer het uit die hele petalje is, maak nie saak hoe sleg die spoor is waarin jy is moenie op die laaste sekonde n beter spoor loop soek nie. Veral nie as dit sanderig is. :deal:

IMG_4009_1_zpsfsbw5lsz.jpg


Dis moeilik as die pad jou aandag verg om jou maat dop te hou. Op n harde kol hou ek stil en wag vir KR. En ek wag en ek wag en uitendelik hoor ek die beetle engine se dreuning. Op die oog af lyk die man OK, niks windskeef aan die bike.
Ek vra jy OK? Ja sê hy maar dit smaak hom die hekke op Gifberg is nie die standaard wydte nie of sy bike is breër as wat hy dink!!! :lol8:
Ons het so n afdraend vantevore gery en dis sanderig nog voor n hek wat oopstaan en by die hek maak die pad n effe draai na regs.
Hy het glo al begin stoei voor die hek met die sandmonster en is al gatswaaiende deur die hek en met die deurgaan hoor hy n slag maar daars nie kans vir stop want die sand hou aan. Toe hy uiteindelik n hardekol kry sien hy sy regterpannier het n duik aan die voorkant. Hy het die yster raamwerk van die hek getref!!!! :eek7: :biggrin:

IMG_4013_1_zpsqhgmvviv.jpg


IMG_4012_1_zpso1cpbbqn.jpg


Die pad raak rooi en klipperig. Rooibosteelande sovér as die oog kan sien.

IMG_4014_1_zpscoczszrh.jpg


En nog n Ouberg pas in die Wes Kaap. :deal:

IMG_4016_1_zpskcv8rsod.jpg


Ons sak af teen die berg en vat die uitgeryde pad Van Rhynsdorp toe. Klim op die teerpad Nieuwoudtsville se rigting. Ons stop aan die bopunt van Van Rhynspas en sit en kyk vir n rukkie na die groot niks wat voor ons lê genaamd die Knersvlakte.

IMG_4018_1_zpseasjentu.jpg


By Nieuwoudtsville se kruis draai ons rigting Loeriesfontein en draai linksaf op die eerste grondpad. Die skaduwees begin lank raak en ons het nog so +- 30 km om te ry skat ek.
Die plek het nie meer petrol nie, maar ek sou dêm graag die pomp wou hê. ;)

IMG_4019_1_zpsfomzl2ml.jpg


Vandat ek KR ken wou ek al hom die passie kom wys en alhoewel ek hom al eenkeer vantevore met my 1150 gery het jare terug het ek eers laasweek sy naam te hore gekom. Dis die Helsekloofpas(thanks Trygve) :thumleft:
Ons ry halfpad teen die pas af en draai om. Beter kampplek sal ons nie teen die pas kry en siende dat spits verkeer toe alreeds verby was slaan ons toe sommer in die pad op :p ;)

IMG_4021_1_zpssxkrytwk.jpg


IMG_4022_1_zpsvzzkiwi3.jpg


Die man het baie bobbejaanbloed in sy are. Wys hom n klip en hy loop klim hom!! :thumleft:

IMG_4029_1_zps3b9wdryp.jpg


IMG_4024_1_zpstxihv266.jpg


IMG_4025_1_zpsf5ltkiw6.jpg


Dit was gou duidelik met die kwaaierige koue wind wat waai dat ons nie hier n kans moet vat om vuur te maak om te braai en vir n tweede aand kry ons nie VaalBaas se chops gebraai :(
KR sny hulle op in blokkies en sit dit op sy stoof in n potjie. Af en toe gooi hy n knippie doepa by en vat n sluk soetwyn. Ons drink die sonsondergang oor die Knersvlak in en gesels oor die dag.

IMG_4027_1_zpsrmqsouy5.jpg


IMG_4030_1_zpsy7skgv40.jpg


IMG_4020_1_zps8fgystdl.jpg


Kort voor lank begin mens die VaalBaaspotjie ruik en vir oulaas gooi die man nog n pakkie sop ook daar in. Kyk kookvleis met niks in behalwe speserye het lanklaas so lekker gesmaak. :drif:

IMG_4031_1_zps2yb3r3g5.jpg


IMG_4033_1_zpsbizvmecl.jpg


IMG_4034_1_zpsxqwpwr82.jpg


Net voor nege drink ek my laaste beker koffie. Die snot begin al blink strepe oor my bolip loop van die koue!!!. KR sit snuif aanmekaar en ons besluit dis tyd dat "oumense"(dis nou ek) loop inkruip!! Ons klop ons vorige aand se rekord met 15 minute en nege uur toe lê ons knus in ons slaapsakke. :eek7:
Ons gesels vir n wyle so van tent tot tent totdat ons aan die slaap raak.
Deur die nag as ek omdraai hoor ek net die wind deur die boompie naby my tent waai.
Die kamp teen die berghang op Helsekloofpas was wat ek gereken het dit sou wees. Salig!! :thumleft:
En nie een van ons twee het uit ons tente gerol oor dit so skuins was :deal: :lol8:

Ek sal more klaarmaak.





 
Jy vertel lekker Chris, waaragtig. En paaie wat jy nie ken nie is nog nie gebou nie.  Ek hou van die manier wat julle ouens ritte doen: g'n planne, ry tot dit amper donker is,  kamp waar dit mooi is, eet wat beskikbaar is.  Lekker man, lekker.
 
Jislaaik, om hier te lees laat my na 'n plek verlang waar ek nog nooit was nie. Mooi geskryf, Chris, lekker leesstof dié. En, natuurik, lyk na 'n heerlike trippie! :thumleft:
 
Nou is dit tyd vir daai sidecar Chris.  2 keer in een jaar.. nee man jy gaan jou stukkend val. :ricky:
 
:sip: Lekker gelees en gekyk na fotos van plekke wat ek al gesien het en nooit van moeg sal raak nie.
 
:sip: Geen GS trip is seker volmaak sonder dat iemand in 'n sandkol geploeg het nie. Ek moet egter maar my bek hou, want met my kop-ding oor sand sal ek seker ook daar met die TRaaimf geploeg het.  :spitcoffee:
 
1ougat said:
Kan jy n kaart van julle roete post ?
Karoo Rider sal dit seker kan doen as hy sy gedeelte doen alhoewel sy gps op n stadium aan sy draadjie gehang het na n klipperige stuk. :eek7:
 
Dit lyk na vrek lekker toertjie. Ons was afgelope naweek net bietjie verder noord van Gifberg in Loeriesfontein vir die basaar.
 
Top