- Joined
- Dec 7, 2012
- Messages
- 9,483
- Reaction score
- 1,612
- Location
- Kathu (NC)
- Bike
- KTM 1290 Adventure R
Ek het nog altyd hierdie ding dat ek nie in beheer voel in n draai met gruis nie. So op die trippie het ek begin voel dit is baie beter as jy gas gee en nie meer spoed verminder in die draai nie, iets wat ons almal nou al herhalende kere geleer is maar ek het nogal daarop gefokus op die stukkie. Ek gaan seker nooit presies weet wat gebeur het nie, maar reken dit n kombinasie van te vinnig met te veel selfvertroue oor my nuwe skill, saam die harde voor band en dan gruis op n sement bruggie in n draai maar ek is toe van die pad af.
Ek reken toe moenie panic nie en gee gas en kyk op en en want dit was vieslikke dik sand daar langs die pad en ek het net gedog ek gaan dit maak toe tref ek n dik sand wal of bank en die voorwiel steek vas. Mensig daai oomblik weet jy jy is nie in beheer nie, glad nie in beheer nie en ek kan nou maar net dankie se dat Onse Vader in beheer was want wragtig ek verstaan nie hoe is my nek nie gebreek nie. Ek het gestaan en was toe oor die bike geslinger waar ek toe kop eerste die grond tref, nie net kop tref en vou in nie maar voor kop tref die grond met my hele lyf se momentum agter hom. Ek het dadelik gedink dit is nou verby veral met die breek van die helmet se peak ook nog daarby wat ek nogal kon voorstel was my nek.
Maar anyway ek le toe daar en worry/is in pyn maar eintlik worry ek oor my nek en kyk vir my bike wat nie ver van my af le nie toe Wilrie aan kom om my te help. Ek het toe klaar gesien my het nog twee wiele en ek wil eers kalm voel of ek nog my bene kan voel en vra hom om my bike op te tel. (ja ek wou verder ry, tyd loop en olie moet weer terug loop na waar dit hoort).
Hy tel toe die bike op en sien toe die coke 2l bottel wat ek agterop gehad het het gebars en die petrol loop oor my bike uit, af en oor my exhaust dat stoom daaruit kom. daar het hy toe sy eie drama en ek kyk maar net hoe hy die petrol bottel weg ruk en reg staan met sand.
Ja my bike het so hard geval dat die coke bottel agterop gebars het. Dit is absoluut belaglik hoeveel punishment die bikes gevat het en nogsteeds aangehou het. selfs na die val het hy steeds eerste draai van die engine gestart.
Ek het toe maar stadigaan opgestaan, en okay gevoel. die hilux het paar minute later opgedaag terwyl almal nog asem skep. My nek was vrek seer en my keel was ook seer van die agteroor buig maar verder was ek okay. My helmet was die visor binne in die helmet in geslaan so ek vat toe maar my broer se helmet en ry verder. Wilrie wou nog hoor of ons nie moet ophou nie, nie nodig om aan te gaan net vir hom nie. Maar ek het net gedink ek het nie klaar 1200 km gery vir niks nie met so baie skade en nog Philip se val ook waaroor ek sleg gevoel het nie, ons moet klaar maak, kan nie niks he om te wys vir die dag nie.
Eish, n shark S900 pad helmet werk nie op n adventure bike sonder n windscreen nie, op Kenhardt het ek maar terug geruil en deur die gekrapte visor maar geloer.
In die foto kan mens die sand wal (in die foto lyk dit maar soos n walletjie) hier voor my sien met die bike in die agtergrond. dit is hoe ver die bike getrek het en ek het anderkant die bike geeindig, die bike het ook 180 grade om gedraai met die val. Hy was nog in 5de toe ek hom op tel so ek het nie te stadig gery nie.
Eks besig om neckbraces te soek en te koop, sal nie weer so trip doen sonder een nie.
Maar nou ja, the show must go on.