1610km in n dag, n laaaang dag (RR klaar, laat opdatering!)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Wel gedaan. Julle het my so gemotiveer dat ek en n paar pelle in Nov die teerpad 1000myl gaan doen. Sal dan eers kyk na die dusty butt.
 
Jis Martin en Wilrie, weereens knap gedaan!

Ek is regtig spyt ekt julle gedrop, maar lyk my die 1200's is maar die weapon of choice. As Philip recover het kan ons kyk of ons oranje bikes dit kan doen.

Martin jou beplanning en reëlings was puik en Jean en sy span het besondere moeite gedoen, jyt 'n goeie broer ou bul.

Hoe gaan dit met Philip? Hys stil...weet nie of hy seer het en of hy treur oor sy fiets nie...
 
Again, huge respect guys. You earned that. :thumleft:
Just a question, how did the Karoo 3 on the front last and did it work better in the sand at the end?
 
Ek het groot respek vir julle manne , dit kan nie maklik wees om so vêr en teen daardie spoed aanmekaar te ry nie .

Ek sal ook maar eers die 1000 Myl op teer ry , .....

Hoë spoed en in die donker ry op grond ...... .???

Die fietse het hulle ook uitstekend van hul taak gekwyt  :thumleft:
 
Red Adventure said:
Again, huge respect guys. You earned that. :thumleft:
Just a question, how did the Karoo 3 on the front last and did it work better in the sand at the end?

Wilrie sou fine gewees het op Anakees, hy het scramblers op die plaas agtergrond. Maar hy was baie happy, n voorste karoo 3 doen heel okay op kilos ook. ek weet hy was ook baie beindruk in die begin want toe het hy hulle perongeluk baie baie pap gery en die tyres dit goed gevat.

T Rex said:
Ek het groot respek vir julle manne , dit kan nie maklik wees om so vêr en teen daardie spoed aanmekaar te ry nie .

Ek sal ook maar eers die 1000 Myl op teer ry , .....

Hoë spoed en in die donker ry op grond ...... .???

Die fietse het hulle ook uitstekend van hul taak gekwyt  :thumleft:

ons het darm nie sommer vinniger as 90 gery in die donker nie, maar ja volgende keer sal ons beplan on stadiger te ry.
Ek moet ook weer saam stem oor die shots wat die fietse gevat het en net aangehou het. Dit was besonders goed!
 
Neanderthalman said:
Jis Martin en Wilrie, weereens knap gedaan!

Ek is regtig spyt ekt julle gedrop, maar lyk my die 1200's is maar die weapon of choice. As Philip recover het kan ons kyk of ons oranje bikes dit kan doen.

Martin jou beplanning en reëlings was puik en Jean en sy span het besondere moeite gedoen, jyt 'n goeie broer ou bul.

Hoe gaan dit met Philip? Hys stil...weet nie of hy seer het en of hy treur oor sy fiets nie...

ja nee, daar is unfinished business vir jou, Mechiel, Philip en oom Aubrey...
en ek join weer!

ja ek wou gehad het Philip moet sy en vroulief se fotos op sit maar nou is hy stil,  so ek sal maar op sit.

oja...kry maar solank lekker kussintjie vir daai oranje mnr!

Ek kan maar net dankie se vir Jean hul se moeite, hulle het nogal regtig above en beyond gegaan.
En n dankie aan oom Aubrey ook wat sy trip opgeoffer het
en dankie aan Philip wat als nog in goeie spirit vat, ek viel sleg oor sy val en soubslegter gevoel jet as hy depeessief was.

Grootste dank aan Onse Vader wat sekerlik sy hande die dag vol gehad het met ons. What a blessing dat als so mooi verloop het,  soveel goed watvkatastrofies slegter kon uit draai
 
Attachments

  • IMG-20150918-WA0016.jpg
    IMG-20150918-WA0016.jpg
    140.8 KB
  • IMG-20150918-WA0017.jpg
    IMG-20150918-WA0017.jpg
    185.9 KB
  • IMG-20150918-WA0018.jpg
    IMG-20150918-WA0018.jpg
    185.8 KB
  • IMG-20150918-WA0019.jpg
    IMG-20150918-WA0019.jpg
    162.6 KB
  • IMG-20150918-WA0020.jpg
    IMG-20150918-WA0020.jpg
    217.9 KB
  • IMG-20150918-WA0023.jpg
    IMG-20150918-WA0023.jpg
    246.2 KB
  • IMG-20150918-WA0024.jpg
    IMG-20150918-WA0024.jpg
    163.2 KB
  • IMG-20150918-WA0025.jpg
    IMG-20150918-WA0025.jpg
    104.7 KB
Dit is 'n awesome RR!!  Baie geluk met julle Dusty Butt  :deal:
Ek het 'n paar keer my hol geskeer gedurende die lees van hierdie storie... dankie vir die moeite om dit te post!
 
Volgende jaar probeer ek weer!! nou gaan ek eers weer spars soek!! indie imand a linker tank met petrol cap en a linker voor fairing het wat te koop is kontak my asb.?
 
Attachments

  • 11.09.2015 crash.jpg
    11.09.2015 crash.jpg
    326.9 KB
  • TANK BREAK.jpg
    TANK BREAK.jpg
    109.3 KB
Jis manne julle is by my verby hier in Prieska-- nie eens geweet van jullenie!
Geluk en respek...
MAAAAAR ek keur nie nag ry op n motorfiets goed nie :peepwall:

Julle is moer dapper gewees :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
Manne dis n flippen goeie RR en n awesome trip. Asseblief nooi my vir jul volgende een. Indien ek die eer kan kry om saam te ry laat weet my asb per PM n maand of so voor die tyd want ek bly nie meer in Kathu nie. Werk nou in Tanzanie, maar dalk val my verlof op dieselfde tyd as jul volgende trip.

Weereens, baie goeie RR.
Groete
Deon

Sent from my LG-D855 using Tapatalk
 
V-twin said:

Hey Deon. ek sal verseker so maak. die belangstelling vir die tweede een is maar laag oordat mens moet in die aand ook ry.

ek wil graag die volgende een herfs 2016 doen, dan is die plan 2500km in 36 uur, dit sal dan n SA rekord wees. Sal jou laat weet! lyk of ek dan enigste GS tussen paar KTM's sal wees
 
m0lt3n said:
ek wil graag die volgende een herfs 2016 doen, dan is die plan 2500km in 36 uur, dit sal dan n SA rekord wees. Sal jou laat weet! lyk of ek dan enigste GS tussen paar KTM's sal wees

Pasop, dan gaan jy miskien lank aleen ry  :pot:

Dis nou k@ksoek, maar die 1200GS is eintlik gemaak vir die tipe ry.

Adie
 
Weedkiller - Adie said:

aag ek weet darm nie of mens die KTM's so laag moet vat nie. hier en daar moet een tog die hele afstand kan oorleef...
 
Jitte dis rof ver maar eks in...dis nou indien my verlof tydperk ooreenstem met die trip datum. Wie is die ander ktm ryers waarvan jy praat..Ja jong kyk my bloed is oranje maar ek dink ek self sal meer gerus voel op n beemwee vir so trip.

Sent from my LG-D855 using Tapatalk
 
V-twin said:
Jitte dis rof ver maar eks in...dis nou indien my verlof tydperk ooreenstem met die trip datum. Wie is die ander ktm ryers waarvan jy praat..Ja jong kyk my bloed is oranje maar ek dink ek self sal meer gerus voel op n beemwee vir so trip.

Sent from my LG-D855 using Tapatalk

My bike is reg vir die trip. Mense wat se die 950/990s is onbetroubaar weet nie waarvan hul praat. Dit is yster motors!!
die bestuurders moet net reg wees.
 
Hahaha Philip! Jy het lank gevat om op te kom vir KTM!!

Cool, dan maak ons so.

Stap 1 weer n breakfast run kimberley toe, dan n daggie verlof en ons is aan die gang! My bike is ook beter geprep vir volgende een so dit is AAN! Nou net vir mamma kry om daaroor te dink, sy hoef nie ja te se nie, sy moet net maak asof sy ja se....

Top