Ons gooi die volgende oggend deur Lubango en beur suid, gooi petrol langs die pad, nou't ons so 140km teerpad en dan draai ons af na die track na Ruacana..as die sprocket nou breek tou Bob my, maar ek hoop hy hou want dit kan moeilikheid voorspel agetr daai jong..petrol cue.
...die teerpad is maar gehawend plek-plek en dis makliker langs die pad, maar sanderig, eerder dit..
Hierdie ou met die container het seker 'n pothole raakgery..
Richter verlang nou sy vrou erg, hy's besig met jags-makkou dans..so tussen die potholes deur!
Langs die pad kry ons hierdie polisie-depot, hulle check passpoorte..
Ons mag nie eintlik fotos neem nie maar skiet maar so enetjie uit die heup uit..
Net anderkant die grenspos is die plekkie, nou gaan ons lunch en bier vat...en ek maak sommer gou hierdie kollekteer-oproep want ek begin spaar vir wheel'hub, en ek verlang my meisie..
Ons koop vis en Viennas maar Richter koop so voor die f@k gekookte hoender-eiers en prop 4 in sy kies, ek sweer die goed lê al 2 weke daar..
Ons kry 'n pad wat selfs 'n KTM se suspensie minderwaardig laat voel, ek probeer bietjie vinniger...nee, die ooi sal my oorboord gooi, ..stadiger, ek't te min gegym, dis veeleisend, maar ek het bier vir die pad gekoop..
Dan kry ons weer sand en die cruiser hardloop die pad vol en ons moet verlê, ek en Bob slaan die teer voor Xangongo en wag vir Abri en Nico.
Abri trek gou in maar toe Nico aankom sien jy die moegheid op sy gesig, ons soek kampplek en koue bier..
Na vreeslike onderhandel-skills kry ons 'n plek by 'n Hotel'erige ding..wat $100/persoon sou wees is darem toe later $100 vir almal, maar net 2 kamers. Abri en Nico het 2 enkelbedjies maar ek en Bob het dubbelbed en daai man hou vas my heelnag, ek is te bang om te roer.. Ek't belowe ek sal nie uitprt nie maar ek kan dit net nie meer vir myself hou nie!!
Ons tuiste..
Daar is wasbakke en storte maar f@kkol water, hierdie word voor die deur ge'komstaanmaak, en hulle trekl dit daar voor ons onder die grond uit met emmers (uit 'n put wat met sinkplaat toegemaak is) Ons lag maar eerder net..
Gelukkig boek daar 'n Porra in langs ons en hy help bestel 'n stuk steak met 'n eier en chips... Ons skiet paar koues plat en pak daai vetterige besigheid weg. Die ouer manne se gestel kon dit nie lekker hanteer nie en die jonger manne moes maar noodgedwonge daaronder lei..'Môre sleep ons Ruacana toe' en dan Nam, ons sien uit daarna.. 'F@k hierdie h@ernes hoor ek daar onder in die gang'..