Augrabies Verslag en pics!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Manic

Grumpy Mutt
WD Vendor
Joined
May 24, 2007
Messages
23,287
Reaction score
8,128
Location
ORANIA
Bike
BMW (all models)
Vrydag oggend 05h00 vat ek pad na die BP toe by Beyers Naude Drive langs die Highway.
Dit lyk of dit wil wil reen, en half is ek bly ons vertrek nou uit Gauteng uit. Gooi ons famous water met bietjie petrol in by die BP en kies koers. Pas so wat ons ry is lekker, en ons gooi mielies heeltyd.

Klersdorp is ek honger, mos gese ons moet n Wimpy deurwerk.

AugrabiesGravel002.jpg


Daar het ons n klomp locals gekry wat ook bike ry. Lekker gesels en geet, en van daar slaan ons die Pad deur Hartbeesfontien om. Buite Ottosdal sien ek Chris raak weg. Ek stop toe onder n boom en rook n sigaret. Man kom aan gery en skud sy kop woes en hy is hoogs de hel in. Bike loop en ruk en sluk....

AugrabiesGravel004.jpg


Vroetel en peuter en bel BMW. Geen raad wat gaan help langs die pad nie. En so waar, NET daar toe ek my bike opstart, ruk en sluk, ruk en sluk..... Ry toe net so met twee bikes wat sieklik is 3km terug, en gooi by die Kooperasie petrol by. Darem 19lt gegooi in die 33 lt tank.

Trek daar weg, na 3km is die hoes en geruk weg, en daar gaat ons!!!!!
 
Skryf Pappie ............. SKRYF .............. die Omie wil lees .................  :deal:  :ricky:
 
Oom Foe-rie said:
Skryf Pappie ............. SKRYF .............. die Omie wil lees .................  :deal:  :ricky:

:ricky:
 
Gee lekker pas aan tot op Vryburg. Nou is ons redelik vroeg en ek is lus vir kuier. Die local mense gesels daar, almal wat petrol kom ingooi. Baie mense is ook oppad Augrabies toe, en die mood is lekker.

AugrabiesGravel006.jpg


Na omtrent n uur besluit ons dat ons moet nou maar padvat. Toe trek daar twee BMW's in met pillions. JO GSA met sy vroutjie, en Willie sy pel ook met mamma agterop. Hulle altwee is ook oppad Augrabies toe. Hulle gaan eet eers, en ons besluit om te ry. Nou kry ons padwerke orals. Maar ai, die mense wat daar werk skreeu en gil net soos by die Tolhekke as jy deur ry? Wonder wat is hulle storie ha ha! Roadworks word daar nie gestop nie, ry net deur en as die stroom karre van voor af kom trek ons af en wag dat hulle verby is, dan vat ons weer pad!!

Kuruman aangekom, toe is ons weer dun. Julle weet mos, bike ry en vreet by my loop hand aan hand. Trek daar by Maxi's in en sit n lekker order in. Ruk daar na trek die ander twee BMW's ook in.

AugrabiesGravel008.jpg
 
Heng mense, kan ons net bietjie daai ouens in die Noord Kaap vra hoe bou hulle paaie sonder draaie??

Nou slaan ons Kuruman Kathu met krag. Weer roadworks ook nog....

Olifantshoek slaan ons teen spoed, maar daai pad Upington toe, nee manne nee.. Lyk of jy kan sien tot in oormore in man! Reguit op reguit op reguit.....

Moes naderhand iets try doen om die tyd om te kry, ruk toe my kamera uit die tankbag en begin fotos neem sommer so in die ry.

JO GSA en mamma.

AugrabiesGravel017.jpg


AugrabiesGravel018.jpg


AugrabiesGravel019.jpg


Willie en sy mamma.


AugrabiesGravel023.jpg
 
Manic said:
Heng mense, kan ons net bietjie daai ouens in die Noord Kaap vra hoe bou hulle "paaie sonder draaie"
dit klink soos iets wat kykNET moontlik kan uitsaai  :peepwall:
 
Chris(Transporter) se bike het weer begin ruk en sluk by Olifantshoek. Die man gooi sy tank vol sous en se nou gaan hy homry dat hy hoes! Upington aangekom is sy tank LEEG. 150km op 33lt........ Besluit die bike sal Saterdag moet ingaan BMW toe, hy sal nie so kan aanhou ry nie.

JO GSA het nie plek geboek in Upington nie, bel rond en die man kry plek waar ons geboek het. So nou ry ons deur Gastehuis toe. Teen die tyd toe is ek weer honger mwahahaah, so kos was eerste op my lys.

Parkeer area voor Gastehuis. Water is VOL.

AugrabiesGravel029.jpg


Gastehuis.
AugrabiesGravel038.jpg


Rivier reg voor Gastehuis. Die fotos vertel nie die ware storie nie. Hy lyk vol yes, maar die spoed wat daai water geloop het was mind boggling hoor!!!!
AugrabiesGravel031.jpg


AugrabiesGravel035.jpg



AugrabiesGravel036.jpg

 
Lekker gevreet, lekker gekuier. Half aan die moeg kant gaan klim ons in die bed LAAT, eish.

Saterdag kry ons vir Ricus en Fantie11 by BMW. Bike van Chris is op diagnostic. Hy het error code gegooi met sy geruk en sluk, en hulle vind ook uit dat die fiets communication verloor met die fuel injection. Sort dit gou gou uit en daar gaat ons!!

Orals is die paaie toe. So nou was die plan in elke geval om grond pad te gooi, so ons slaan daai sand met n mission!! Ons wil daai klein kark waterval gaan kyk !

AugrabiesGravel042.jpg
 
Istvan, die eienaar van BMW in Upington, gryp so 800GS en se hy gaat saam.
Fantie11 reel sy bakkie vir bakkie, thc tjom!! Met n massiewe cooler box agter in. En daar gaat ons.

Nou kyk, ek kan grond ry, maar SAND, hey pappie, daai Noord Kaap se sand is n blikskottel!! Jy cruise nog 100kph met n smile, sit en rondkyk, dan slaan jy sommer 100m duksand en jy is all over die show....
My oe was n paar keer groot, en my gaai seer. Want ek slaan my hol teen daai topbox vas soos ek terug le en gee net power en hoop ek sien die ander kant. Darem het ek ha ha ha.

Paar pics vd scenery.

AugrabiesGravel047.jpg


AugrabiesGravel060.jpg

AugrabiesGravel055.jpg

AugrabiesGravel053.jpg


AugrabiesGravel045.jpg

 
Lekker, ek het gisteraand JoGSA se foto's gekyk en gekwyl... Ek hoor jy was die skuldige wat die manne so uit die slaap uitgehou het vrydagaand....Skryf en post nog foties......  :thumleft:
 
Fantie11 se sy pa is baie ryk hie hie hie, en mens ry n bike 100% of jy los dit.
Sy 2011 GSA met 500km op die clock het mooi geloop, maar die duksand het gewen.

Fantie11  0
Duksand  1

AugrabiesGravel067.jpg


AugrabiesGravel068.jpg

 
Ja nee dit wasn lekker dag......ek was donners impress met jou en Transporter se sand ry vernuf !
 
Rickus said:
Ja nee dit wasn lekker dag......ek was donners impress met jou en Transporter se sand ry vernuf !

Tjom weereens dankie vir jou en Fantie, ons het befok gekuier en die ride en als was net great!!
Dankie man  :thumleft:
 
Het ek gese dit was warm daar? Nie? Wel dit was!!!

Ons Gautengers het gebrul! Daar was nie eers n windtjie wat gewaai het nie, NIKS!!!

AugrabiesGravel073.jpg
 
Top