Augrabies Verslag en pics!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die hek waar jy by Augrabies ingaan is so 1km van die Watervalle self af. By die hek alreeds sien jy die sproei wat hang. Soos jy nader gery kom, voel dit soos n aircon wat op jou blaas. Jy voel hoe die lug kouer word, dis nou agv die sproei wat so ver travel.

Mense daar is baie water. Fotos doen dit nie justice nie!! Ons was al daar, en orals waar dit droog was daai tyd, was nou net water. Meeste vd uitkyk punte was toe. Die bruggies soontoe was ook onder water. As jy bo by die Restaurant sit voel jy hoe die water op jou kop val. By die uitkyk punte word jy sopnat, dit voel asof jy in n shower staan. Jy neem twee fotos dan is jou lens sopnat. Dan droog maak en weer neem. Party fancy tannies het in reenjasse gestaan en kyk. Ander weer nie, wat nogal kwaai was! Die ou wat n wit T shirt uitgevind het se hand wil ek skud bwahahahaahah!!!

AugrabiesGravel078.jpg

AugrabiesGravel077.jpg

AugrabiesGravel076.jpg


AugrabiesGravel075.jpg
 
Manic said:
Het ek gese dit was warm daar? Nie? Wel dit was!!!

Ons Gautengers het gebrul! Daar was nie eers n windtjie wat gewaai het nie, NIKS!!!

AugrabiesGravel073.jpg
:eek:  :eek: Dit raak seker hel met full ATGATT in daai hitte, hoop julle het gereeld 'n lafenis gevat om dehidrasie tee te werk.... Gooi dan tog die wit t-shirt foto's ook  :mwink:
 
Hier kom die mooi outjies!! Manne ek se weer, water was PLENTY!!!!

AugrabiesGravel083.jpg


AugrabiesGravel084.jpg


AugrabiesGravel085.jpg


AugrabiesGravel088.jpg


AugrabiesGravel089.jpg


AugrabiesGravel090.jpg


Kyk die water op die lens van kamera....

AugrabiesGravel092.jpg
 
Nog n paar. Onthou die fotos is almal van die klein valle. Die heel groot een kon jy NIKS sien nie. Dit lyk net soos stoom wat daar hang.

AugrabiesGravel093.jpg


AugrabiesGravel095.jpg


AugrabiesGravel098.jpg


AugrabiesGravel099.jpg
 
Oppad terug gestop by Lake Grappa. Ek was weer honger.....

Ricus links.

AugrabiesGravel101.jpg


Fantie11 regs.

AugrabiesGravel103.jpg


AugrabiesGravel104.jpg


Water nog oppad na Augrabies toe....

AugrabiesGravel107.jpg


AugrabiesGravel113.jpg
 
Laaste 40km terug Upington toe was die pad wat almal gery het. Trokke, karre, bikes, trekkers, tot n Abnormale lorry, almal op die grond pad.

Karre het vas gesit in die SAND, Lekker Kaap SAND eish. My vrees vir sand verloor die naweek mwahahaha.

Saterdag vet party gehou by Ricus se huis. 02h00 eers terug gekom by die Gastehuis. Kyk toe was ek nou al mooi gaar, ek het baie lae amps getrek toe al.

Plan was om Sondag 07h00 te ry. Wel 09h00 toe le ek nog in die bed, de hel daarmee, ek was moeg.
 
10h30 vlieg ek en Chris weg uit Upington. En daar slaan ons daai 170km heel eerste wat nie eers n draaie het nie. Sjoe het gesuffer jong!!

Roadworks regdeur, mense skreeu en vloek ALweer soos by Tolhekke, hulle is ongeskik man. Kuruman toe is ek pitte. Chris ook. Daar het ons al oorweeg om Sondag aand maar weer iewers te slaap en eers vandag terug te kom.

AugrabiesGravel121.jpg


Chris(Transporter) vang n rus. Ons was flou jong...

AugrabiesGravel124.jpg


Van Vryburg tot in JHB sal ek eerder nie ons spoed noem nie uit vrees van vervolging. Maar ons het dit gemaak.


Gisteraand geslaap soos n ou wat 3 weke laas gerus het. Of ek raak oud, of die trip was bevange!! Dink eerder dit was bevange!!!!
 
Istvan van BMW Upington, jy is n yster tjom!! Hy is die einaar.

Vrydag aand 21h00 bel die BMW technician en se hy het die Workshop oop gesluit en Chris moet sy bike bring dat hy kan kyk. Ons besluit toe dat dit is laat ons sal dit maar eers Saterdag oggend invat. Daar gekom het Istvan klaar vir Chris gese dat as hulle nie die probleem kan uitsort nie, hy een van sy 2de handse GS'e kan vat om die ride te gaan doen, as dit so gebeur dat hulle Saterdag middag nogsteeds stoei met die bike, kan Chris die GS huis toe ry, en sal hy later sy bike vir hom stuur en syne dan weer laat terug kom.

Gelukkig is die probleem gekry en was ons daar uit binne n uur. Maar dis nou DIENS!!!!

Klaar besluit waar ek my volgende BMW gaan koop  :thumleft:
 
Transporter was gepark in die tow-away zone........ :biggrin:  Nice RR Manic lekker gelees en fotos gekyk. Dankie.  :thumleft:
 
Manic said:
Istvan van BMW Upington, jy is n yster tjom!! Hy is die einaar.

Vrydag aand 21h00 bel die BMW technician en se hy het die Workshop oop gesluit en Chris moet sy bike bring dat hy kan kyk. Ons besluit toe dat dit is laat ons sal dit maar eers Saterdag oggend invat. Daar gekom het Istvan klaar vir Chris gese dat as hulle nie die probleem kan uitsort nie, hy een van sy 2de handse GS'e kan vat om die ride te gaan doen, as dit so gebeur dat hulle Saterdag middag nogsteeds stoei met die bike, kan Chris die GS huis toe ry, en sal hy later sy bike vir hom stuur en syne dan weer laat terug kom.

Gelukkig is die probleem gekry en was ons daar uit binne n uur. Maar dis nou DIENS!!!!

Klaar besluit waar ek my volgende BMW gaan koop  :thumleft:
vir sulke diens ry ek ook soontoe
 
..................... en al wit T-Shirt foto is die een van Fantie11.  ??? :eek7:
 
Top