Saterdagoggend reeds voor ligdag is my medebikers op en begin pak.Hulle mik om die aand by die Brandberg tent op te slaan en dit is n stywe trek.Daarvandaan wil hulle weer kus se kant toe werk.Ons groet en ek is half spyt dat ek nie nog n dag saam met hulle kan deurbring nie.
Ek pak my goed en stap oor na Sarel en Nettie om te groet.Hulle maak eers koffie,maar daars n ander kinkel:Koos het hulle saamgenooi na n Himbakraal,waar hy n interesante projek aan die gang het.Ek moet saam.Dit kos min ooreding om my te laat saamgaan.My kampplek moet geskuif word,want daar kom later die dag n groot groep in.Gelukkig is my tent nognie afgeslaan nie en ek dra hom sommer na my nuwe site.
By die kraal aangekom,gaan wys Koos ons eers die vrou wat vir 20 jaar vasgemaak was agv.n bose gees (altzheimers).Daarna gaan stel hy ons aan hoofman Kapika bekend.Kapika is ontevrede omdat ons hom nie eerste kom groet het nie.Hy sit op n verslete kampstoel onder n yl mopanie met vuil n Arsenal-mussie op sy kop.Venoo,een van die ou vrou se oppassers ,tolk.Koos knik af en toe,want hy verstaan darem hier en daar.Die gesprek gaan maar hoofsaaklik oor kos en water vir die kraal.Terwyl die gesprek aan die gang is,meng Kapika n soort magou in n vuil plastiekkan.Ek vermoed dat ons op n stadium daarvan sal moet drink as n bleik van vrede en ek rangskik solank my breinselle om sover moontlik alle smaak te blok(as dit enigsinds moontlik sou wees)Gelukkig gaan die beker by ons verby en ons gaan groet sy vroue Mubandera en Uvazerua.Koos kry toestemming by hulle dat ek mag fotos neem in die kraal op sterkte daarvan dat ek nie n toeris is nie ,maar n vriend van hom.
Oppad terug gaan laai ons n paar mense op by n sokkerwedstryd daar naby.Ek wonder wat sou Sir Alex Ferguson hiervan se: n Bar stuk aarde tussen die mopanies en spelers wat dikwels in n digte stofwolk met bal en al oor die kantlyn ploeg.Kaokoveldsokker is nie vir die fynproewer nie.