Bokveld raak skoonveld in Namibie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
      Tussen Palmwag en Twyfelfontein,stop ek by die Torrabaai afdraai.Dis hier waar ons 3 jaar gelede daai Duitser op sy bike raakgeloop het,wat adventure riding by my laat posvat het.Hy het my al n helse klomp geld gekos maar soveel meer plesier verskaf.Ek kan myself vandag nie meer indink hoe die lewe sonder n bike was nie.Die fotostoppe maak dat ek maar stadig vorder,maar teen middagete,sleep ek darem Uis binne.Kulula kort n bietjie olie,maar gelukkig kry ek n blikkie by die supermark langs die vulstasie.
      Die wereld is verlate en bar tussen Uis en die Spitskoppe,maar bygese dis op die warmste deel van die dag.Ek besluit om deur te druk tot in Karabib vir slaapplek,Die teerpad tot by Karabib is besig en ek verwelkom weer die grondpad wat later aansluit by die Walvisbaai/Windhoekpad.
      Ek kamp die aand op n plaas omtrent 25km. vanaf Karabib.Daars net 5 kamplekke,maar n heerlike stil plek.My kampmaat ,Fred,daag net na sononder op.Hy doen installasies by n marmermyn op die plaas en stel dadelik belang in my doen en late.Later vind ek uit ,hy is eintlik n avonturier van n dieper orde.Het al uit Duitsland,deur sentraal Afrika,tot in Kaapstad met n XR600 gery.Hy reken daar is niks mee verkeerd om n bietjie mal te wees nie.Maar ons gesprek word kortgeknip ,want hy moet nog n ent teen n nabygelee klipkoppie uitklim om sy vrou te gaan bel(vir selfoonsein).En toe sak daar weer n groot stilte toe,wat net nou en dan onderbreek word deur jakkalse wat na mekaar roep.Dis gelukkig nie skaapwereld nie.
 

Attachments

  • Klipkoppie naby Twyfelfontein.jpg
    Klipkoppie naby Twyfelfontein.jpg
    109.2 KB
  • Karabib kamp.jpg
    Karabib kamp.jpg
    96.4 KB
  • Karabib ablusie.jpg
    Karabib ablusie.jpg
    144.5 KB
  • Houtmaker.jpg
    Houtmaker.jpg
    154.8 KB
  • Spitskoppe.jpg
    Spitskoppe.jpg
    87.3 KB
  • Marmer kamp.jpg
    Marmer kamp.jpg
    98.4 KB
Dit is nou n lekker RR oom Kallie!!

Ek sal my Draadkar moet opsaal. Baie dankie!
 
      Fred vertrek die volgende oggend saam met my.Hy ry voor en maak die hekke oop en toe.Ek en die Duitse tannie boer eers n bietjie ,voor ek weer die grootpad slaan.Sy en haar seun boer nog op klein skaal en verder bestuur hulle die kampplek en lodge vir die maatskappy wat die marmer ontgin.
    By die T-aansluiting draai ek links na Windhoek.Kort voor lank,le die Bosua-pas voor my.Dis hel steil,maar die steilste stuk is geplavei.Dit voel of die pas nooit ophou nie;op en af,maar elke keer klim jy net n bietjie hoer.Op die plato raak die pad redelik sleg en sinkplaat.Die laaste stuk tot in Windhoek is genadiglik geteer.Toe ek by die eerste verkeerslig in Windhoek stop,vrek Kulula en ek draai oor op reserwe.Bosua het sy tol ge-eis.Ek vul my resewes aan en geepad so gou moontlik uit die stad,Kupferberg uit en oor die Khomas Hochland af in die rigting van Solitaire.Die pad bly maar sinkplaat ,met hier en daar nog sandspore ook.Op een plek is daar 2 Kameelperde in die padkamp en hulle galop ewe grasieus saam met my en mik om die pad te kruis.Dit was nogal n paar benoude oomblikke.
    Die uitsig vanaf Gamsberg is iets om te beleef met n pragtige pas wat vinnig na onder kronkel.Die pad is ook nou heelwat beter.Die son sak vinnig en die Walvisbaai/Solitaire pad is verder as wat ek gedink het.
      Ek is nog so 60 km. van Solitaire af en besef ek sal dit nie voor sonoder maak nie.Net voor ek in die Gaub afsak is daar n slag en die agterwiel slaan vas.Die bike skuif en swaai ,maar die wiel is weer los en ek kom tot stilstand.
 

Attachments

  • Marmermyn Karabib.jpg
    Marmermyn Karabib.jpg
    149.9 KB
  • Bosua pas.jpg
    Bosua pas.jpg
    131.3 KB
  • Gamsberg pas.jpg
    Gamsberg pas.jpg
    134.9 KB
  • Mall.jpg
    Mall.jpg
    189.9 KB
  • Pad in die Huab.jpg
    Pad in die Huab.jpg
    123.5 KB
  • Waaisand.jpg
    Waaisand.jpg
    115.3 KB
      Voor ek nog afklim,weet ek dit moet die ketting wees.
      As dit n cowboy-film was,is dit nou die toneel waar die skurke vir Clint Eastwood sonder sy perd en water iewers in die Nevada woestyn agterlaat.Hy skreef sy oe teen die skerp strale van die son en steek in stukkie sigaar op wat hy tussen sy tande vasbyt.Bokant hom draai n paar aasvoels en n ratelslang maak sy geraas tussen die klippe.
      Ek is nie Clint Eastwood nie en ek is ook nie in n film nie;ek is in die moeilikheid.Daars nog tee in my fles oor,maar ek drink dit nie oor ek so cool soos Clint is nie.Ek drink dit omdat ek nou aan niks anders kan dink om te doen nie.
      n Rukkie later stop daar mense van Walvis.Hulle kry vir my nommers om te skakel vir hulp.Daar is wel n swak sein,maar voor ek kan bel,stop daar nog 2 voertuie.Hulle radio na Walvis en hul sekretaresse ontbied hulp vanaf Solitaire.Dit alles gebeur in 15 minute.Ongelooflik.Ek haal intussen die ketting af en neem n paar fotos.Sowat n uur later daag Sakkie van Solitaire op en ons laai Kulula op sy Landcruiser.Die pad is so snkplaat dat ek kort-kort omkyk of my bike nog saamry.
        Ons steek die keerkring oor en ek mis weer my foto.Miskien volgende keer.
 

Attachments

  • Moertoe.jpg
    Moertoe.jpg
    135.2 KB
  • Wag vir hulp.jpg
    Wag vir hulp.jpg
    51.2 KB
  • Look ma no chain.jpg
    Look ma no chain.jpg
    186.6 KB
Liewe ouers . As die agterste sprocket so lyk wil ek nie weet hoe lyk die voorste een nie.
Bokveld het jy nie miskien die ketting te min geolie op die pad nie? 
 
Bottervet said:
Liewe ouers . As die agterste sprocket so lyk wil ek nie weet hoe lyk die voorste een nie.
Bokveld het jy nie miskien die ketting te min geolie op die pad nie? 
My roetine was om elke oggend voor vertrek die ketting te spuit met chain wax en die spanning te check.Julle ou hande ,gee asb raad.Die laaste dag se slytasie was baie.
 
Jy het nie dalk die ketting of van die sprockets apart van mekaar vervang nie?
Ek glo mens vervang die goed saam as 'n stel
 
Jinne oom ek lees lekker.Kan ongelukkig nie raad gee met die ketting nie
 
Bokveld said:
Bottervet said:
Liewe ouers . As die agterste sprocket so lyk wil ek nie weet hoe lyk die voorste een nie.
Bokveld het jy nie miskien die ketting te min geolie op die pad nie?  
My roetine was om elke oggend voor vertrek die ketting te spuit met chain wax en die spanning te check.Julle ou hande ,gee asb raad.Die laaste dag se slytasie was baie.

Op die foto lyk dit of daardie sprocket/ketting kombinasie al geruime tyd voor die trip al klaar was. Onthou
chain lube, lube net die kontak tussen die chain se rollers en sprockets en nie die ketting se internals self  nie. Die ketting se internal lube word ingeseel deur die x of o rings afhangend watse ketting dit is. As mens  degreasers en power washers op n ketting gebruik om skoon te maak damage jy hierdie interne lubrication. Se nie jy het nie.
As jy jou ketting stel sit jy op jou bike en check die ketting play dan ? Altyd as jy klaar gestel het sit op bike en kyk of ketting se play nog reg is. Net my opinie  Bokveld  :thumleft:
 
     Sakkie laai my in die kamp af en ek slaan tent op langs n paar Vredendallers.Hul vakansie het pas begin en die vure brand hoog.Ek gaan drink n bier en kruip in.Dit raak later stil,maar ek rol rond in my slaapsak en maak allerhande soort planne.Die voertuie wat deur die nag verbyjaag,se geruis weerklink tot in die Namib ver daarvandaan(of so klink dit).Toe dit uiteindelik lig word ,bekyk ek die skade.Ek kort n agtersprocket en ketting om my by die huis te kry.Die voorste kan nog gaan sonder om die nuwe ketting op te voeter.
      Jors van Zyl ,die bestuurder en Sakkie help my om die parte in Windhoek te vind.Walter die eienaar is in Winhoek en sal dit saambring.Alles werk mooi uit ,maar ek sukkel om betyds geld oor te plaas.Weereens kom die Namibiers tot my redding en Walter betaal dit namens my,anders moes ek nog n week wag.
      My Vredendal-bure bring heerlike koue braaivleis en broodjies van die vorige aand se fees,voor hul vertrek.Ek verskuif my tent na n lekker skadukol en maak n slag alles aan Kulula skoon.Ek gebruik ook die geleentheid om n paar fotos te neem en Solitaire se mense te leer ken.
 

Attachments

  • Herstelwerk.jpg
    Herstelwerk.jpg
    123.6 KB
  • Lughawe.jpg
    Lughawe.jpg
    164.7 KB
  • Solitaire uitsig.jpg
    Solitaire uitsig.jpg
    145.4 KB
  • Te laat gestop.jpg
    Te laat gestop.jpg
    92 KB
  • Herstelwerk.jpg
    Herstelwerk.jpg
    123.6 KB
  • Lughawe.jpg
    Lughawe.jpg
    164.7 KB
  • Solitaire kamp.jpg
    Solitaire kamp.jpg
    178.9 KB
  • Solitaire uitsig.jpg
    Solitaire uitsig.jpg
    145.4 KB
  • Te laat gestop.jpg
    Te laat gestop.jpg
    92 KB
    Jammer vir die duplisering en dankie vir al die ketting-insette.
    Ek het die twee sprockets en die ketting(x-ring) omtrent 10,000 km.terug tesaam vervang.Voor die trip was daar min slytasie.My normale skoonmaakprosedure is om die ketting met die hoedrukspuit skoon te spuit,n draai te ry en dan chainwax op die warm ketting te spuit.Gedurende die afgelope trip het ek net elke aand terwyl ketting nog warm was chain wax gespuit sonder om skoon te maak.Die slytasie op die sprocket was alles oor die laaste dag.Sinkplaat,sand,op en af,stof.Ek weet nie.Miskien sou dit help om die spanning bietjie op te stel ,maar ek is altyd bang vir te styf.
 
More Bokveld. Ek dink nie daai ry om die skoon Ketting warm te maak is 'n goeie ding nie. Onnodige slytasie. Die wax of Chainlube klou net so lekker op 'n koue Ketting.
Ouboet jy moet jou tyd in Solitaire geniet, ek het so 50 km van daar grootgeword en die plek is na aan my Hart. As jy weer op die pad is se tog maar hallo vir'n Berg of Boom. Voorspoed!
 
    Die parte daag eers laat die volgende dag op en net na middagete val ek weer in die pad.Die wobble in die sprocket bekommer my steeds en ek besluit om die orige 1600 km huis toe teerpad te vat.Die pad na Maltahohe ry soos n droom.Pomp die bande hard en haal Mariental net voor sononder.Weereens het ek die kampplek vir myself.
    Ek val die volgende oggend vroeg in die pad en druk deur tot op Bitterfontein,n goeie 850 km. verder.By Noordoewer koop ek iets om te eet en maak vir oulaas vol met goedkoop petrol.Daars nog n klompie Nam$ in my beursie oor en ek vra vir die petroljoggie of ek los petrol oor die grens mag neem.Ja,meneer steek net die kannetjie mooi weg.????Ek gaan ruil die geld om by die restaurant en verlaat Namibie na 2 weke van ongelooflike ondervindinge.Een of ander tyd wil ek teruggaan en die onvoltooide deel gaan klaarmaak.
 
 

Attachments

  • Mariental kamp.jpg
    Mariental kamp.jpg
    107.6 KB
  • Wag vir parte.jpg
    Wag vir parte.jpg
    156 KB
  • Huistoe.jpg
    Huistoe.jpg
    124.6 KB
  • Clanwilliamdam.jpg
    Clanwilliamdam.jpg
    116.9 KB
  • Welkom terug.jpg
    Welkom terug.jpg
    208.4 KB
Top