Bokveld raak skoonveld in Namibie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dit was nou 'n ongelooflike trip en vertelling Bokveld!

Ek wonder of daai wobble in die sprocket nie die probleem met die ketting veroorsaak het nie. Die wobble sou baie sywaartse slytasie teen die binnekante van die "sideplates" veroorsaak het as dit erg was. Maar ook, teen die tyd dat die agterste sprocket se tande so geslyt is lyk die voorste een nog erger en dan is die ketting in elk geval by sy einde.

Voorspoed verder!
:ricky:
 
Hi Bokveld hoe lekker lees ek dan nou aan jou pragtige RR.

Dankie dat jy tyd kry om dit met ons te deel

Groetnis en mag daar nog baie op jou en ons wag.

Frans
 
      Baie dankie vir almal wat hierdie trip van n leeftyd met my gedeel het.Ek verseker julle dat my woorde en fotos nie kan beskryf wat hierdie trip vir my beteken het nie.Ou Fred se woorde was immers:For the adventure rider,there s nothing wrong being a little bit mad.
      Vir oulaas nog n paar prente wat deur die sif geglip het.
 

Attachments

  • Oppad na Uis.jpg
    Oppad na Uis.jpg
    100.6 KB
  • Tussen Palmwag en Twyfelfontein.jpg
    Tussen Palmwag en Twyfelfontein.jpg
    126.4 KB
  • Gamsberg.jpg
    Gamsberg.jpg
    132.8 KB
  • Sononder Solitaire.jpg
    Sononder Solitaire.jpg
    51.2 KB
  • Moeg maar tevrede.jpg
    Moeg maar tevrede.jpg
    115 KB
Baie dankie. Nou baie lekker gelees en saam getoer  :biggrin:
 
Ek kom sit nou net 'n beker koffie om lekker verder te lees en nou sien ek die blerrie ketting het die lekker RR kort geknip.    Dem.  :p

Dankie Bokveld vir die lekker RR.  O, ja  en hou daai hoë druk pruit vêr van die ketting. Ek gebruik ook Castrol se Chain lube. Dit bemors nie jou bike nie. Die goed van Piston Peet werk ook lekker.
 
Ai en so kom alle goeie dinge tot 'n einde.......Dankie vir 'n baie lekker RR :thumleft:
 
Nou wonder ek: het daai swart potjie saamgery Nam toe?

Vir die wat nie weet nie - Oom Bokveld hou meer van kookvleis as braaivleis en ry altyd sy swartpotjie saam.
 
LMG said:
Nou wonder ek: het daai swart potjie saamgery Nam toe?

Vir die wat nie weet nie - Oom Bokveld hou meer van kookvleis as braaivleis en ry altyd sy swartpotjie saam.
Ek het hom ook gevra!!
Nee sê hy hy het glo skaars geeët die trip. Net sop, tee en bier die heelpad en so
dink ek elke aand aan hom hoe hy langs sy potjie sit daar doer. ;)
 
LMG said:
Nou wonder ek: het daai swart potjie saamgery Nam toe?

Vir die wat nie weet nie - Oom Bokveld hou meer van kookvleis as braaivleis en ry altyd sy swartpotjie saam.
Ek het maar daar langs die vuur sit en verlang na my pot.
 

Attachments

  • Kampvuur.jpg
    Kampvuur.jpg
    94.2 KB
Thank you for your ride report. I take my hat off to you. Wish I could do that trip. :salut:
 
WP said:
UItsekend! Baie dankie!

Net 'n vraag? OP daardie dame se hare? sit sy klei oor of hoe maak hulle?
Jammer ek antwoord so laat op jou vraag.Daai worse word gemaak van beesmis,as,ochre en vet.Ek hoop nie die girls wat kyk gril hiervoor nie.
 

Attachments

  • Uvazerua.jpg
    Uvazerua.jpg
    123.7 KB
Top