Na n lekker aand se kamp, en n goeie nag rus word ons wakker in n baie mooi kampterrein. Ons het gister geweet die plek is mooi maar, nie gedink so mooi nie. (foto 1-2-3-4-5) :thumleft:
Die kamp word opgeslaan en bikes gepak. Vandag ry ons "Hole in the Wall" toe. Ek wou nog altyd gaan kyk het hoe dit daar lyk en was baie opgewonde. Willie ry sy nuwe tyre saam, want die Mita hou nog en dis bietjie moeite om n agetr wiel om te ruil, soos julle seker sal weet. (foto 6-7-8)
Ongelukkig is die pad vir vandag weer baie teer, maar die natuurskoon is great. Dis groen en skoon. By die Kei rivier stop ons eers weer. Ek moes terug stap om n paar fotos van die brug af te neem. Die trein brug is baie cool. (foto 11-12-13-14)
Dit is weer n lekker dag vir ry. (Daar is nie regtig slegte dae vir ry nie) Die natuur en plante groeie begin verander, ons is in die Transkei. Ek weet mens se altyd hoe sleg die paaie is en hoe gevaarlik dit is om daar te ry, maar persoonlik dink ek die paaie is goed. Ek het nooit gevoel dis gevaarlik om daar te ry nie, dit is wat dit is. Om in die aand te ry sal natuurlik n ander storie wees, maar in die dag is dit baie mooi en skoon. Die diere langs die pad is deel van die mooi en is tog hoekom ons om SA ry. (Anders kon ons net paaie gery het wat ons ken vir 21dae lank.) Ons draai regs af van die N2 rigting Koffie Baai, net voor Umtata (foto 19-20-21-22)
In Koffie Baai stop ons by die Hotel vir n great “baffet” middag ete. Dis n nice "build-up" voor ons gaan kyk na die gat in die muur. Teen die tyd kan ek natuurlik nie meer wag nie. (foto 23-24)
Daar is 10 of 15 km se grondpad om te ry tot by die gat, dankie tog!!! Dis nie baie moeilik nie, maar n welkome gesig na al die teerpad. Jy moet wel kyk waar jy ry...(foto 25-26-27-28-29-30-31-32-33-34)
Ek kan dit regtig sterk aan beveel vir enige iemand wat gedink het hulle wil gaan kyk hoe dit daar lyk, om wel te gaan. Hier is n paar picks. Regtig een van die mooiste plekke op die trip. (foto 40-41-42-43-44-45-46-47-48)
Daai aand slaap ons in die "Hole in the Wall" backpacers. Dit het my weer kaans gegee om bietjie admin te doen... Daar is ook baie plek om jou goed uit te pak en te laat droog word (foto 57-58-59-60)
Foot-Peg, wat se kamera gebruik jy?
Dit lyk of die kamera op jou helmet gemonteer is, neem jy dan video en select sekere fotos, of neem jy stil fotos?
Met die regte kamera kan jy lekker fotos neem, soos ek dit nou doen moet ek stop, kamera uithaal en dan neem, en met die handskoene aan is die proses te lank en mis ek die aksie.
Ek wil graag met my volgende ride ook iets soos jy probeer doen.