Dorsland said:Kaalvoet klonkieDusty Rusty said:
(Ek is nogals nuuskierig om te weet watter paar kouse jy aangehad het . )
Dorsland said:Die kraal waarin die mensdom bestaan, raak al hoe voller. Ons skuur letterlik en figuurlike konstant teen mekaar. Dit veroorsaak skaafplekke wat al rouer word. Soms moet mens maar oor die klipmuur spring en bokspring, kop in die lug, 'n stofwolk agter jou soos jy jaag. Sommer net vir die vryheid en lekker daarvan.
Die dorre dele, smaak my, het 'n manier om die aansitterigheid en blinkgeid van als bietjie weg te brand. Hier is jy tevrede met 'n ou FMpie en sy PM9 battery. Jy kom klaar met 'n goed opgepaste negentien voertsek Isuzu. Jy kuier 'n hond uit 'n bos oor die kontantwinkel se toonbank. Jy strewe na vergenoegdheid, nie na skyn nie.
Hier het mens tyd om 'n volle mens te wees, met al die emosies en gevoel en tyd wat ons heel maak. Hier is daar deel, nie bymekaarmaak. Hier is eenvoud, hoflikheid, mededeelsaamheid, omgee, nederigheid, aanvaarding. Hier is 'n besef dat als genade is. Blink gaan niks aan jou deel daarvan vergroot nie. Hier word met als spaarsamig - behalwe met menswees - gewerk.
Hier, lui die mooi ou klipkerk se toring klok met reëlmaat die ure om. Alles het sy tyd.
Enter your email address to join: