Dorsland trek Tankwa toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Hierdie fraaie fotos maak my nou baie lus vir ry en verdwaal in die vlaktes. Ek sien uit na die res van die verhaal. Geniet dit!
 
Jinne, hunker ek nou na die Tankwa. Ek sien uit na hierdie een, Dorsland, ek ry saam.
 
As jy dom is, kom jy in die lewe (en innie Karoo) nie so ver soos jy gehoop het nie. Vanoggend uit Mer'ville uit gery (sien ek praat al soos die plaaslike mense) , te lekker. Dis vars en vroeg en mooi.

Totdat ek so 30km uit die dorp uit ontdek dat ek my Camelback daar gelos het. Die pad terug was darem nog net so vars en mooi maar nie meer so vroeg nie ::)

Die uiteinde is ek sit nou lekker rustig op die Middelpos Hotel se stoep en 'n koeldrank drink. Nieuwoudtville lê nou eers more vir my voor.

99199c53f4a6e742460ca0876a6c6a18.jpg


Maar kêrels! In dié wêreld, leef en boer die Here se uitgesoekte kinders. Want waaragtig, hulle kry baie genade om hier 'n bestaan te kan maak. Dis 'n harde, dorre wêreld wat sy mense hard bak om hier te kan oorleef en saf brei om sy buurman by te staan as hy struikel.

7581218269256583ebf024a679d84b82.jpg



Maar wag, ek moet nou seker van voor begin...
 
Vroeg vanoggend toe gooi ek so min of meer 15 liter brandstof by Victor's Garage in 8). Drie maal 'n vyf-liter kan is mos rofweg 15 liter of hoe. Maar kyk, dis 'n sosiale affêre met ou Pienk Volstruisveer wat gesels en die lywige transportryer wat van sy lusernvrag Kaap toe vertel. Ons bespreek die voordele van 'n GPS, sê vir Zuma sleg, sit wind innie 800 se bande, haal weer bietjie uit en doen fyn verstellings. N1 One-Stop se agterent, hier kry jy diens, geselskap, brandstof wat spesiaal vir mens in 'n kan uitgesoek word, pompjoggies wat deftig uitgevat is. De lot

ad324bf0830d29be3bd77c1f8a4078bf.jpg
 
En toe is dit ek en die 800 oor Rammelkoppas.  Dit slaan my asem weg.

Ek gooi maar liewer kiekies dat hulle kan vertel.

9d2071b17b17ddf132052bb62278b06a.jpg


fa33690726560e75de816fc8d001d75c.jpg


So moet 'n opstal se ingang mos lyk:

575af80ad242ed0cca73e4d14849479c.jpg


5bbfb9d2c794a7b302f0217bed7f3e4b.jpg


925ff8cbb0647a94001af452a46f33a1.jpg
 
Die pas is bitter steil op plekke, so by so dat hulle dit plek-plek geteer het. Maar toe raak dit teetyd dat ek eers mooi die wêreld hier van bo kan bekyk. :D. En ek kry nie genoeg gekyk nie. Ek glo dis hoe die wêreld in die begin moes gelyk het. Skoon en oop, leeg en wyd en ongeskonde

e12d7eb0717ab01ee1b1edd5043317ab.jpg
 
Ja dit is 'n dorre wereld daai Dorsland, maar ook een van my gunsteling plekke om alleen rond te ry.

As mens alleen daar rond ry en so nou en dan stop om die wereld om jou te bekyk is dit asof daai wereld met jou wil praat, as jy lank genoeg stil sit op een plek en die omgewing om jou sit en dop hou dan kom mens ook agter goed en aanpasbaar die natuur is.


Ek ry lekker saam.  :thumleft:
 
Dorsland, ek geniet jou skryfstyl so baie want dit lees so baie  :sip:

Ek ry lekker saam  :thumleft:
 
Jakkals said:
Ja dit is 'n dorre wereld daai Dorsland, maar ook een van my gunsteling plekke om alleen rond te ry.


Ek ry lekker saam. :thumleft:
Ek het jou daar gesien Jakkalas, 'n jakkals sluip nie maklik by my verby nie 8)

b5c92fdf1b38e722429dab0221aa803c.jpg
 
Die mooi en die seer lê sommer vlak langs mekaar hier

083e90f3acccb19234ced25e39ebd395.jpg



2e5e0009c17fd0b9d4fa4c63b158115c.jpg




Dit verg 'n besonderse tipe mens om in dié uitgerekte wêreld te kom woon. Hy het sy bekoring maar ek glo, soos 'n oom vir my eenkeer daar naby Aus gesê het, jy moet sy bies gedrink het om hier te kan gedy.

5f9f7ef1d2586285413a2f9ea06da59e.jpg


868c1cef007140d37759b39e3224155b.jpg


86a96b550a47311f8e1f689ea4fcf1fb.jpg
 
Ek sou wat wou gee om vandag saam met jou te kon ry.
Lekker rus en eet vannaand. Sien klaar uit na môre se foto's.
 
Man ek lees te lekker en beplan so in die agterkop om daardie roete eendag ook te kan gaan ry as ek geseend is met tyd en n paar los rande!  :thumleft: Ons geniet die fotos baie!  :thumleft:
 
Dankie ouens, ek is bly julle geniet dit. Dalk gaan ek eers weer oor so 3 maande terug plaas toe;)
 
Ek noem net interessantheidshalwe dat ek my selfoon gebruik vir al daai kiekies. Ek is werklik beïndruk
 
Dorsland said:
Dankie ouens, ek is bly julle geniet dit. Dalk gaan ek eers weer oor so 3 maande terug plaas toe;)

Ek gaan NOU vir Christa bel..... :pot:
 
Top