Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Kruisrivierpoortpas na Calitzdorp vir petrol

Carlito en sy bome.... :ricky:

48fc57746e0e1532a32b0dcff070718f.jpg

58604d35c5b0425f84fd5912ec34e8a7.jpg

3eaa385c4a1706630c52c8c322f9ad82.jpg
 
Ons begin Rooibergpas klim en dit word skielik yskoud. Ons stop om thermals en inners aan te trek. Weereens baie mooi natuurskoon en ń baie lekker entjie pad om op ń bike te ry....

63ab4c3fcab2f4e63852e35c34ae17be.jpg

cbc881a3dd5ecc7ee8bab7da764f7ea9.jpg
 
En daar net buite Van Wyksdorp, langs die Grootrivier begin die rooi waarskuwingslig op die GSA fliker...... :eek7:

ed77a86362eab62281be7c5cb708f68e.jpg
 
Verligting is groot toe ek besef dit is net agterband wat druk verloor. Weens die erge stof op die pad is Carlito ver vooruit en Righard nog oppad. Ek is mos man sonder pomp en krag en daar sit ek en wag. Righard kom uiteindelik aan en jaag weer weg om Carlito te gaan stop. Carlito is egter nerens te vinde nie en ek en Righard begin die band herstel. Mooi punch gat tussen die knobblies.

Eventueel kom Carlito terug met hengse spoed........ Hy was al amper by Veldtie!

6585a83d679683e6f4114591d668d338.jpg

052f2603f555c4e01c224a849318516e.jpg

21cf375c6a17306887bfc1a21fe506f8.jpg
 
Ek het lanklaas n RR so baie geniet, miskien oor die mooi fotos of n kombinasie van fotos en julle manne se mooi vriendskap en fietse

Righard is n man na my hart, ek was ook my fiets op trippies...ja lag maar, en myne is oud

Daai borde wat die mense so beplak ......laat ek liewer swyg voor ek kwaa vriende maak

Lekker RR, gooi nog!
 
Hillman said:

Dankie Hillman!
 
Ons arriveer by Koedoeskloof en Debbie maak vir ons die hek oop. Slegte nuus....... Veldtie lê vrotsiek in die bed en sal seker nie sy verskyning maak nie. Ek is sommer depro...... Veldtie is een van die senior manne op die forum waarvoor ek baie respek gekry het, sonder dat ek hom ooit ontmoet of met hom gepraat het. Dit begin lekker koud raak, lyk soos reën en ons lywe is so moeg dat ons sommer besluit in om die lekker kamers te oornag. Righard is die wenner van sy eie kamer omdat hy so bietjie diep note gesnork het die laaste paar aande. Debbie bring bring vir ons 'n paar koue Zamaleks en ons spreek af dat sy vir ons iets te ete sal maak in die Dwarsbar net na sewe.

d1bffcfd48ff8fceda2c2cfd67107436.jpg

Net na sewe maak Veldtie tog sy verskyning ten spyte daarvan dat hy duidelik glad nie lekker voel nie. Ons kuier lekker met hom en Debbie en na 'n heerlike, en moerse Koedoeburger en tjips (ons het 'n Manic burger van die hand gewys :peepwall:), is ons vroeg in die bed vir die groot ry wat more plaasvind.
 
Dag 7 - Ladismith na Middelpos 425km

Volgende oggend is ons weer vroeg uit die vere. Veldtie is byderhand om so paar lekker loops op ons roete op die kaart te wys. Bikes word gepak, Dwarsbar stickers word op die panniers geplak en die ander twee plak sommer hulle Wild dog stickers op die panniers. It's official!! Hulle is nou Honne!

86ef5705a4b1b1e8c8aaee865f1d3c6f.jpg

328e7dc36fd0d16a66db33a1d6dea60d.jpg

Ons sê koebaai en vat die pad Seweweekspoort toe.

Laaste foto van Dwarsbaar FB bladsy
 
Attachments

  • 11187445_765604503556484_7844220503833224732_o.jpg
    11187445_765604503556484_7844220503833224732_o.jpg
    115.7 KB
Seweweekspoort is weer een van daai plekke wat almal al genoeg van gesien het op RR's, maar hier volg 'n klompie van die mooiste van ons fotos.

e47b6b6fb8ad7baf6e45642dcae82481.jpg

1873671a4a33616409798dbd2999e9df.jpg
 
Noneking said:
Volgende oggend is ons weer vroeg uit die vere. Veldtie is byderhand om so paar lekker loops op ons roete op die kaart te wys. Bikes word gepak, Dwarsbar stickers word op die panniers geplak en die ander twee plak sommer hulle Wild dog stickers op die panniers. It's official!! Hulle is nou Honne!

Ek het nie my Dwarsbar sticker gekry nie. Sal maar moet teruggaan.
 
Bensien said:

As good a reason as any.....
 
Pragtige foto wereld daai poort al is dit na 'n brand. Amper mooier foto's omdat dit anders is :thumleft:

Jy sal moet gooi boet, ons krag gaan weer 20h00 af. ;D
 
Top