Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
833cb3a2959e20a2110be8f7f2e02757.jpg


By die Rouxpos afdraai is dit sulke tyd....

2382bb6f29fd083297fd9b5a25ca8587.jpg
 
'n Biketrip moet reëls hê......... Sonder reëls kan dinge deurmekaar raak en die fun vir almal spoil. Ons het oor die jare 'n paar ongeskrewe reëls opgestel om dinge vir ons te laat werk.

Een van hierdie reëls is dat ons GLAD NIE by franchise restaurante mag eet of drink nie. Dit is 'n eenvoudige reël wat sorg dat 'n ou bietjie meer met 'n dorp se karakter te doen kry by 'n ou tannie se koffie winkel as wat jy dalk sou in die local Wimpy.

Die oggend doen so situasie homself voor toe ons in Laingsburg aankom. Ons gooi petrol by Engen en daar is natuurlik 'n Wimpy waar ek al telkemale geeët het oppad Kaap toe met gesinsvakansie. Die oggend is dit egter nie vir ons beskore nie, want reëls is mos reëls.

Righard begin weer geluide maak oor 'n sagte loopeiertjie. Ek't mos al veduidelik hoe erg die man oor eet is..... :peepwall:

Hy gaan sit by tafel in Wimpy en 'n dame neem sy bestelling. Ek moet instap en die dame mooi vertel dat hy nie mag bestel nie en dat hy nie kan betaal vir enige iets wat hy bestel nie. Righard sit ewe vewese daar op sy eie by 'n two seater..... :peepwall: Mense wat ons hoor praat staar na hom en teen die tyd wil niemand in die Wimpy hom bedien nie en hy het geen ander keuse as om op sy Ducati te klim en verder saam te ry nie..... Ek dink hy het darem weer ontdooi teen die tyd dat ons die aand in Middelpos gekom het.....

5541f5d97f428d6469f1b17bcd51f81a.jpg
 
Watse kamera het jy gebruik Noneking? Ek sien julle ry ook met Gopro's maar ek neem aan jy het n taamlike goeie kamera gebruik want die fotos is nie 'under of over exposed' en die kleur is baie 'waar'.

Ek sien daai poort het gebrand....geen manier wat ek daardeur ry terwyl hy brand nie!
Daai rook kan n man knyp.....jip ek is al gevang en nie eers in so n 'nou-poort' nie!
 
Hillman said:
Watse kamera het jy gebruik Noneking? Ek sien julle ry ook met Gopro's maar ek neem aan jy het n taamlike goeie kamera gebruik want die fotos is nie 'under of over exposed' en die kleur is baie 'waar'.

Ek sien daai poort het gebrand....geen manier wat ek daardeur ry terwyl hy brand nie!
Daai rook kan n man knyp.....jip ek is al gevang en nie eers in so n 'nou-poort' nie!

Ons fotos is almal geneem met iPhone 6  :3some: :3some: Meeste van die fotos is ge-enhance en gecrop  met Apple se isagteware op iPhones
Righard het 'n GoPro gebruik vir videos wat hom eindelose moeilikheid gegee het op die trip. Soveel so dat hy dit teruggeneem het na winkel waar dit gekoop is.
My videos geneem met Garmin Virb Elite, wat baie goed was, maar op so trip waar ons elke dag 8-10 ure in saal was is batterylewe 'n probleem. EK het dus groot en lekker dele van verskeie dae nie kon afneem op video.
 
En wat is ń Karoo trippie dan sonder ń foto van ń windpomp?? Of nog beter.......jou bike by ń windpomp?

caf5ff2bb4ae4b585b23d78032b64d22.jpg


f503cf640fd97ecf651467d2e96c0623.jpg


e52ddb58f9287b9b8a90e49ec93f9d94.jpg
 
Awesome RR!!
Ek is bly ek het nie vandag gewerk nie, anders sou ek anyway niks kon doen nie! sit en wag heeltyd vir die volgende post! Was self die 8ste Mei deur Swartberg Pas na Gamkaskloof toe, mooi wereld daai!

Vinnige Hijack, ry Carlito met 'n donker visor vir sy Enduro helmet, of swop hy tussen die clear en donker? dink om self donker visor te kry.
Hijack off, sorry
 
Rooikoos said:
Awesome RR!!
Ek is bly ek het nie vandag gewerk nie, anders sou ek anyway niks kon doen nie! sit en wag heeltyd vir die volgende post! Was self die 8ste Mei deur Swartberg Pas na Gamkaskloof toe, mooi wereld daai!

Vinnige Hijack, ry Carlito met 'n donker visor vir sy Enduro helmet, of swop hy tussen die clear en donker? dink om self donker visor te kry.
Hijack off, sorry

Dankie Rooikoos!! Lekker as dit gelees word!!

Ek antwoord sommer namens Carlito, lyk my hy is maar skugter hier, man van min woorde maar groooooot dade  :peepwall:


Die visor is BMW se smoked visor as ek reg onthou. Dit is aansienlik ligter as my en Righard se donker Arai visors. Hoop dit help.....
 
In Sutherland aangekom is Righard steeds bedonnerd en begin alweer in die strate afkyk vir die naaste Wimpy......

725643a0c7ee9d9a522c7e097c032571.jpg
 
Hooglander se Jupiter

766bf8a4705007a2c4351edb9aec484b.jpg


Daar's ń mooi versameling WP en Stormers truie en vlae wat vir my sê die is my kerk se mense..... Daar's darem ook so kommin blou vlag vir die reus oorkant my....

ca06fa5f3774a8660a1da342022c391b.jpg
 
Man - ek ry lekker saam.   :thumleft:

Kan nie wag vd res nie.  Foto's is mooi en so ook die video's.

Toe ek laas by Jupiter was toe het hulle rooi jellie en vla vir R20 gehad.

Dink ek het hulle voorraad heelwat verminder  ;)
 
Veldtie het voorgestel ons skakel Middelpos toe en laat weet ons kom sodat die mense daar vir ons kan regmaak. Ek verstaan aanvanklik nie......'n Hotel moet mos regwees vir mense?

In Sutherland kry ek die tel nr in die boek. Na 'n paar luie antwoord 'n dame. Ek verduidelik dat ons in Sutherland is en vanaand in hulle hotel wil oorbly. Die dame luister mooi na my hele storie en vra dan: Is jy seker jy wil in Middelpos wees??  :imaposer: :imaposer: :imaposer: Ek verstaan glad nie en vra hoe dan so? Ons is na Middelpos hotel aanbeveel deur Wild Dogs forum.......... :peepwall:

sy verduidelik dat mense nie altyd besef waar Middelpos is nie en ook nie hoe ver dit na Calvinia is nie. daar is bleikbaar ook Middelpos in Calvinia en Upington??

Elk geval......... ek verseker haar dat Middelpos die centre van ons universe is daai aand en dat ons uitsien om alles wat Middelpos het te kom beleef....... :ricky:
 
Top