Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Jis ek love hierdie RR so baie ek koop sommer weer 'n BMW  :p
 
Sjoe...al die lekker paaie in een lang trip.

julle gaan seker nou al julle bikes verkoop en gholf begin meer ernstig oorweeg?  :pot:

Dankie vir die deel. Great fotos en 'n goeie reisjoernaal vir ander om mee te beplan.
 
Wat klink julle so asof hulle klaar gery het. Hulle moet nog by die huis kom.

Hier moet nog 'n paar dae oor wees?  ;D :thumleft:
 
VaalBaas said:
Wat klink julle so asof hulle klaar gery het. Hulle moet nog by die huis kom.

Hier moet nog 'n paar dae oor wees?  ;D :thumleft:

Sien hulle was nou daar in jou omgewing, hulle is seker nou eers buite aksie met spuitpoep a.g.v die vleis wat hulle by jou gekoop het. :deal:

Gee so ruk kaans, die manne gaan laater herstel dan ry ons weer saam. :thumleft:
 
Loadshedding en tande trek weerhou ons nou van saamry. Kom kom manne- die rus is nou verby- ons is reg om verder te ry. Gooi mielies....
 
Jis het ek nou eers hierop afgekom en lekker gesit en lees, al 19 bladsye. Awesome trippie, NK, en awesome fotos en vids! Dankie vir die deel.
 
Jissie manne, ons draai nou eers terug Laeveld toe........ :thumleft: :thumleft:
Jammer ouens, daai Karoo stof sit in my sinusse en ek is vrotsiek. Probeer so tussendeur my beroep beoefen ook......

Die res kom!
 
Ons was laas op Gannagapas? ;D

Ons kom by Middelpos aan na 'n baie lang dag.

b31bc8ff7ca3b11d138cf02da074379b.jpg


Righard is sommer klaar weer reg vir loop lê

ac4b568c0e544424064307713035eefe.jpg


Deure is oop en ons loop deur die plek, maar niemand antwoord as ons roep nie. Kom ons gooi solank petrol? Niemand by die petrolpomp nie? Terug Hotel toe....en met die kom die tannie uit die winkel gestap. Wys vir ons ons kamers, myne is doer vêr om 'n hoek weg van almal. Nou kyk, ek is nie bang vir spoke nie, maar in hierdie plek vat ek nie kanse nie, dit lyk of hier generasies spoke moet bly.... Ek trek saam met Carlito in sy kamer in. ;D ;D
 
Lekker rr kan nie wag vir die res nie en daardie Ducati lyk bevange met sy adventure gear :)
Mooi foto's!
 
Ons het dieselfde gehad... nou weet ek vir volgende keer.. loop reguit winkel toe en gaan praat met die man daar.
 
woody1 said:
Ons het dieselfde gehad... nou weet ek vir volgende keer.. loop reguit winkel toe en gaan praat met die man daar.

Dit is Middelpos daai, en more is nog 'n dag.  :lol8:
 
Die Tannie reël dat Hannes, haar seun gou vir ons kom petrol gooi. Lanklaas deur 'n petroljoggie met die hand gegroet.....

a48f21bbd299205978b191f3f3da8398.jpg


34583afb6181cffbdb3e115a4fa5cda3.jpg
 
Ons loop ń draai deur die winkel........ek is mal daaroor om te kyk watse vreemde dinge te koop is in die klein winkeltjies op sulke klein plekkies. Van sonbrille tot horlosies en laaie vol lekkergoed vir die kinders. Daar is tot "cones" uit koerantpapier vir die kinders om hulle lekkergoed in te gooi.

Wie van julle onthou die armsalige poppe wat oral gestaan het om geld in te samel vir gestremdes? Die pop maak my tot vandag nog hartseer ........

d3583cff8a297f52eafcdfe4ed6a470c.jpg


Die Tannie vertel ons die storie van die gestremde man wat die pop hier aangebring het van Calvinia, hy het tot sy dood gereeld vir naweek in die hotel kom oorbly.... Nou wie het al die man daar in die gange hoor loop met sy limp.....🙀
 
Lem said:
Sjoe...al die lekker paaie in een lang trip.

julle gaan seker nou al julle bikes verkoop en gholf begin meer ernstig oorweeg?   :pot:

Dankie vir die deel. Great fotos en 'n goeie reisjoernaal vir ander om mee te beplan.

Dankie!

Ja, die volgende trip sal iets baie spesiaal moet wees om die een te troef...... :thumleft:
 
Man from Nam said:
Lekker rr kan nie wag vir die res nie en daardie Ducati lyk bevange met sy adventure gear :)
Mooi foto's!

Dankie! Van die drie fietse trek die Ducati die meeste aandag.....Van mense op straat en werktuigkundiges.... :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
woody1 said:
Ons het dieselfde gehad... nou weet ek vir volgende keer.. loop reguit winkel toe en gaan praat met die man daar.

Ja, nie besef die mense besit die hele blêddie plek nie?? In hindsight sal mens sukkel om bestaan te maak uit daai hotel alleen... :pot:
 
Top