Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Een van hierdie reëls is dat ons GLAD NIE by franchise restaurante mag eet of drink nie

Ek hou van die reël. Dit maak dat mens by plekke soos Jupiter en die Williston Mall eet en verrassings soos bakbrood sarmies raakloop. :drif:

Nimmo said:

Nou praat jy  :laughing4: by Highlander ek darem die lekkerste sparerib van my lewe ge eet  :drif: :drif: :drif:

Verseker! Sonder daai lam pastei by Jupiter sou ek 'n armer mens gewees het! :3some:
 
Middelpos was ons "terugdraaipunt" en alhoewel ons km gewys in Seweweekspoort die halfpadmerk bereik het, voel dit vandag asof die terugtog begin. Dit voel letterlik of ek al weke op die pad is. Ek sukkel om die dag, tyd en plekke waar ons was chronologies aanmekaar te sit. In kort......ek's in my Happy Spot!
 
Middelpos na Sutherland
 
Attachments

  • Karoo Trip - Day 8-00-00-50-239.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-00-50-239.jpg
    213.8 KB
  • Karoo Trip - Day 8-00-01-16-361.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-01-16-361.jpg
    276.4 KB
Net voor Rammelkoppas ry Righard voor. Hy slaan 'n diep verspoelde sloot met die Ducati en hy kan dadelik hoor iets is fout. Almal stop om te kyk wat aangaan. Die Italianer se motor klink skielik baie siek!!

4ff655e5a7c8952ee50a1a58feae477f.jpg

bd4a58ee6009d04bb926363f3b946322.jpg
 
Ons begin gou spekuleer oor wat fout kan wees....... Klink redelik rof! Die panele op die Ducati maak dit moeilik om te sien, maar eventueel kan ons net-net 'n klein krakie sien op die exhaust waar dit by enjin aansluit. Ons besluit dat ons sal aanry tot in Merweville waar daar telefoon sein sal wees en ons die bike bietjie van nade kan bekyk.

In die video hieronder kan mens duidelik hoor hoe siek die Ducati klink.

[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/yKr8EPp57aY[/flash]
 
Ons ry rustig Rammelkoppas af en na Merweville. Die pad is sleg verspoel op plekke en ons vat dit rustig met die Ducati aan die voorpunt.
 
Attachments

  • Karoo Trip - Day 8-00-01-45-268.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-01-45-268.jpg
    451.3 KB
  • Karoo Trip - Day 8-00-01-56-137.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-01-56-137.jpg
    454.6 KB
  • Karoo Trip - Day 8-00-02-07-219.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-02-07-219.jpg
    338.5 KB
Nog Garmin Virb screenshots
 
Attachments

  • Karoo Trip - Day 8-00-02-22-401.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-02-22-401.jpg
    443.4 KB
  • Karoo Trip - Day 8-00-02-34-62.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-02-34-62.jpg
    374.2 KB
  • Karoo Trip - Day 8-00-02-37-546.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-02-37-546.jpg
    439.3 KB
Stop by NP Du Plessis Algemene handelelaar

1d3a26c3da975450de0110f91c2a33af.jpg

585a0cc5917ec8c4ac36dd5b80b3d843.jpg

Ek en Carlito het saam met bietjie rondry in en om Nelspruit nou seker omtrent 3500km op die Pirelli Scorpion Rally's. Hulle was fantasties tot dusver, maar ek begin bekommerd raak dat ons nie die oorblywende ongeveer 2000km daarmee gaan kan voltooi nie.

bc3f39bc11e23f02a48d84235cb23536.jpg

Tyd vir 'n koeldrank en tjoklit en Righard is op die foon na Ducati. Ek bel vir Dwerg en vra dat hy hoor of iemand op die forum weet of daar iemand in Beaufort Wes is wat kan help. Ek sal op Beaufort Wes weer bel en hoor.

Nog 'n mooi kerk vir Carlito.

0b8852f6bbdcec1164faeb23e5e0099e.jpg
 
Dis weer besluite tyd.........

Righard sal maklikste pad Beaufort Wes toe neem -teerpad sover moontlik. Ek en Carlito ry grond. Ons sal so bietjie poeier gee   :ricky:  en gaan  begin soek vir iemand wat kan help.

Edit: Hier is fotos wat eintlik by Rammelkoppas af moet wees........ ;)

Attachments

  • Karoo Trip - Day 8-00-06-14-551.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-06-14-551.jpg
    334.3 KB
  • Karoo Trip - Day 8-00-05-52-154.jpg
    Karoo Trip - Day 8-00-05-52-154.jpg
    383 KB
Rammelkop is een van my gunstelinge,

Het eenkeer somer tent op geslaan daar langs die pad, dit was een van my rustigste aande gewees met al die nag geluide wat uit die stilte op kom.
 
Jakkals said:
Rammelkop is een van my gunstelinge,

Het eenkeer somer tent op geslaan daar langs die pad, dit was een van my rustigste aande gewees met al die nag geluide wat uit die stilte op kom.

Kan net lekker wees. Dit is een ding wat op ons lysie was om te doen - wild camping, maar ongelukkig nooit daarby uitgekom nie.
 
Noneking said:

Dit is baie lekker, veral op plekke soos Rammelkop, die hemelruim is helder en die stilte begin laater raas, ek dink jy sal tot 'n muis hoor hardloop.
 
Ek en Carlito is geruime tyd voor Righard in Beaufort Wes. Ons eie neighbourhood JAKKALS kom tot die redding met 'n nr vir Jaco op die dorp wat kan help. Ons wag vir Righard, wat moes terugdraai Leeugamka toe vir petrol nadat hy hom weer misgis het met die Italianer.

Met Righard in die dorp stuur Jaco 'n bakkie na ons toe wat ons kan volg na sy werkswinkel.

4ff8eb4e35295d998b10573e885e9cc1.jpg
 
Met bietjie meer toegang tot die probleemarea is dit duidelik dat die exhaust morsaf is. Jaco kan dit weld, maar bike sal gestrip moet word vir toegang. Righard is weer op die foon met Ducati in JHB en hulle sê dat die bike se hele agterstwe verwyder sal moet word vir die affêre. Dit is nie gou 'n agtermiddag se joppie nie.

0301fe27aca7b9018b5040efe6c3b556.jpg

Met die exhaust af, een subframe bout af en nog 1600km van grondpad in onherbergsame areas lyk die prentjie nie rooskleurig nie. Righard wil vasbyt en sê dit voel verkeerd om die handdoek in te gooi, maar ons almal weet.........dis die einde van die trip vir die Ducati. :'( :'( :'(

302ed1fb3ebd43aac1a5090b12aef0cd.jpg
 
Julle moes maar 'n tydjie daar by Jaco spandeer het, dan kon julle somer 'n jag in die Karoo ook in gewerk het by julle bike trip.
 
In 14 jaar van bikery was ons nog nooit in so posisie nie. Ons het nog nooit iemand moes agterlaat nie. Daar word gereel vir Righard om geleentheid te kry George toe vanwaar hy vlug Johannseburg toe sal vat. Vandaar moet hy saam met sy skoonpa Nelspruit toe ry. Jaco stem goedhartig in dat die Italianer staan en olie lek op sy vloer tot Righard kan reël dat dit opgelaai word.

Dit is reeds laat en ek en Carlito het nog 'n moerse ent tot in Jansenville. Ons pak alles oor van Righard se fiets wat ons nog gaan benodig in die lyn van kamp en gereedskap.

Sad koebaais, maar the show must go on. Dit voel verkeerd om daar weg te ry sonder Righard en ek voel werklik hartseer om hom sommer so agter te laat.

acc132d7066e50dd02ed4be77ce05d80.jpg

3138a4108095bcb1328c12ae5ecddde9.jpg

Volgende oggend is Righard op 'n vliegtuig en ek en Carlito erens ts. Jansenville en Rhodes..... :'(

c02a3b6a081073c4322b1db406a5560a.jpg
 
Noneking said:
Sad koebaais, maar the show must go on. Dit voel verkeerd om daar weg te ry sonder Righard en ek voel werklik hartseer om hom sommer so agter te laat.

acc132d7066e50dd02ed4be77ce05d80.jpg

As ek nou so na die fotos kyk, lyk ons eintlik redelik happy om sonder die honger moangat te ry.......  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Jakkals said:
Julle moes maar 'n tydjie daar by Jaco spandeer het, dan kon julle somer 'n jag in die Karoo ook in gewerk het by julle bike trip.

Ag jong, ons was op 'n tight skedule en reeds agter weens die dag se onderbrekings........
 
Noneking said:
Met bietjie meer toegang tot die probleemarea is dit duidelik dat die exhaust morsaf is. Jaco kan dit weld, maar bike sal gestrip moet word vir toegang. Righard is weer op die foon met Ducati in JHB en hulle sê dat die bike se hele agterstwe verwyder sal moet word vir die affêre. Dit is nie gou 'n agtermiddag se joppie nie.

0301fe27aca7b9018b5040efe6c3b556.jpg

Met die exhaust af, een subframe bout af en nog 1600km van grondpad in onherbergsame areas lyk die prentjie nie rooskleurig nie. Righard wil vasbyt en sê dit voel verkeerd om die handdoek in te gooi, maar ons almal weet.........dis die einde van die trip vir die Ducati. :'( :'( :'(

302ed1fb3ebd43aac1a5090b12aef0cd.jpg
:xxbah: :sad6: :tearyeyed:
 
Top