Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons pak uit, vat almal 'n warm stort en beweeg so een vir een na die kroeg. Terwyl ek vir die ander manne wag vra ek Hannes (pompjoggie, winkelassistent, barman,  later waiter en ek neem aan erfgenaam van Middelpos) uit oor die plek se geskiedenis. Ek sukkel my dood met die man se binnemondse manier van praat, laat my baie dink aan Farmer Fran in Waterboy... :eek7:

[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/n3wuSO59OdM[/flash]
 
Ons drink ń paar drankies terwyl Hannes laas naweek se vuil glase en bottel uitdra en afspoel. Dis asof daai hele kroeg onder die lae en lae stof lê waardeur ons al vir dae ry

045985183a2fcb0bbb1d73eac28ff31d.jpg


Hannes laat weet later aandete is reg en ons smul aan ń heerlike bord gekookte kos wat afgerond word met ń poeding daarna. Ek eet weer twee keer meer as wat nodig is!

14d7b9e5fb502b7bce3e3bd94930269f.jpg
 
Na ete lê ons ek en Carlito in die kamer en tydskrifte deurblaai. My magtag......wat 'n klein wêreld!! Eers is daar artikel oor Patensie met foto van die slagter waar ons ons Bestend tjoppies gekoop het en 'n paar bladsy verder 'n insetsel oor einste Hannes ons veeldoelige gasheer!


616eb21cb57378e626f39fff5c672295.jpg


cb844e4dbe9f77e8406670b30f9e6686.jpg
 
Jis, ek het hierdie RR nou lekker geniet. Sien uit na die res.

Jy moet dieselfde leuse as Draadwerk he: "My job? Just something I do between rides...." Hou op tande trek en maak klaar!  ;)
 
So, julle is nou amper oppad terug, wil net weet hoeveel dae gaan ek nog totaal onproduktief wees by die werk... geniet die verskriklik :thumleft:

 
cruizaman said:
Jis, ek het hierdie RR nou lekker geniet. Sien uit na die res.

Jy moet dieselfde leuse as Draadwerk he: "My job? Just something I do between rides...." Hou op tande trek en maak klaar!  ;)

Dankie!

Ja dis die lekker lewe ne.... :pot:
 
PietSkiet said:
So, julle is nou amper oppad terug, wil net weet hoeveel dae gaan ek nog totaal onproduktief wees by die werk... geniet die verskriklik :thumleft:

Dankie Pietertjie!

Kry eerder julle gatte in rat dan kom kuier jy en daai kortgat broer van my bietjie!
 
B.T.W. hoogtevrees doen my ook geen gunsies as ek sulke grondpasse ry nie... Ek kies altyd die berg se kant en hy is meeste van die tyd meer verspoel met klippe en ruts... so elke keer as n ou klippie my bike laat bokspring is die afgrond is soos n blêddie magneet vir daai holkol op my maag
 
PietSkiet said:
B.T.W. hoogtevrees doen my ook geen gunsies as ek sulke grondpasse ry nie... Ek kies altyd die berg se kant en hy is meeste van die tyd meer verspoel met klippe en ruts... so elke keer as n ou klippie my bike laat bokspring is die afgrond is soos n blêddie magneet vir daai holkol op my maag

Dis 'n terrible ding, ek kan nie eers op my stoep afkyk na onder sonder om 'n fisiese reaksie te ondervind nie..... :-[
 
My gesukkel om al my gadgets gelaai te kry elke aand maak dat ek bietjie minder video tyd het elke dag....

Die foon laai ek van Aux kragpunt op fiets. Die headset en kamera moes ek in aande van ander Aux plug laai, maar nadat hy gebreek het, moes ek Carlito se fiets gebruik om te laai. Net te veel effort na 'n lang dag om heeltyd die goeters aan die gang te hou. Volgende trip sal verseker 'n ordentelike sisteem in plek moet kry..........en 'n paar van die goed by die huis los


[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/o5FhmBzN5y0[/flash]
 
Dag 8 - Middelpos - Jansenville 615km!!!! :eek:

Kyk daar is 'n moerse lot diere op Middelpos wat probeer sekermaak dat jy nie 'n oog toemaak nie.....hoenders, poue, ganse honde en die man met limp in die gang :eek7: :eek7:
Dis nog donker toe ek staan en lig gooi vir Righard wat die Ducati se subframe boute nagaan. Een van die 4 is morsaf...... :-[

d93ddb37ace61bd374aee2c62568e4b2.jpg


ddfae6de5d5302835acbed9eabd8b4c3.jpg
 
Hannes trap ons so laaste maal uit oor die Hotel se voordeur oopstaan........"die katte loop kry kleintjies da binne" en sonder ń verdere woord is hy in sy bakkie daar weg.. 

Ons durf die koue aan en vat die pad na Sutherland.

8b387a8976222cdf55cdfc7efbda44d3.jpg
 
Twee jaar terug het ek en Righard in Lesotho van Katse gery toe dit minus 5 grade Celsius was, het al verskeie trippies gedoen onder vriespunt. Die GSA se computer wys vanoggend dit is 3 grade Celsius, maar vrek, ek het in my lewe nog nie so koud gekry op 'n bike nie.....

Anderkant Sutherland neem ons die afdraai na Merweville...........

13d75b2aad0686e308a143db238610b7.jpg


f83bad0d73e8bbc6b9ea2ac78a7e01da.jpg
 
Noneking said:
Onder Ouberg en deur die droeë rivierlope, is daar ' paar oomblike wat ek en daai GSA met mekaar dans soos dronk tieners..... Deur een so rivierloop wag ek aan die anderkant om seker te maak die Ducati kom deur. Righard kom nie....EK draai terug en kry die Ducati vasgespin tot op sy maag. Ons ruk hom daar uit met geweld en teen die tyd wat ons Carlito by die plaashek kry is ek papnat gesweet en vuurwarm. Al die thermals en inners uit en ons is reg vir Tankwa.....


a3ec1f6a6d4ed5fd9bc8948f385f315b.jpg


e94a554fa508551ca4a36ad69671e3f7.jpg

Ek en onderwa drif het mekaar self op spoed leer ken daar  :imaposer: :imaposer: :imaposer:

GREAT RR  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
Een van hierdie reëls is dat ons GLAD NIE by franchise restaurante mag eet of drink nie

Ek hou van die reël. Dit maak dat mens by plekke soos Jupiter en die Williston Mall eet en verrassings soos bakbrood sarmies raakloop. :drif:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Een van hierdie reëls is dat ons GLAD NIE by franchise restaurante mag eet of drink nie

Ek hou van die reël. Dit maak dat mens by plekke soos Jupiter en die Williston Mall eet en verrassings soos bakbrood sarmies raakloop. :drif:

Nou praat jy  :laughing4: by Highlander ek darem die lekkerste sparerib van my lewe ge eet  :drif: :drif: :drif:
 
Top