Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Hillman said:
Ek wil darem ook hoor of die Ducati veilig by die handelaars uitgekom het!

Miskien sal Righard so bietjie meer inligting hieroor post. Nie seker watter inligting  hy mee sal gemaklik wees nie....
 
Nie seker watter inligting  hy mee sal gemaklik wees nie..

Klink asof iemand gedood het soos jy dit noem. :eek7:
 
Noneking said:
Ek dink hy het amper toe hy die quote sien!!
Drie weke uit warranty.....

Ek dink as ons later van hom hoor somige van ons skielik 'genees' sal voel van daar waar die Ducati jeuk gesit het!
 
Noneking said:
Hillman said:
Ek wil darem ook hoor of die Ducati veilig by die handelaars uitgekom het!

Miskien sal Righard so bietjie meer inligting hieroor post. Nie seker watter inligting  hy mee sal gemaklik wees nie....
Die Ducati is veilig in Johannesburg by Ducati SA. Ek het Maandag die kwotasie gekry..............en EINA.....dit is R66 579.00
Daar is baie meer skade as wat ons raak gesien het. 2 GROOT goed was die agter rim R 17 784 en die Swingarm R 18 172........eish! Gelukkig vir Versekering! Hy gaan soos n splinternuwe een lyk as hy klaar is! En te Koop!
 
Noneking said:
Ek neem aan die volgende een kom nie weer saam op so trip nie ? 😜😜
Gaan koop vir jou 'n nuwe ene by Eastview........................BMW 😉
 
Righard said:

Jy het op jou voete gedink met versekering......my hart het n beat gemis namens jou tot ek lees 'versekering'!
Welgedaan!
Ek het vroer die foto gesien van die een wat jy volgende wil koop......en dis mooi verby!
Ek sal nie so moedig wees om so bike 'off-road' te neem nie
 
Noneking said:
Ek neem aan die volgende een kom nie weer saam op so trip nie ? 😜😜
Nee wat. Dis mos hoekom ons die goed koop. Die sloot was net Bad Luck.
 
Draadwerk said:
Noneking said:
Ek neem aan die volgende een kom nie weer saam op so trip nie ? 😜😜
Gaan koop vir jou 'n nuwe ene by Eastview........................BMW 😉
BMW bikes is soos Toyota, Beste, maar elke tweede @&ol ry een........Nee Dankie! ( vir nou )
 
En jy ry reeds n Toyota.......

Elke  poephol op ń BMW maak sy trip klaar..  :3some:
 
Noneking said:
Righard said:
Draadwerk said:
Noneking said:
Ek neem aan die volgende een kom nie weer saam op so trip nie ? 😜😜
Gaan koop vir jou 'n nuwe ene by Eastview........................BMW 😉
BMW bikes is soos Toyota, Beste, maar elke tweede @&ol ry een........Nee Dankie! ( vir nou )

En jy ry reeds n Toyota.......

Elke tweede poephol op ń BMW. Maak sy trip klaar..😀😀😀😀

:spitcoffee:
 
Dag 9 - Jansenville na Rhodes 530km

Die oggend skop ons weer vroeg af en kan nie gou genoeg uit Jansenville kom nie. Carlito lyk bietjie oes na die min slaap.

0fa8462ead7e7b5c4db063c16de7a487.jpg

97eef4304b25a2024567294ccbe55491.jpg

Ons pak op in die mistige weer en kort voor lank is ons reg om te ry.

Net buite die dorp. By Soutpansnek draai ons regs op R337 en die mis lê dik! Carlito roep in die headset - sy agterband verloor druk......... ;D

f6ed37981ce35bd0a8deb11f56fdfe18.jpg

a2cd459917a9718bd1e339310927a2c3.jpg
 
Ons ry in digte mis en hier en daar misreën. Die kombinasie van vog in droeë areas en misreën in ander maak ń modder gemors van ons helmet visors. Daar word gereeld gestop vir skoonmaak.

ea5bd2fd6826381134a2c671cf3f94c7.jpg

Plek- plek breek ons deur die mis op ń bult en die uitsigte is baie mooi!

14e6fe2ef3d11e6604d36e51861a5333.jpg
 
Ek hoop die RR hou nog 'n paar dae aan.Rek hom maar uit met 'n langer storie en meer fotos tot so Maandag se kant toe man :thumleft:
 
Net voor Pearston kom 'n groep bikers van voor.  Blonde hare waai onder die helmets uit...... Sien eers later op die EC Bash thread dit was Twe-Twe en kie wat daar verby is. Ons groet die dames die keer want hulle is nie outoppies van Brakpan op ou Hondas nie.. :peepwall: :peepwall: (wink-wink Woody1 :imaposer: :imaposer:)

Net buite Pearston stop ons vir 'n welverdiende ruskans voor ons die Buffel..........pas (die naam ontgaan my nou) begin klim. Ons eet 'n snack en drink water. Weereens is ek net verstom met die natuurlike skoonheid.  

3a676dbbfe2e0a9be3384eb7e6e7c4f9.jpg

b008a90710831ed4c9f9063dbf03dbe2.jpg

Aan die diep spore in modder wat drooggeword  het teen die Buffel........pas  is dit duidelik dat ons hier sou gesukkel het met die swaar fietse as dit nat was
 
Intussen ontvang ons ń iMessage met Righard se view.... George is ook bleikbaar mooi..... :peepwall: :peepwall:

f9d303e56e52795477c7cdf9046b2c24.jpg
 
Top