Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 4 begin bitter koud!!!!






0b2e41e9f35cc3cc2cbdfd7a37b80adf.jpg






75bd8d59d391aeb0766b56fd966d839b.jpg







f5ae14d463c609157a2228eb33320e74.jpg







Dit is nog donker toe ons kamp begin opslaan en die koffie en kondensmelk doen baie min om die pyn te verlig.






227cfebffd46be944095c3da62445017.jpg












604bc011ff812e71fcc8c84cd2152302.jpg







On het baie ver om te ry vandag en ons val kort na 7 in die pad. Ons is dik aangetrek en die wie se heated grips nog werk, sit dit aan. Die ander moet maar tevrede wees met Italiaanse handskoene..... :pot: :pot:
 
Ons sukkel aanvanklik om ritme te kry en vertoef eers rukkie by ń stop om Carlito se GPS uit te sorteer. Syne wys nie die track nie wat beteken ek moet heeltyd voor ry om die pad te wys. Op die manier kry almal kans om in die stof te ry......






d211d50869b385ac3fa53b32c9eb1fe6.jpg









Ons ry in die rigting van Barkley-Oos



37c506f2f3fc0068f2e15e9d9db964a5.jpg







6c13c175777cd8449cca2ef6db3e9652.jpg







2cb76c2b4c028eb2920532aeee76ffb5.jpg







f8b3cf6f803a36bd2cae695e9dbeabf3.jpg







26f8818e90b86cbb532e4b4fb561e7f0.jpg
 
Net voor Barkley-Oos kom ons op die petalje af........ :eek:

Die bakkie se hazards is nog aan en sy spore lê vars in die pad. Drywer is nerens te sien nie........






cb52a3f7296ec3782cde60193e74c884.jpg







bee40ec9975b43bd1f0ac098405864db.jpg
 
Ek het nog altyd gedink Barkley-Oos is 'n groterige dorp in die Oos-Kaap........ :patch: Die dorp se naam staan nog altyd vir my uit, maar vanoggend is ek baie teleurgesteld toe ons die dorpie binnery. Die plan is om hier te slaap op ons pad terug Laeveld toe, maar ek kry my bedenkinge........ Die dorp lyk vervalle, met geen teken van die karavaanpark wat op Basecamp gevind is nie.



68187e2cc73ca77819aafcf2e794c217.jpg








963776e34e495322349e4f0658afd2d4.jpg







53ba36b9577060d52fe045246d615d61.jpg
 
Toe ek so 11h00 by Walkerbouts in Rhodes my brunch geniet het hulle my vertel van die bakkie.
Maar ek het op die 2de afdraai links gegaan Elliot toe en niks gesien nie
 
woody1 said:
Toe ek so 11h00 by Walkerbouts in Rhodes my brunch geniet het hulle my vertel van die bakkie.
Maar ek het op die 2de afdraai links gegaan Elliot toe en niks gesien nie

Wat het gebeur Woody?
 
Hulle kon ook nie se nie, net dat ek moet uitkyk vir 'n bakkie in die sloot wat vroer die oggend daar van die pad af is.
 
Kom nou net op die outjie af..........
Eerste keer wat ons al drie saam bike gery het. Paradise Rally 2002 in Graskop. Full ATGATT and all......

Carlito tweede van links, Righard derde en ek heel regs... O0
 

Attachments

  • IMG_0041.jpg
    IMG_0041.jpg
    406.2 KB
'n Mens het mos maar altyd vooraf idees oor hoe dinge gaan afloop op so 'n trip. Toe ek na die roete gekyk het op Basecamp, het ek gedink dit gaan 'n vol dag in die saal wees met relatief min om te sien en geniet om  soveel as moontlik kilo's aflê sodat ons die volgende oggend in Baviaans kan aankom. Hoe bitter verkeer was ek!!  Dag 4, spesifiek nadat ons afdraai buite Barkley-Oos na Dordrecht geneem het, moet tel as een van my gunsteling dae op 'n motorfiets ooit. Dankie Jupiter vir die roete!!






3b2cd2db0075e3f8f4fac204be78a8b1.jpg







c4f68a6630f8e2de55606b9f277dbab0.jpg







087e1d80be0e3448c298f6e30ee919f6.jpg








665117b17eb667f48d09a8d5ea8dab02.jpg
 
Greylingspas en Killianspas tot in Dordrecht waar ons weer petrol gooi.






ebb3705bb52ab95d50d98a509224454d.jpg







17f382d71339b9fc27799e0afc11734d.jpg







ec897d465f1075189e5bc476cb36b859.jpg







ab3ef805f3d2b004d33dabdf258545e0.jpg







615329e06f78b2a30fc96aff994d5c9a.jpg




Carlito het ń sagte plekkie vir ń mooi ou kerk en laat nie kans verbyglip om een af te neem nie






bee7f2f296726a857d603b056f080c12.jpg
 
Dis net die regte medisyne vir my griep deurtrekte gat!
Lekker rr en pragtige fotos!
 
Top