express
Race Dog
Daai fotos van die heinings en hekke het my weer laat terug dink aan my oupa wat al 52 jaar gelede oorlede is toe ek 10 jaar oud was. Hy was 'n draadtrekker van beroep.
DUSTRIDERS said:Hy was 'n draadtrekker van beroep.
Draadmaker :deal:
Harde beroep en een van die mooiste dinge na dit klaar en reg gedoen is. :thumleft:
JACOVV said:Baie dankie vir die deel Johan. Dit het baie memories teruggebring op my trip nou die dag saam met die Arende en Vinke.
Jou foto's is uit die boeke!! Voorwaar 'n gawe met die neem van kiekies en om iets te beskryf.
Welgedaan.
VaalBaas said:DUSTRIDERS said:Hy was 'n draadtrekker van beroep.
Draadmaker :deal:
Harde beroep en een van die mooiste dinge na dit klaar en reg gedoen is. :thumleft:
:lol8: :lol8: So tussen al die diep maak jy dit ligter...
Dankie Dors....dit was n lekker lees en terselfdetyd hartseer trippie.
Vis Arend said:JACOVV said:Baie dankie vir die deel Johan. Dit het baie memories teruggebring op my trip nou die dag saam met die Arende en Vinke.
Jou foto's is uit die boeke!! Voorwaar 'n gawe met die neem van kiekies en om iets te beskryf.
Welgedaan.
Miskien moet ons vir Johan gaan kuier, ons vertel hom die hele storie en gee hom die kiekkies, dan doen hy daai ritverslag vir ons. :eek7: :biggrin:
the ruffian said:You are going to enjoy the next two books in that Cormac McCarthy trilogy - entirely appropriate to the landscape you are riding in...
Difflock said:Welgedaan Dorsland met n uitsteekende RR, jy vertel en ons leef ons in soos hy voor jou afspeel in detail dus asof ons daar saam jou ry, sit by die tent, pad, aanskou die son ondergang - opkoms en die ervarings beleef het. Jy het n gawe, keuse vir woorde hetsy Afrikaans Of Ingels en ons voel saam jou die hartseer wat in die dorre Karoo gebeur die afgelope paar jaar en ek luister wat jy sê deur dat jy op vakansie deur reis en dit bitter moeilik gaan met die boere.
Ek weet hoeveel moeite daar ingaan in n RR, weereens Well-done, die manne wardeer.
So Solo trippy is special, ek't baie lekker saam gery.
Tampan said:Kom ek 1 uur vanmiddag uit dorp uit. Moeg en half deurmekaar na ‘n lang en baie besige week by die nuwe winkel en baie bly dis Saterdag.
Ek en my vrou slaan gou iets aanmekaar om te eet. Ek drink whiskey, Jameson whiskey, maar vandag gooi ek Klipdrift Premium, ‘n dubbel met regte Coke.
Klaar ge-eet, sak ek weg in die leerbank met ‘n koppie moer koffie en my iPad. Ek sukkel om deesdae in die week genoeg tyd te kry om alles wat op WD en Avcom gebeur op te vang.
En toe kom ek op die fret af. Man, Johan, baie dankie. Dit was nou voorwaar lekker om saam te ry en te ervaar!
Ek is sommer nou weer reg vir die week wat voorlê.
roxenz said:My eerste instink is hardgebakte skalie (oorspronklik moddersteen). Dis op kleur en veral the brokkelrige verwering.Dorsland said:Jy wat 'n geoloog is [member=3299]roxenz[/member] , vertel bietjie van dié klip asseblief. Daar digby Brospan, sowat 80km NW van Williston afgeneem.roxenz said:Lekker rit en genotlike ritverslag! Dankie Dorsland.
Hoop die gevoel van vars, geordende gedagtes hou n hele rukkie. Gelukkig weet jy mos wat die kuur is... :biggrin: :thumleft:
Tweede keuse is baie fynkorrelrige doleriet (m.a.w., van 'n dun gang of plaat). Maar doleriet verbrokkel gewoonlik nie so in klein blokkies nie. Doleriet is ook yster-ryk en het gewoonlik so bietjie van 'n roesrooi-tot-geelbruin skynsel op die meer verweerde oppervlakke.
Daar is ook 'n moontlikheid dat dit Dwyka diamiktiet (tilliet) kan wees, maar ek dink nie so nie.
Miskien moet ek jou vergesel op jou volgende rit, sodat ons die geologie net daar en dan kan uitsorteer! :biggrin:
Bikerboer1973 said:Ja nee Dors ek ry lekker saam, eendag wanneer ek weer 'n fiets kan bekostig ry ek ook daai paaie!